{"id":4845,"date":"2025-11-07T08:38:05","date_gmt":"2025-11-07T06:38:05","guid":{"rendered":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/?p=4845"},"modified":"2025-11-07T08:39:52","modified_gmt":"2025-11-07T06:39:52","slug":"van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/","title":{"rendered":"Van beroking tot oes: Massey se rol binne Leeuwheuvel Boerdery"},"content":{"rendered":"<p>[vc_row][vc_column][vc_column_text]Tussen die uitgestrekte lande van die Christiana- en Vryburg-distrik l\u00ea die hart van Leeuwheuvel Boerdery, \u2019n familieboerdery waar boerdery nie net \u2019n beroep is nie, maar \u2019n lewenswyse wat diep in die bloed van drie geslagte vloei.<\/p>\n<p>\u201cEk en my pa en broer, Schalk, boer saam en ek is een van die drie direkteure van Leeuwheuvel Boerdery,\u201d vertel Henno van der Merwe, mededirekteur van Leeuwheuvel Boerdery.[\/vc_column_text][\/vc_column][\/vc_row][vc_row][vc_column][vc_video link=&#8221;https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=AOuo_10jQ_c&#8221;][\/vc_column][\/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]\u201cOns is die derde generasie wat op die plaas boer. My oupa het die grond in 1949 gekoop, waarna my pa in die laat sewentigs en vroe\u00eb tagtigs oorgeneem het. Ek en my broer het in 2010 saam met hom begin boer.\u201d<\/p>\n<p>Waar Henno se oupa destyds met vee begin het en later \u2019n saaiboerdery bygevoeg het, het die volgende geslag die familiepad verder uitbou. \u201cMy pa het in 1982 begin aartappels plant en in 1983 vir die eerste keer saadaartappels verbou,\u201d vertel hy. \u201cVandag is dit steeds die kern van ons boerdery.\u201d<\/p>\n<p>Vir die Van der Merwes is dit \u2019n groot voorreg om saam as familie te kan boer en die nalatenskap van vorige geslagte voort te dra. \u201cBoerdery is in \u2019n familie se bloed,\u201d s\u00ea Henno. \u201cOns het dit gelukkig reggekry om mekaar goed aan te vul binne die boerdery. Selfs my suster het onlangs by ons aangesluit, dit is vir ons almal \u2019n ongelooflike voorreg om voort te bou op dit wat my oupa en pa gevestig het.\u201d<\/p>\n<p>Met \u2019n passie vir gehalte as dryfveer, is Leeuwheuvel Boerdery se fokus duidelik: om topgehalte saadaartappels vir die mark te lewer. \u201cElke oggend as ek opstaan, en elke aand voor ek gaan slaap, is dit die eerste ding waaraan ek dink &#8211; om die beste moontlike saad te produseer wat ons kan,\u201d s\u00ea Henno. Vandag is Leeuwheuvel \u2019n gediversifiseerde boerdery met twee hoofvertakkings &#8211; die eenheid in Christiana aan die Vrystaatkant van die rivier in die Boshoff-distrik, en \u2019n tweede eenheid in Vryburg, in die Louna-Coetzer dam-omgewing.<\/p>\n<div id=\"attachment_4855\" style=\"width: 310px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img aria-describedby=\"caption-attachment-4855\" decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-4855\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/JBJ_Leeuwheuvel_0002-300x169.jpg\" alt=\"Henno van der Merwe enJohnny Sholtz van JBJ Masjinerie. \u2019n Sterk vennootskap en uitstekende naverkope diens verseker dat die boerdery se trekkers altyd in toptoestand is, sodat produksie nie gestaak word tydens kritieke seisoene nie.\" width=\"300\" height=\"169\" \/><p id=\"caption-attachment-4855\" class=\"wp-caption-text\">Henno van der Merwe en Johnny Sholtz van JBJ Masjinerie. \u2019n Sterk vennootskap en uitstekende naverkope diens verseker dat die boerdery se trekkers altyd in toptoestand is, sodat produksie nie gestaakword tydens kritieke seisoene nie.<\/p><\/div>\n<p>Op beide eenhede word saadaartappels verbou, terwyl hulle ook trots is op hulle Bonsmara-stoet, wat die beesvertakking van die bedryf vorm. Binne die boerdery funksioneer \u2019n goed gestruktureerde bestuursmodel wat doeltreffendheid verseker. \u201cOns het \u2019n topbestuur, middelvlakbestuur en juniorvlakbestuur,\u201d verduidelik Henno. \u201cEk, my pa en broer vorm die topvlak waar ons die langtermynen finansi\u00eble besluite neem. Ek en Schalk werk saam met ons vier produksiebestuurders op middelvlak waar die daaglikse besluite geneem word, terwyl ons junior bestuurders die mense is wat die werk op grondvlak laat gebeur. \u2019n Boerdery of besigheid is immers net so sterk soos die span wat agter jou staan.