{"id":1,"date":"2022-06-07T06:56:24","date_gmt":"2022-06-07T04:56:24","guid":{"rendered":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/?p=1"},"modified":"2023-10-05T14:10:25","modified_gmt":"2023-10-05T12:10:25","slug":"die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/","title":{"rendered":"Die nuwe MF 9330 maak oesbeskerming maklik"},"content":{"rendered":"<p>[vc_row][vc_column][vc_column_text]Ek wonder wat sou my pa en oupa ges\u00ea het as hulle dit kon sien,\u201d s\u00ea Johan Landman van Volksrust in Noord-Natal.<\/p>\n<p>\u201cDit is die spiksplinternuwe MF 9330 selfaangedrewe spuit wat die geledere van die Massey Ferguson-span by JaJoLa Boerdery kom versterk het. Oesbeskerming kan nou blitsig, noukeurig en pynloos geskied.<\/p>\n<p><!--more--><\/p>\n<p>Johan onthou nog uit sy kinderdae hoe spanne werkers met bottels gif geloop het om dit by die kelk van elke mielie in te gooi om die ruspers dood te maak. Dit is nie al wat hy onthou nie:<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" title=\"YouTube video player\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/SDMMBc8Q1cQ?list=PLKP9E_Aw-UY3EdtyeColXA1--ZJI5VXYZ\" width=\"560\" height=\"315\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"allowfullscreen\"><\/iframe><\/p>\n<p>\u201cEk is gebore in daardie geslag. Ek onthou dit nog baie goed, toe ek so vier of vyf jaar oud was het my pa-hulle vieruur in die more die osse begin inspan om te ploeg. Daar was \u055an rooi-span, swartspan en bontspan. Hulle het so vyfuur begin ploeg tot tienuur toe, dan word hulle uitgespan dat hulle kan gaan wei,\u201d vertel hy verder.<\/p>\n<p>Hy onthou ook toe die eerste Vaaljapie op die plaas aangekom het om die tweeskaarploeg by die osse oor te neem. Van toe af het dinge vinniger begin beweeg; daar kon heeldag gewerk word.<\/p>\n<p>\u201cDie trekker was paraffienaangedrewe: jy begin hom met petrol en as hy warm is, skakel jy oor paraffien toe. Na die Vaaljapie was dit die 35 en toe die 135; daarna die 65 Ferguson met sy lang neus, die 188\u2019s het gevolg \u2026 so het dit aangegegaan, en ons is nog al die tyd by Massey Ferguson.\u201d<\/p>\n<div id=\"attachment_1018\" style=\"width: 310px\" class=\"wp-caption alignright\"><img aria-describedby=\"caption-attachment-1018\" decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-1018\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Japie-en-Johan-Landman-300x155.jpg\" alt=\"Japie en Johan Landman\" width=\"300\" height=\"155\" srcset=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Japie-en-Johan-Landman-300x155.jpg 300w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Japie-en-Johan-Landman-1024x529.jpg 1024w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Japie-en-Johan-Landman-768x397.jpg 768w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Japie-en-Johan-Landman-1536x794.jpg 1536w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Japie-en-Johan-Landman-2048x1059.jpg 2048w\" sizes=\"(max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><p id=\"caption-attachment-1018\" class=\"wp-caption-text\">Japie en Johan Landman<\/p><\/div>\n<p>Sy seun, Japie, is die sesde geslag Landman wat op die grond boer, wat ook, net soos die rooispan trekkers, deur die jare aangevul is. Japie is verantwoordelik vir die saaiboerdery, terwyl pa Johan op die veeboerdery fokus.<\/p>\n<p>\u201cEk hou van die nuwe tegnologie,\u201d s\u00ea Johan, \u201cmaar Japie is die een wat dit alles verstaan.\u201d<\/p>\n<p>Japie vertel dat hulle vorige spuit nie die kapasiteit gehad het om die werk te hanteer in die tyd tot sy beskikking nie. Hy het die MF 9330 in Brasili\u00eb gesien werk en met sy plaaslike handelaar, Werner Nel van JWL, daaroor begin gesels.<\/p>\n<p>JWL is een van die gedugte span handelaars landwyd wat die topvervaardiger, AGCO, se reeks landboumeganisasie-oplossings versprei. In die AGCO-kraal is Massey Ferguson, Valtra, Fendt en Challenger.