{"id":1104,"date":"2021-03-15T07:55:52","date_gmt":"2021-03-15T07:55:52","guid":{"rendered":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/wesbank-agco-copy\/"},"modified":"2021-07-27T16:45:34","modified_gmt":"2021-07-27T14:45:34","slug":"koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/","title":{"rendered":"Koop die trekker wat gebou word vir die boer: Massey Ferguson se Global-reeks is veel meer as mooi, rooi trekkers"},"content":{"rendered":"<p>[vc_row][vc_column][vc_column_text]Trekkers wat presies vir hulle taak gemaak is, is noodsaaklik vir \u055an boer wat vooruit wil boer. Louis van der Walt boer al vir die afgelope 26 jaar op die plaas Spitskop tussen Louis Trichardt en Vivo in die verre Noorde. \u201cEk het destyds met een trekker begin en oor die jare het die plaas uitgebrei tot waar die boerdery vandag is,\u201d vertel Louis.<\/p>\n<p>Onder Louis se leiding het LC Spitskop Boerdery gegroei tot \u055an gemengde boerdery wat vandag die volk aan die smul hou met aartappels, mielies, tabak, sitrus, grondboontjies, wild en \u055an spogkudde Bonsmara-beeste. \u201cOns het twaalf jaar gelede met die Soutpansberg Bonsmarastoet begin. Ek het die beste beskikbare genetika gekry om die trop te teel, en nou kan ons al ons eie genetika teel en jaarliks bulle op die veiling sit.\u201d Louis weet al vir jare lank van Massey Ferguson-trekkers se eerste-klas trekkers, maar in 2020 het hy besluit om sy hele vloot te vervang met die mooi rooi van Massey Ferguson se Global-reeks.<\/p>\n<div style=\"width: 704px;\" class=\"wp-video\"><!--[if lt IE 9]><script>document.createElement('video');<\/script><![endif]-->\n<video class=\"wp-video-shortcode\" id=\"video-1104-1\" width=\"704\" height=\"384\" preload=\"metadata\" controls=\"controls\"><source type=\"video\/mp4\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/spitskop.mp4?_=1\" \/><a href=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/spitskop.mp4\">https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/spitskop.mp4<\/a><\/video><\/div>\n<p><!--more--><\/p>\n<p>\u201cDie grootste redes vir my besluit om alles oor te skakel na Massey Ferguson is die goeie waarde vir geld, koste van eienaarskap, goeie gehalte, die naverkopediens en die dieselverbruik. Ons het die Massey Ferguson-trekkers se dieselverbruik vergelyk met die ander trekkers wat ons op die plaas gebruik, en hulle is beslis ligter op brandstof,\u201d vertel Louis. \u201cOns het besluit om die eerste tien trekkers met Massey Fergusons te vervang en ons sal die res van die vloot oor die volgende jaar ook oorskakel,\u201d vertel Louis.<\/p>\n<h1>LC Spitskop Boerdery<\/h1>\n<div id=\"attachment_1115\" style=\"width: 310px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img aria-describedby=\"caption-attachment-1115\" decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-1115\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Spitskop-Family-300x200.jpeg\" alt=\"Spitskop Family\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Spitskop-Family-300x200.jpeg 300w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Spitskop-Family-1024x682.jpeg 1024w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Spitskop-Family-768x512.jpeg 768w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Spitskop-Family.jpeg 1280w\" sizes=\"(max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><p id=\"caption-attachment-1115\" class=\"wp-caption-text\">Spitskop Family<\/p><\/div>\n<p>Die eerste van die nuwe span trekkers is reeds in Maart 2020 aan Louis gelewer. Dit was die MF 6713R met selfstuur presisie tegnologie wat Louis gebruik om die aartappels mee te plant. Die MF 6713R gebruik die Trimbel RTX-stelsel om presisieboerdery toe te pas. Hy lewer 98 kW en dien die boer met die volgende nuttige kenmerke:<\/p>\n<ul>\n<li>\u2019n Viersilinder AGCO Power enjin wat aan vlak 2 van die internasionale uitlaatgasstandaarde voldoen.<\/li>\n<li>Dyna-4 semi-kragskakelingtransmissie. Dit beteken dat jy nie die koppelaar hoef te trap vir ratverwisselings nie; net as jy tussen ratstrekke skakel.<\/li>\n<li>Swaardiens transas met oliebadskyfremme en \u2019n elektro-hidroulies beheerde ewenaarslot.<\/li>\n<li>Geslotesentrumvragvoel (closed centre load sensing \u2013 CCLS) hidrouliese stelsel met \u2019n maksimum vloei van 110 \u2113\/minuut of 200 bar.<\/li>\n<li>Hyservermo\u00eb van 5 200 kg met elektroniese hyserarmbeheer (ELC) en Kategorie III vaste balskakels.<\/li>\n<li>Tot drie dubbelwerkende hidrouliese aftappunte wat \u2019n konstante drukking soos vooraf deur die operateur bepaal handhaaf, uitskopfunksie om \u2019n hidrouliese gereedskapstuk in plek te hou wanneer dit die voorafgestelde posisie bereik en wat glad nie drup of lek nie.