\u201d<\/p>\n<h2>Gesonde grond, gesonde oes \u2013 beroking en wisselbou as kernstrategie<\/h2>\n<p>Vir Henno en sy span is gesonde grond die begin en einde van elke suksesvolle saadproduksieseisoen. Aangesien aalwurms een van die grootste uitdagings vir saadaartappelboere is, het Leeuwwheuvel Boerdery deur die jare \u2019n deeglike en volhoubare strategie ontwikkel om di\u00e9 pes onder beheer te hou. \u201cOns werk met \u2019n gemiddelde sewejaar-wisselbouprogram op ons aartappellande,\u201d verduidelik Henno. \u201cOns begin reeds ongeveer 14 maande voordat ons aartappels plant met die bewerkingsproses. Dit gee vir ons genoeg tyd om die grond voor te berei en om grondoordraagbare siektes, veral aalwurm, te beperk.\u201d<\/p>\n<p>Beroking is \u2019n belangrike deel van hierdie proses. \u201cOns berook hoofsaaklik vir aalwurmbeheer,\u201d s\u00ea hy. \u201cHoewel dit nie die enigste praktyk is wat ons gebruik nie, bly dit \u2019n kernkomponent van onsproduksiebestuur.\u201d<\/p>\n<p>By Leeuwheuvel word elke bewerking met omgewingsverantwoordelikheid in gedagte gedoen. \u201cOns probeer alles so omgewingsvriendelik as moontlik doen. Ons glo daaraan om so naby aan die natuur te boer as wat ons kan,\u201d verduidelik Henno. \u201cOns wisselbou sluit die aanplant van wintergewasse soos swarthawer en Japannese radyse in, gewasse wat nie \u2018n gasheer is vir aalwurm nie. S\u00f3 skep ons \u2019n omgewing waar die aalwurm eenvoudig nie kan oorleef nie, en dit stel ons terselfdertyd in staat om met minder chemie weg te kom.\u201d<\/p>\n<blockquote><p>Omdat ons met sirkels werk, help die tegnologie om oorvleueling en vermorsing drasties te verminder.<\/p><\/blockquote>\n<p>Hierdie wintergewasse speel egter \u2019n dubbele rol binne die boerdery. Benewens die grondgesondheid wat dit bevorder, dien dit as natuurlike weiding vir die Bonsmara-kudde. \u201cVan Mei tot middel September oorleef ons beeste op die winterweidings,\u201d vertel Henno. \u201cDie biologiese lewe wat hulle saambring, veral deur hulle mis, maak ons grond net nog gesonder.Dis \u2019n natuurlike kringloop wat vir ons uitstekend werk.\u201d<\/p>\n<h2>Massey in die prentjie\u2013betroubaarheid vir \u2018n vooruitstrewendeboerdery<\/h2>\n<p>By \u2019n produksiebedryf van hierdie omvang is betroubare meganisasie ononderhandelbaar. Vir Leeuwheuvel Boerdery was die keuse van trekkers dus \u2019n strategiese besluit wat direk met hulle ligging, grondtipe en bewerkingspraktyke verband hou. \u201cDie groot rede waarom ons op Massey Ferguson besluit het, was as gevolg van die ligging van ons boerderyeenhede,\u201d verduidelik Henno. \u201cIn ons bewerkingstruktuur gebruik ons die groter Massey-trekkers tussen 160 en 200 kW hoofsaaklik vir prim\u00eare bewerkings soos grondvoorbereiding en beroking, terwyl die kleiner modelle van 120 kW, soos die 6- en 7-reekse, aangewend word vir sekond\u00eare bewerkings.<\/p>\n<div id=\"attachment_4866\" style=\"width: 310px\" class=\"wp-caption alignright\"><img aria-describedby=\"caption-attachment-4866\" decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-4866\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/JBJ_Leeuwheuvel_002-300x200.jpg\" alt=\"Niks mooier as \u2018n Massey-trekker in aksie wanneer diegrond voorberei en berook word vir die komende aartappelplantseisoen. Betroubare meganisasie help om aalwurm onder beheer te hou en te verseker dat die saad die beste moontlike omgewing het om te floreer.