<\/p>\n<div id=\"attachment_1019\" style=\"width: 310px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img aria-describedby=\"caption-attachment-1019\" decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-1019\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Japie-Landman-Werner-Nel-Robbie-Hall-en-Lenard-Langenfelder-300x203.jpg\" alt=\"Japie Landman, Werner Nel, Robbie Hall en Lenard Langenfelder\" width=\"300\" height=\"203\" srcset=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Japie-Landman-Werner-Nel-Robbie-Hall-en-Lenard-Langenfelder-300x203.jpg 300w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Japie-Landman-Werner-Nel-Robbie-Hall-en-Lenard-Langenfelder-1024x694.jpg 1024w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Japie-Landman-Werner-Nel-Robbie-Hall-en-Lenard-Langenfelder-768x521.jpg 768w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Japie-Landman-Werner-Nel-Robbie-Hall-en-Lenard-Langenfelder.jpg 1437w\" sizes=\"(max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><p id=\"caption-attachment-1019\" class=\"wp-caption-text\">Japie Landman, Werner Nel, Robbie Hall en Lenard Langenfelder<\/p><\/div>\n<p>AGCO het onlangs besluit om \u055an groter regstreekse invoer- en verspreidingsrol in Afrika te begin speel om die pad na die boer korter te maak.<\/p>\n<p>Lenard Langenfelder, streeksverteenwoordiger van AGCO in die Oostelike streek, s\u00ea boere sal steeds by hulle bekende plaaslike handelaars al die produkte en dienste kry wat hulle nodig het, maar AGCO ondersteun die handelaars nou regstreeks met verkryging van produkte, tegniese kundigheid en bemarking.<\/p>\n<p>AGCO se kantoorgedeelte by hulle reuse pakhuis in Kemptonpark is onlangs vergroot om die span te huisves.<\/p>\n<p>Met AGCO se hulp het Werner gere\u00ebl vir \u055an toetseenheid waarmee Japie \u055an goeie 250 uur lank gewerk het voor hy sy eie MF 9330-hoogloper in ontvangs geneem het.<\/p>\n<div id=\"attachment_1021\" style=\"width: 210px\" class=\"wp-caption alignright\"><img aria-describedby=\"caption-attachment-1021\" decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-1021\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Japie-Landman-wys-hoe-gemaklik-die-gifbak-afswaai-tot-werkshoogte-200x300.jpg\" alt=\"Japie Landman wys hoe gemaklik die gifbak afswaai tot werkshoogte\" width=\"200\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Japie-Landman-wys-hoe-gemaklik-die-gifbak-afswaai-tot-werkshoogte-200x300.jpg 200w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Japie-Landman-wys-hoe-gemaklik-die-gifbak-afswaai-tot-werkshoogte-683x1024.jpg 683w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Japie-Landman-wys-hoe-gemaklik-die-gifbak-afswaai-tot-werkshoogte.jpg 692w\" sizes=\"(max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/><p id=\"caption-attachment-1021\" class=\"wp-caption-text\">Japie Landman wys hoe gemaklik die gifbak afswaai tot werkshoogte<\/p><\/div>\n<p>Die spuit moes dadelik inspring, want die mielies het gekraak soos hulle groei na al die re\u00ebn in die omgewing. \u055an Amptelike oorhandigingsgeleentheid is gere\u00ebl vir 15 Desember en ProAgri was daar om die tegnologie te beskou.<\/p>\n<h2>S\u00f3 lyk en werk die nuwe MF 9330-hoogloper<\/h2>\n<p>Die spuit loop werklik hoog. Japie s\u00ea grondvryhoogte is vir hom baie belangrik, want dit beteken hy kan ook laat in die seisoen werk wanneer die mielies hoog staan.<\/p>\n<p>Die spuit het \u055an grondvryhoogte van 1,65 meter en die balk kan tot 2,1 meter gelig word of laat sak word tot 0,7 meter om ook doeltrefffend vir vooropkomsspuitwerk gebruik te word.<\/p>\n<p>Die balk is 30 meter lank, maar stabiliteit oor ongelyke terrein is geen probleem nie.<\/p>\n<div id=\"attachment_1023\" style=\"width: 216px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img aria-describedby=\"caption-attachment-1023\" decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-1023\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Op-die-skerms-in-die-kajuit-kan-jy-alles-sien-en-beheer-vir-presiesietoediening-206x300.jpg\" alt=\"Op die skerms in die kajuit kan jy alles sien en beheer vir presiesietoediening\" width=\"206\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Op-die-skerms-in-die-kajuit-kan-jy-alles-sien-en-beheer-vir-presiesietoediening-206x300.jpg 206w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Op-die-skerms-in-die-kajuit-kan-jy-alles-sien-en-beheer-vir-presiesietoediening.jpg 692w\" sizes=\"(max-width: 206px) 100vw, 206px\" \/><p id=\"caption-attachment-1023\" class=\"wp-caption-text\">Op die skerms in die kajuit kan jy alles sien en beheer vir presiesietoediening<\/p><\/div>\n<p>Robbie Hall, tegniese produkbestuurder van AGCO, s\u00ea die derdegeslagspuit in die 9-reeks (dit is waarvoor die 93 in 9330 staan) is toegerus met \u055an Norac 9-ultrasoniese stelsel. Net soos \u055an vlermuis stuur en ontvang die eenhede klankgolwe om die hoogte te bepaal en te handhaaf. Jy kan kies of jy \u055an bepaalde hoogte bokant die grond of die plante wil handhaaf en die hoogte word in die ry aangepas.