<\/li>\n<li>Onafhanklike kragaftakker met drie spoedkeuses: 540-, 540E en 1 000 opm. Die E by die tweede 540-spoed staan vir ekonomie, want dit stel die operateur in staat om die kragaftakker teen 540 opm aan te dryf teen \u2019n laer enjinspoed as wat normaalweg daarvoor benodig word. Dit bespaar brandstof en verminder vibrasies en geraas. Die boer kan kies tussen \u055an aandryfas met 6 of 21 groewe.<\/li>\n<li>Die vierwieltrek-vooras het \u2019n Hydrolock-ewenaar met elektro-hidrouliese inskakeling.<\/li>\n<li>Die kajuit het lugversorging, \u2019n kantel- en teleskopiese stuurkolom en \u2019n analoog- en digitale instrumentepaneel met \u2019n werkver-rigtingsmonitor.<\/li>\n<li>Vir onvoorwaardelike vastrap is die MF 6700R-reeks toegerus met 460\/85R38- en 380\/85R28-Trelleborg-straallaagbande.<\/li>\n<li>Die trekker sluit 2 x 3 x 50 kg agterwielgewigte en 14 x 55 kg voorste gewigte in.<\/li>\n<\/ul>\n<div id=\"attachment_1113\" style=\"width: 310px\" class=\"wp-caption alignright\"><img aria-describedby=\"caption-attachment-1113\" decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-1113\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/n-Ry-mooi-rooi-Massey-Ferguson-trekkers-in-gelid-op-Spitskop-Boerdery-om-Louis-van-der-Walt-te-help-om-nog-verder-vooruit-te-boer-300x200.jpeg\" alt=\"n Ry mooi rooi Massey Ferguson trekkers in gelid op Spitskop Boerdery om Louis van der Walt te help om nog verder vooruit te boer\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/n-Ry-mooi-rooi-Massey-Ferguson-trekkers-in-gelid-op-Spitskop-Boerdery-om-Louis-van-der-Walt-te-help-om-nog-verder-vooruit-te-boer-300x200.jpeg 300w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/n-Ry-mooi-rooi-Massey-Ferguson-trekkers-in-gelid-op-Spitskop-Boerdery-om-Louis-van-der-Walt-te-help-om-nog-verder-vooruit-te-boer-1024x682.jpeg 1024w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/n-Ry-mooi-rooi-Massey-Ferguson-trekkers-in-gelid-op-Spitskop-Boerdery-om-Louis-van-der-Walt-te-help-om-nog-verder-vooruit-te-boer-768x512.jpeg 768w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/n-Ry-mooi-rooi-Massey-Ferguson-trekkers-in-gelid-op-Spitskop-Boerdery-om-Louis-van-der-Walt-te-help-om-nog-verder-vooruit-te-boer.jpeg 1280w\" sizes=\"(max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><p id=\"caption-attachment-1113\" class=\"wp-caption-text\">n Ry mooi rooi Massey Ferguson trekkers in gelid op Spitskop Boerdery om Louis van der Walt te help om nog verder vooruit te boer<\/p><\/div>\n<p>Vir die daaglikse take op Spitskop Boerdery het Louis besluit om die MF 5710-modelle in te span. Drie van hierdie trekkers is toegerus met Massey Ferguson laai-grawe en van die ander MF 5710\u2019s is aangepas om aan spesifieke behoeftes te voldoen. Dit sluit in hoogloopbande met \u055an ho\u00ebr profiel wat verseker dat die trekkers maklik tussen die aartappel-rye pas en nie die ho\u00eb walle van die aartappellande raakry nie.<\/p>\n<p>Die MF 5710-oopkajuittrekker spog met al die nuttige kenmerke van die Massey Ferguson Global-reeks. AGCO het hierdie reeks trekkers ontwerp, op grond van inligting wat Massey Ferguson-handelaars van regoor die w\u00eareld ingesamel het.<\/p>\n<p>\u201cOmdat AGCO self met die Massey Ferguson-agentskappe werk kry ons baie goeie terugvoer van die boere se praktiese ervaring met die produk. Daarvolgens maak AGCO die nodige aanpassings om te sorg dat Massey Ferguson-trekkers presies pas by elke boer se behoeftes,\u201d vertel Ryan Clark, produkbemarkingsbestuurder van AGCO Afrika. Ryan spesialiseer in die Massey Ferguson-trekkers van 100 kW en laer. \u201cEen van die Global-reeks se doelwitte is om die koste van eienaarskap te beperk sodat die boer die beste waarde vir sy geld kan kry,\u201d verduidelik Ryan.<\/p>\n<h1>Massey Ferguson<\/h1>\n<p>Hannes van Deventer van Trophy Trekkers en Implemente in Letsitele is die Massey Ferguson-agent wat die trekkers aan Louis gelewer het. \u201c\u2019n Boer koop by iemand wat hy ken en wat hy kan vertrou om goeie diens te lewer,\u201d vertel Hannes. \u201cOns weet dat geen boer kan bekostig om trekkers te laat staan terwyl die werk wag nie. Dit is \u055an belegging wat moet werk. Daarom lewer ons die beste diens so spoedig as moontlik.\u201d<\/p>\n<div id=\"attachment_1111\" style=\"width: 310px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img aria-describedby=\"caption-attachment-1111\" decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-1111\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Louis-van-der-Walt-se-MF-6713-R-trekker-is-aangepas-om-perfek-tussen-die-rye-van-sy-aartappellande-te-pas-en-om-nie-die-walle-met-hulle-pense-plat-te-sleep-nie.