\" width=\"300\" height=\"200\" \/><p id=\"caption-attachment-4866\" class=\"wp-caption-text\">Niks mooier as \u2018n Massey-trekker in aksie wanneer die grond voorberei en berook word vir die komende aartappelplantseisoen. Betroubare meganisasie help om aalwurm onder beheer te hou en te verseker dat die saad die beste moontlike omgewing het om te floreer.<\/p><\/div>\n<p>Hulle is geskik vir tussenrybewerking, skoffelwerk, kunsmisstrooi en bespuiting.\u201d Een van die trekkers wat die Van der Merwes besonder be\u00efndruk het, is die Massey 8S-reeks. \u201cDie 8S is \u2019n ongelooflike ekonomiese trekker, veral wat brandstofverbruik betref,\u201d s\u00ea Henno. \u201cIn vergelyking met sy voorgangers sien ons \u2019n 20 tot 30% verbetering in brandstofdoeltreffendheid, en dit maak \u2019n geweldige verskil in \u2019n tyd waar insetkoste bly styg.\u201d<\/p>\n<p>Boonop, voeg hy by, het die 8S uitstekende gewigsverspreiding en hantering. \u201cDie rygerief, balans en gebruikers-vriendelikheid is puik. Massey het regtig \u2019n goeie werk gedoen om die trekker nie net meer ekonomies nie, maar ook gemakliker en tegnies gevorderd te maak.\u201d Tegnologie speel ook \u2019n sleutelrol in hulle produksie.<\/p>\n<p>\u201cDie GPS-stelsels op die trekkers is vir ons van kardinale belang,\u201d verduidelik Henno. \u201cOmdat ons met sirkels werk, help die tegnologie om oorvleueling en vermorsing drasties te verminder, iets wat veral belangrik is met duur insetprodukte. Dit verseker dat elke druppel en elke korrel presies daar beland waar dit moet.\u201d<\/p>\n<p>Wanneer dit by ondersteuning en naverkope diens kom, spreek Henno met groot waardering oor hulle plaaslike verskaffer. \u201cOns naaste verskaffer is JBJ in Schweizer-Reneke, en ons stap al \u2019n lang pad saam, selfs nog voordat ons met Massey begin het. Johnny en sy span lewer vir ons uitstekende diens, en dit beteken baie. Dit is al vir ons soos deel van die familie &#8211; jy weet jou belange word opreg op die hart gedra.\u201d<\/p>\n<p>Die Van der Merwes het aanvanklik met JBJ in aanraking gekom deur die huur van trekkers by die ou BHBW, en toe hulle gesien het hoe goed die trekkers presteer, het hulle sommer gekies om dit aan te koop. Die eerste trekker wat hulle deur JBJ aangeskaf het, was \u2019n Massey Global-reeks 6713, gevolg deur \u2019n groter 8S, wathulle spesifiek nodig gehad het vir prim\u00eare bewerkings. Daarna het hulle vloot uitgebrei met nog Global-reeks trekkers en die MF 7724 en MF 8727.<\/p>\n<h2>JBJ \u2013 \u2019n vennoot vir die lang termyn<\/h2>\n<p>Johnny Sholtz, eienaar van JBJ, het homself van jongs af in die landboubedryf bewys en in 2008 JBJ gestig met die fokus op grondverskuiwingsmasjinerie. Kort daarna het hy in 2009 die Masseyhandelaarskap bekom.<\/p>\n<p>\u201cAan die begin was dit moeilik om \u2019n kli\u00ebntebasis op te bou,\u201d vertel Johnny. \u201cDie laaste Massey-agentskap in die area het uitgesterf en ons moes feitlik van nuut begin. Gelukkig het ek hier grootgeword en het baie vriende en familie in die omgewing vertroue in my gehad. Langsaam het die handelsmerk weer opgebou en toe die trekkers begin presteer, het die boere self gesien hoe goed die produk werk.\u201d<\/p>\n<div id=\"attachment_4868\" style=\"width: 310px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img aria-describedby=\"caption-attachment-4868\" decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-4868\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/JBJ_Leeuwheuvel_003-300x200.jpg\" alt=\"Grondvoorbereiding is die sleutel tot topgehalte saad, en die Masseytrekkersby Leeuwheuvel maak ligte werk van prim\u00eare bewerkings soos grondvoorbereiding.\" width=\"300\" height=\"200\" \/><p id=\"caption-attachment-4868\" class=\"wp-caption-text\">Grondvoorbereiding is die sleutel tot topgehalte saad, en die Masseytrekkers by Leeuwheuvel maak ligte werk van prim\u00eare bewerkings soos<br \/>grondvoorbereiding.