<\/p>\n<p>Japie s\u00ea nog \u055an groot oorweging vir hom is dat die spuit reeds al die gevorderde presiesietegnologie bevat. \u201cJy hoef nie agterna nog allerlei pakkette en toerusting by te koop om presiesietoedienings met outomatiese stuurtegnologie te doen nie; dit is alles standaard op die masjien.\u201d<\/p>\n<p>Daar is twee raakskerms in die kajuit. Op die boonste skerm kan jy bepaal watter spoor die spuit moet volg en hoe die toediening moet geskied, en onder kan jy presies volg wat gaan aan in elke seksie van die spuit. Die inligting kan telematies na jou rekenaar in die kantoor of selfoon gestuur word, of deur die USB-poort afgelaai word.<\/p>\n<p>Die balk kan in sewe tot nege seksies verdeel word en die afsluiting van \u055an seksie geskied met lugtoevoer wat meer onmiddellik is as die elektriese beheer van sekere ander spuite.<br \/>\nDie spuit kompenseer ook outomaties tydens draaie deur meer vloeistof na die buite-arm te stuur as na die binne-arm, sodat daar nie \u055an kol is wat oorbespuit word nie.<\/p>\n<p>Alles gaan daaroor dat spuit egalig en presies voortwerk ongeag enige wisselende omstandighede soos ongelyke terrein. Daar is geen sweislaste aan die buigsame onderstel nie en selfs al lig die wiele oor hobbels of sak in gate in, bly die balk op \u055an konstante hoogte.<\/p>\n<p>Japie s\u00ea wat hy ook waardeer is dat die tegnologie gevorderd, maar die werking eenvoudig is. Jy word nie oorweldig as jy by die kajuit inklim met iets wat lyk of dit in \u055an ruimteskip hoort nie: daar is \u055an stuurwiel, armleuningbeheer en twee skerms waarmee jy alles kan doen wat nodig is om \u055an gehalte oes te verseker.<\/p>\n<p>Die 30 agter aan die 9330-reeks-nommer beteken die spuit het \u055an 3 000 liter tenk. Daar is ook \u055an MF 9335 met \u055an 3 500 liter tenk.<\/p>\n<div id=\"attachment_1022\" style=\"width: 310px\" class=\"wp-caption alignright\"><img aria-describedby=\"caption-attachment-1022\" decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-1022\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Massey-Ferguson-9330-hoogloopspuit-300x142.jpg\" alt=\"Massey Ferguson 9330-hoogloopspuit\" width=\"300\" height=\"142\" srcset=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Massey-Ferguson-9330-hoogloopspuit-300x142.jpg 300w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Massey-Ferguson-9330-hoogloopspuit-1024x483.jpg 1024w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Massey-Ferguson-9330-hoogloopspuit-768x363.jpg 768w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Massey-Ferguson-9330-hoogloopspuit.jpg 1432w\" sizes=\"(max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><p id=\"caption-attachment-1022\" class=\"wp-caption-text\">Massey Ferguson 9330-hoogloopspuit<\/p><\/div>\n<p>Met die 3 000 liter kom Japie baie ver en hervulling is maklik met behulp van die 568 liter\/minuut hervulpomp wat water uit \u055an dam uit kan pomp sou dit nodig wees. Die tenk is toegerus met \u055an dubbelstel hidrouliese roerders vir goeie vermenging van spuitstof en as jy spuitstof wil ruil, word die tenk vanuit \u055an 240-liter skoonwatertenk skoongespuit met \u055an slingerende spuitstuk.<\/p>\n<p>Daar is ook \u055an handewastenk met \u055an gerieflike armhoogte kraantjie. Om die spuitstof in die tenk te kry, trek jy die spuitstoftenk met sy wye bek van bo af tot heuphoogte om maklik te kan werk sonder vermorsing of gevaar.