-300x200.jpeg\" alt=\"Louis van der Walt se MF 6713 R-trekker is aangepas om perfek tussen die rye van sy aartappellande te pas en om nie die walle met hulle pense plat te sleep nie.\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Louis-van-der-Walt-se-MF-6713-R-trekker-is-aangepas-om-perfek-tussen-die-rye-van-sy-aartappellande-te-pas-en-om-nie-die-walle-met-hulle-pense-plat-te-sleep-nie.-300x200.jpeg 300w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Louis-van-der-Walt-se-MF-6713-R-trekker-is-aangepas-om-perfek-tussen-die-rye-van-sy-aartappellande-te-pas-en-om-nie-die-walle-met-hulle-pense-plat-te-sleep-nie.-1024x682.jpeg 1024w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Louis-van-der-Walt-se-MF-6713-R-trekker-is-aangepas-om-perfek-tussen-die-rye-van-sy-aartappellande-te-pas-en-om-nie-die-walle-met-hulle-pense-plat-te-sleep-nie.-768x512.jpeg 768w, https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Louis-van-der-Walt-se-MF-6713-R-trekker-is-aangepas-om-perfek-tussen-die-rye-van-sy-aartappellande-te-pas-en-om-nie-die-walle-met-hulle-pense-plat-te-sleep-nie..jpeg 1280w\" sizes=\"(max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><p id=\"caption-attachment-1111\" class=\"wp-caption-text\">Louis van der Walt se MF 6713 R-trekker is aangepas om perfek tussen die rye van sy aartappellande te pas en om nie die walle met hulle pense plat te sleep nie.<\/p><\/div>\n<p>Louis is in sy skik met die diens wat hy van Hannes en Trophy Trekkers ontvang. \u201cEk hoef nie vir Hannes te wag nie. As ek \u055an probleem het kan ek vir Hannes bel en weet dat hy altyd beskikbaar is om te help.\u201d Hannes vertel ook van sy ervaring met AGCO Afrika. \u201cDie ondersteuning wat ons as agentskap van AGCO ontvang is puik. Daar is nie \u055an probleem met voorraad nie, en wanneer daar \u055an probleem is wat ek nie self kan oplos nie, is AGCO altyd daar met die regte raad. Hierdie tipe ondersteuning aan ons verskaffers maak \u055an reuse verskil in die diens wat die boer ontvang,\u201d s\u00ea Hannes.<\/p>\n<p>\u201cEk sal enige boer aanbeveel om by Massey Ferguson aan te sluit vir die beste waarde vir geld, lae koste van eienaarskap, naverkopediens, en brandstofvebruik,\u201d verklaar Louis.<\/p>\n<p>Vir meer inligting oor die voortreflike MF Global-reeks, maar ook oor Massey Ferguson se volle reeks staatmakers vir die boer, besoek www.masseyferguson.co.za, of skakel vir Lenard Lingenfelder by 066-581-7489. Of gaan kyk self by jou naaste vriendelike, behulpsame handelaar.<\/p>\n<p><strong>AGCO Africa Contact<\/strong><br \/>\nRobert Keir<br \/>\nBrand Marketing Communications Specialist<br \/>\n082 349 7441<br \/>\n<a href=\"mailto:Robert.Keir@agcocorp.com\">Robert.Keir@agcocorp.com<\/a><br \/>\n<a href=\"http:\/\/www.agcocorp.com\/\">www.agcocorp.com<\/a>[\/vc_column_text][\/vc_column][\/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]This article was featured in ProAgri&#8217;s publication [<a href=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/ProAgri-April-2021.pdf\">ProAgri &#8211; April 2021<\/a>][\/vc_column_text][\/vc_column][\/vc_row]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>[vc_row][vc_column][vc_column_text]Trekkers wat presies vir hulle taak gemaak is, is noodsaaklik vir \u055an boer wat vooruit wil boer. Louis van der Walt boer al vir die afgelope 26 jaar op die plaas Spitskop tussen Louis Trichardt en Vivo in die verre Noorde. \u201cEk het destyds met een trekker begin en oor die jare het die plaas [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1116,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":""},"categories":[27],"tags":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v17.2 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Koop die trekker wat gebou word vir die boer: Massey Ferguson se Global-reeks is veel meer as mooi, rooi trekkers - My AGCO Africa<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"LC Spitskop Boerdery. Trekkers wat presies vir hulle taak gemaak is, is noodsaaklik vir \u055an boer wat vooruit wil boer.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Koop die trekker wat gebou word vir die boer: Massey Ferguson se Global-reeks is veel meer as mooi, rooi trekkers - My AGCO Africa\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"LC Spitskop Boerdery. Trekkers wat presies vir hulle taak gemaak is, is noodsaaklik vir \u055an boer wat vooruit wil boer.