<\/p><\/div>\n<p>Johnny beskryf die verhouding met die boere as \u2019n langtermynverbintenis. \u201cDit is amper soos \u2019n huwelik wanneer jy \u2019n trekker aflewer. Dit is \u2019n duur produk wat vir die volgende 10 tot 15 jaar gebruik gaan word. Ons fokus is nie net om \u2019n transaksie af te handel nie, ons doen 90% van die werk by die boere op die plaas met diensbakkies en werktuigkundiges. Sodra daar ernstige probleme is, hanteer ons dit vinnig en professioneel.\u201d<\/p>\n<blockquote><p>Henno som Massey op as: \u201c\u0149 Goeie gehalte, ekonomiese en gebruikersvriendelike produk met uitstekende naverkope diens, en dit maak al die verskil.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Vir Henno is die sukses van enige produk uiteindelik net so sterk soos die diens wat dit ondersteun. \u201c\u2019n Groot deel van \u2019n boerdery se doeltreffendheid l\u00ea daarin dat jou toerusting nie staan nie,\u201d s\u00ea hy. \u201cWanneer dit planttyd is, moet dinge gebeur, jy kan nie bekostig dat \u2019n trekker vir dae stilstaan nie. Daarom is vinnige en betroubare diens vir ons van kritieke belang. Massey lewer beslis daardie vlak van ondersteuning.\u201d<\/p>\n<h2>\u2019n Toekoms vol groei en geleenthede<\/h2>\n<p>Ten spyte van uitdagings in die bedryf, straal Henno se optimisme oor die toekoms van landbou deur. \u201cLandbou is tans op \u2019n moeilike, maar tog goeie plek,\u201d s\u00ea hy. \u201cDaar is soveel geleenthede vir uitbreiding en veral vir jong boere om hulle merk te maak. Dit verg deursettingsvermo\u00eb om iets van die grond af te bou, maar die moontlikhede is daar, jy moet net bereid wees om die werk in te sit.\u201d<\/p>\n<p>By Leeuwheuvel Boerdery l\u00ea die fokus duidelik op groei, nie net in hektare nie, maar ook in waarde, tegnologie en markontwikkeling. \u201cTot dusver het ons hoofsaaklik horisontaal uitgebrei, maar ons kyk nou na verdere vertikale uitbreiding in die besigheid,\u201d verduidelik Henno. \u201cOns produseer saad vir Wesgro, en ons fokus sterk daarop om nuwe vari\u00ebteite na Suid-Afrika te bring &#8211; vari\u00ebteite wat beter aangepas is by ons klimaat, grond en verbruikersbehoeftes.\u201d<\/p>\n<p>Daarby kyk die span verder as Suid-Afrika se grense. \u201cOns het reeds goeie verhoudings en uitvoere binne die SADC-streek, en is besig om nuwe markgeleenthede in Asi\u00eb te ondersoek. Die uitbreidingsmoontlikhede is groot, en dit maak ons opgewonde oor wat voorl\u00ea.\u201d<\/p>\n<p>Wanneer die gesprek by die toekoms van meganisasie en sy Massey-trekkers kom, glimlag hy breed. \u201cOm van dag een af met Massey te werk, was vir my \u2019n baie aangename ervaring,\u201d s\u00ea hy. \u201cDit \u2019n trekker wat ek self geniet om mee te werk. In terme van waarde vir geld is dit \u2019n absolute bate vir ons boerdery.\u201d<\/p>\n<p>Vir enige navrae of vir meer inligting besoek Massey Ferguson se webtuiste [<a href=\"https:\/\/www.masseyferguson.com\/en_za\/\">Klik Hier<\/a>] of kontak <strong>JBJ Masjinerie<\/strong> by (+27)53-963-1832 | <a href=\"http:\/\/www.jbj-mf.co.za\">www.jbj-mf.co.za<\/a> | Download Article [<a href=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/Article_JBJ.pdf\">Klik Hier<\/a>][\/vc_column_text][\/vc_column][\/vc_row][vc_row][vc_column][vc_gallery type=&#8221;image_grid&#8221; images=&#8221;4851,4852,4853,4854,4855,4856,4863,4865,4866,4867,4868,4861,4862,4860,4859,4858,4857&#8243;][\/vc_column][\/vc_row]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>[vc_row][vc_column][vc_column_text]Tussen die uitgestrekte lande van die Christiana- en Vryburg-distrik l\u00ea die hart van Leeuwheuvel Boerdery, \u2019n familieboerdery waar boerdery nie net \u2019n beroep is nie, maar \u2019n lewenswyse wat diep in die bloed van drie geslagte vloei. \u201cEk en my pa en broer, Schalk, boer saam en ek is een van die drie direkteure van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":4850,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":""},"categories":[27],"tags":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v17.2 