<\/p>\n<div id=\"attachment_1020\" style=\"width: 275px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img aria-describedby=\"caption-attachment-1020\" decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-1020\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Dit-is-duidelik-dat-Johan-in-die-Massey-voetspore-van-oupa-Johan-en-pa-Japie-gaan-volg-265x300.jpg\" alt=\"Dit is duidelik dat Johan in die Massey-voetspore van oupa Johan en pa Japie gaan volg\" width=\"265\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Dit-is-duidelik-dat-Johan-in-die-Massey-voetspore-van-oupa-Johan-en-pa-Japie-gaan-volg-265x300.jpg 265w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Dit-is-duidelik-dat-Johan-in-die-Massey-voetspore-van-oupa-Johan-en-pa-Japie-gaan-volg.jpg 700w\" sizes=\"(max-width: 265px) 100vw, 265px\" \/><p id=\"caption-attachment-1020\" class=\"wp-caption-text\">Dit is duidelik dat Johan in die Massey-voetspore van oupa Johan en pa Japie gaan volg<\/p><\/div>\n<p>Al vier die spuit se wiele geniet hidrostatiese aandrywing en \u055an dubbel-aksieklep sorg dat die wiele hulle nodige olietoevoer kry selfs al loop die enjin teen lae omwentelings soos 1 500 opm. Die voorwiele doen die draaiwerk en die draaisirkel is \u055an knap 7,6 meter.<\/p>\n<p>\u055an Betroubare 6,6-liter sessilinder AGCO Power-enjin is die hartklop van die spuit.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/05\/31\/massey-ferguson-has-been-part-of-jajola-boerdery-for-six-generations\/\">Click here<\/a> to read the English version.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>The Article was featured on:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li><strong>Farmers Review Africa<\/strong> [<a href=\"https:\/\/farmersreviewafrica.com\/massey-ferguson-has-been-part-of-jajola-boerdery-for-six-generations\/\">Click Here<\/a>]<\/li>\n<li><strong>Pro Agri Media <\/strong>[<a href=\"https:\/\/www.proagrimedia.com\/mechanisation\/massey-ferguson-has-been-part-of-jajola-boerdery-for-six-generations\/\">Click Here<\/a>]<\/li>\n<li><strong>Auto Trader\u00a0<\/strong>[<a href=\"https:\/\/www.autotrader.co.za\/commercial\/news-and-advice\/agriculture-news\/massey-ferguson-introduces-the-mf-9300-sprayer\/10797\">Click Here<\/a>]<\/li>\n<li><strong>Engineering News <\/strong>[<a href=\"https:\/\/www.engineeringnews.co.za\/article\/massey-ferguson-has-been-part-of-jajola-boerdery-for-six-generations-2022-06-21\">Click Here<\/a>]<\/li>\n<li><strong>Farmers Weekly <\/strong>[<a href=\"https:\/\/www.farmersweekly.co.za\/agri-technology\/machinery-and-equipment\/the-mf-9300-a-serious-sprayer-at-an-affordable-price\/\">Click Here<\/a>]<\/li>\n<li><strong>Eastern Cape Industrial &amp; Business News <\/strong>[<a href=\"https:\/\/easterncapeindustrialnews.co.za\/next-gen-sprayer-takes-crop-protection-to-new-heights\/\">Click Here<\/a>]<\/li>\n<li><strong>Farmers Weekly <\/strong>[<a href=\"https:\/\/farmersreviewafrica.com\/massey-ferguson-has-been-part-of-jajola-boerdery-for-six-generations\/\">Click Here<\/a>]<\/li>\n<\/ul>\n<p>[\/vc_column_text][\/vc_column][\/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]<strong>AGCO Africa Contact<\/strong><br \/>\nRobert Keir<br \/>\nBrand Marketing Communications Specialist<br \/>\n082 349 7441<br \/>\n<a href=\"mailto:Robert.Keir@agcocorp.com\">Robert.Keir@agcocorp.com<\/a><br \/>\n<a href=\"http:\/\/www.agcocorp.com\/\">www.agcocorp.com<\/a>[\/vc_column_text][\/vc_column][\/vc_row]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>[vc_row][vc_column][vc_column_text]Ek wonder wat sou my pa en oupa ges\u00ea het as hulle dit kon sien,\u201d s\u00ea Johan Landman van Volksrust in Noord-Natal. \u201cDit is die spiksplinternuwe MF 9330 selfaangedrewe spuit wat die geledere van die Massey Ferguson-span by JaJoLa Boerdery kom versterk het. Oesbeskerming kan nou blitsig, noukeurig en pynloos geskied.<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":1006,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":""},"categories":[27],"tags":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v17.2 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Die nuwe MF 9330 maak oesbeskerming maklik - My AGCO Africa<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Dit is die spiksplinternuwe MF 9330 selfaangedrewe spuit wat die geledere van die Massey Ferguson-span by JaJoLa Boerdery kom versterk het.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die nuwe MF 9330 maak oesbeskerming maklik - My AGCO Africa\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dit is die spiksplinternuwe MF 9330 selfaangedrewe spuit wat die geledere van die Massey Ferguson-span by JaJoLa Boerdery kom versterk het.