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"My AGCO Africa\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/MasseyFergusonSA\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2021-03-15T07:55:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-27T14:45:34+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Spitskop.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"720\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@mf_eame\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@mf_eame\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"admin\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization\",\"name\":\"AGCO Africa\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/\",\"sameAs\":[\"https:\/\/www.facebook.com\/MasseyFergusonSA\/\",\"https:\/\/www.youtube.com\/c\/MasseyFergusonGlobal\",\"https:\/\/twitter.com\/mf_eame\"],\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#logo\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/agco-vector-logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/agco-vector-logo.png\",\"width\":900,\"height\":500,\"caption\":\"AGCO Africa\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#logo\"}},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#website\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/\",\"name\":\"My AGCO Africa\",\"description\":\"Africa PR Releases for Massey Ferguson, Fendt and Valtra\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":\"required name=search_term_string\"}],\"inLanguage\":\"en-US\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#primaryimage\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Spitskop.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Spitskop.jpeg\",\"width\":1280,\"height\":720},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#webpage\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/\",\"name\":\"Koop die trekker wat gebou word vir die boer: Massey Ferguson se Global-reeks is veel meer as mooi, rooi trekkers - My AGCO Africa\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#primaryimage\"},\"datePublished\":\"2021-03-15T07:55:52+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-27T14:45:34+00:00\",\"description\":\"LC Spitskop Boerdery. Trekkers wat presies vir hulle taak gemaak is, is noodsaaklik vir \\u055an boer wat vooruit wil boer.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-US\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Koop die trekker wat gebou word vir die boer: Massey Ferguson se Global-reeks is veel meer as mooi, rooi trekkers\"}]},{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#webpage\"},\"author\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#\/schema\/person\/0560e1911bbc72ac944cdb6a51518c95\"},\"headline\":\"Koop die trekker wat gebou word vir die boer: Massey Ferguson se Global-reeks is veel meer as mooi, rooi trekkers\",\"datePublished\":\"2021-03-15T07:55:52+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-27T14:45:34+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#webpage\"},\"wordCount\":1148,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Spitskop.jpeg\",\"articleSection\":[\"Massey Ferguson\"],\"inLanguage\":\"en-US\"},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#\/schema\/person\/0560e1911bbc72ac944cdb6a51518c95\",\"name\":\"admin\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#personlogo\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"url\":\"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/93ce3b4975ae54c2d3797c222bb5714f?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/93ce3b4975ae54c2d3797c222bb5714f?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"admin\"},\"sameAs\":[\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\"]}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Koop die trekker wat gebou word vir die boer: Massey Ferguson se Global-reeks is veel meer as mooi, rooi trekkers - My AGCO Africa","description":"LC Spitskop Boerdery. Trekkers wat presies vir hulle taak gemaak is, is noodsaaklik vir \u055an boer wat vooruit wil boer.