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"My AGCO Africa\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/MasseyFergusonSA\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2022-06-07T04:56:24+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-10-05T12:10:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2020\/11\/MF9330.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1024\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"575\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@mf_eame\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@mf_eame\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Daniel Kivuu\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization\",\"name\":\"AGCO Africa\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/\",\"sameAs\":[\"https:\/\/www.facebook.com\/MasseyFergusonSA\/\",\"https:\/\/www.youtube.com\/c\/MasseyFergusonGlobal\",\"https:\/\/twitter.com\/mf_eame\"],\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#logo\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/agco-vector-logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/agco-vector-logo.png\",\"width\":900,\"height\":500,\"caption\":\"AGCO Africa\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#logo\"}},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#website\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/\",\"name\":\"My AGCO Africa\",\"description\":\"Africa PR Releases for Massey Ferguson, Fendt and Valtra\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":\"required name=search_term_string\"}],\"inLanguage\":\"en-US\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#primaryimage\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2020\/11\/MF9330.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2020\/11\/MF9330.jpg\",\"width\":1024,\"height\":575},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#webpage\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/\",\"name\":\"Die nuwe MF 9330 maak oesbeskerming maklik - My AGCO Africa\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#primaryimage\"},\"datePublished\":\"2022-06-07T04:56:24+00:00\",\"dateModified\":\"2023-10-05T12:10:25+00:00\",\"description\":\"Dit is die spiksplinternuwe MF 9330 selfaangedrewe spuit wat die geledere van die Massey Ferguson-span by JaJoLa Boerdery kom versterk het.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-US\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die nuwe MF 9330 maak oesbeskerming maklik\"}]},{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#webpage\"},\"author\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#\/schema\/person\/4c3c887a87ab12deb4e1077bac8e2fcc\"},\"headline\":\"Die nuwe MF 9330 maak oesbeskerming maklik\",\"datePublished\":\"2022-06-07T04:56:24+00:00\",\"dateModified\":\"2023-10-05T12:10:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#webpage\"},\"wordCount\":1310,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2020\/11\/MF9330.jpg\",\"articleSection\":[\"Massey Ferguson\"],\"inLanguage\":\"en-US\"},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#\/schema\/person\/4c3c887a87ab12deb4e1077bac8e2fcc\",\"name\":\"Daniel Kivuu\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#personlogo\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"url\":\"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5d448a5ec8a068fcdb2c74291b47ac99?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5d448a5ec8a068fcdb2c74291b47ac99?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Daniel Kivuu\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die nuwe MF 9330 maak oesbeskerming maklik - My AGCO Africa","description":"Dit is die spiksplinternuwe MF 9330 selfaangedrewe spuit wat die geledere van die Massey Ferguson-span by JaJoLa Boerdery kom versterk het.