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Koop die trekker wat gebou word vir die boer: Massey Ferguson se Global-reeks is veel meer as mooi, rooi trekkers - My AGCO Africa","og_description":"LC Spitskop Boerdery. Trekkers wat presies vir hulle taak gemaak is, is noodsaaklik vir \u055an boer wat vooruit wil boer.","og_url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/","og_site_name":"My AGCO Africa","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/MasseyFergusonSA\/","article_published_time":"2021-03-15T07:55:52+00:00","article_modified_time":"2021-07-27T14:45:34+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":720,"url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Spitskop.jpeg","path":"\/home\/myagcovr\/public_html\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Spitskop.jpeg","size":"full","id":1116,"alt":"","pixels":921600,"type":"image\/jpeg"}],"twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@mf_eame","twitter_site":"@mf_eame","twitter_misc":{"Written by":"admin","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization","name":"AGCO Africa","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/","sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/MasseyFergusonSA\/","https:\/\/www.youtube.com\/c\/MasseyFergusonGlobal","https:\/\/twitter.com\/mf_eame"],"logo":{"@type":"ImageObject","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#logo","inLanguage":"en-US","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/agco-vector-logo.png","contentUrl":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/agco-vector-logo.png","width":900,"height":500,"caption":"AGCO Africa"},"image":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#logo"}},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#website","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/","name":"My AGCO Africa","description":"Africa PR Releases for Massey Ferguson, Fendt and Valtra","publisher":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/?s={search_term_string}"},"query-input":"required name=search_term_string"}],"inLanguage":"en-US"},{"@type":"ImageObject","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#primaryimage","inLanguage":"en-US","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Spitskop.jpeg","contentUrl":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Spitskop.jpeg","width":1280,"height":720},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#webpage","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/","name":"Koop die trekker wat gebou word vir die boer: Massey Ferguson se Global-reeks is veel meer as mooi, rooi trekkers - My AGCO Africa","isPartOf":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#primaryimage"},"datePublished":"2021-03-15T07:55:52+00:00","dateModified":"2021-07-27T14:45:34+00:00","description":"LC Spitskop Boerdery. Trekkers wat presies vir hulle taak gemaak is, is noodsaaklik vir \u055an boer wat vooruit wil boer.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-US","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Koop die trekker wat gebou word vir die boer: Massey Ferguson se Global-reeks is veel meer as mooi, rooi trekkers"}]},{"@type":"Article","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#webpage"},"author":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#\/schema\/person\/0560e1911bbc72ac944cdb6a51518c95"},"headline":"Koop die trekker wat gebou word vir die boer: Massey Ferguson se Global-reeks is veel meer as mooi, rooi trekkers","datePublished":"2021-03-15T07:55:52+00:00","dateModified":"2021-07-27T14:45:34+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#webpage"},"wordCount":1148,"publisher":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2021\/03\/15\/koop-die-trekker-wat-gebou-word-vir-die-boer-lc-spitskop-boerdery\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/03\/Spitskop.jpeg","articleSection":["Massey Ferguson"],"inLanguage":"en-US"},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#\/schema\/person\/0560e1911bbc72ac944cdb6a51518c95","name":"admin","image":{"@type":"ImageObject","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#personlogo","inLanguage":"en-US","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/93ce3b4975ae54c2d3797c222bb5714f?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/93ce3b4975ae54c2d3797c222bb5714f?s=96&d=mm&r=g","caption":"admin"},"sameAs":["https:\/\/myagcoafrica.com\/pr"]}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1104"}],"collection":[{"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1104"}],"version-history":[{"count":11,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1104\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1530,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1104\/revisions\/1530"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1116"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1104"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1104"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1104"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}