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die nuwe MF 9330 maak oesbeskerming maklik - My AGCO Africa","og_description":"Dit is die spiksplinternuwe MF 9330 selfaangedrewe spuit wat die geledere van die Massey Ferguson-span by JaJoLa Boerdery kom versterk het.","og_url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/","og_site_name":"My AGCO Africa","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/MasseyFergusonSA\/","article_published_time":"2022-06-07T04:56:24+00:00","article_modified_time":"2023-10-05T12:10:25+00:00","og_image":[{"width":1024,"height":575,"url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2020\/11\/MF9330.jpg","path":"\/home\/myagcovr\/public_html\/pr\/wp-content\/uploads\/2020\/11\/MF9330.jpg","size":"full","id":1006,"alt":"","pixels":588800,"type":"image\/jpeg"}],"twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@mf_eame","twitter_site":"@mf_eame","twitter_misc":{"Written by":"Daniel Kivuu","Est. reading time":"7 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization","name":"AGCO Africa","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/","sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/MasseyFergusonSA\/","https:\/\/www.youtube.com\/c\/MasseyFergusonGlobal","https:\/\/twitter.com\/mf_eame"],"logo":{"@type":"ImageObject","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#logo","inLanguage":"en-US","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/agco-vector-logo.png","contentUrl":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/agco-vector-logo.png","width":900,"height":500,"caption":"AGCO Africa"},"image":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#logo"}},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#website","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/","name":"My AGCO Africa","description":"Africa PR Releases for Massey Ferguson, Fendt and Valtra","publisher":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/?s={search_term_string}"},"query-input":"required name=search_term_string"}],"inLanguage":"en-US"},{"@type":"ImageObject","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#primaryimage","inLanguage":"en-US","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2020\/11\/MF9330.jpg","contentUrl":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2020\/11\/MF9330.jpg","width":1024,"height":575},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#webpage","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/","name":"Die nuwe MF 9330 maak oesbeskerming maklik - My AGCO Africa","isPartOf":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#primaryimage"},"datePublished":"2022-06-07T04:56:24+00:00","dateModified":"2023-10-05T12:10:25+00:00","description":"Dit is die spiksplinternuwe MF 9330 selfaangedrewe spuit wat die geledere van die Massey Ferguson-span by JaJoLa Boerdery kom versterk het.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-US","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die nuwe MF 9330 maak oesbeskerming maklik"}]},{"@type":"Article","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#webpage"},"author":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#\/schema\/person\/4c3c887a87ab12deb4e1077bac8e2fcc"},"headline":"Die nuwe MF 9330 maak oesbeskerming maklik","datePublished":"2022-06-07T04:56:24+00:00","dateModified":"2023-10-05T12:10:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#webpage"},"wordCount":1310,"publisher":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2022\/06\/07\/die-nuwe-mf9330-maak-oesbeskerming-maklikmaklik\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2020\/11\/MF9330.jpg","articleSection":["Massey Ferguson"],"inLanguage":"en-US"},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#\/schema\/person\/4c3c887a87ab12deb4e1077bac8e2fcc","name":"Daniel Kivuu","image":{"@type":"ImageObject","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#personlogo","inLanguage":"en-US","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5d448a5ec8a068fcdb2c74291b47ac99?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5d448a5ec8a068fcdb2c74291b47ac99?s=96&d=mm&r=g","caption":"Daniel Kivuu"}}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1"}],"collection":[{"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1"}],"version-history":[{"count":19,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2696,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1\/revisions\/2696"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1006"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}