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Van beroking tot oes: Massey se rol binne Leeuwheuvel Boerdery - My AGCO Africa<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Van beroking tot oes: Massey se rol binne Leeuwheuvel Boerdery - My AGCO Africa\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"[vc_row][vc_column][vc_column_text]Tussen die uitgestrekte lande van die Christiana- en Vryburg-distrik l\u00ea die hart van Leeuwheuvel Boerdery, \u2019n familieboerdery waar boerdery nie net \u2019n beroep is nie, maar \u2019n lewenswyse wat diep in die bloed van drie geslagte vloei. \u201cEk en my pa en broer, Schalk, boer saam en ek is een van die drie direkteure van [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"My AGCO Africa\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/MasseyFergusonSA\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-11-07T06:38:05+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-11-07T06:39:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/Youtube-Thumb-2.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1080\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@mf_eame\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@mf_eame\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Bianca Henning\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization\",\"name\":\"AGCO Africa\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/\",\"sameAs\":[\"https:\/\/www.facebook.com\/MasseyFergusonSA\/\",\"https:\/\/www.youtube.com\/c\/MasseyFergusonGlobal\",\"https:\/\/twitter.com\/mf_eame\"],\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#logo\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/agco-vector-logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/agco-vector-logo.png\",\"width\":900,\"height\":500,\"caption\":\"AGCO Africa\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#logo\"}},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#website\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/\",\"name\":\"My AGCO Africa\",\"description\":\"Africa PR Releases for Massey Ferguson, Fendt and Valtra\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":\"required name=search_term_string\"}],\"inLanguage\":\"en-US\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#primaryimage\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/Youtube-Thumb-2.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/Youtube-Thumb-2.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1080},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#webpage\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/\",\"name\":\"Van beroking tot oes: Massey se rol binne Leeuwheuvel Boerdery - My AGCO Africa\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#primaryimage\"},\"datePublished\":\"2025-11-07T06:38:05+00:00\",\"dateModified\":\"2025-11-07T06:39:52+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-US\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Van beroking tot oes: Massey se rol binne Leeuwheuvel Boerdery\"}]},{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#webpage\"},\"author\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#\/schema\/person\/0560e1911bbc72ac944cdb6a51518c95\"},\"headline\":\"Van beroking tot oes: Massey se rol binne Leeuwheuvel Boerdery\",\"datePublished\":\"2025-11-07T06:38:05+00:00\",\"dateModified\":\"2025-11-07T06:39:52+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#webpage\"},\"wordCount\":1870,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/Youtube-Thumb-2.jpg\",\"articleSection\":[\"Massey Ferguson\"],\"inLanguage\":\"en-US\"},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#\/schema\/person\/0560e1911bbc72ac944cdb6a51518c95\",\"name\":\"admin\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#personlogo\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"url\":\"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/93ce3b4975ae54c2d3797c222bb5714f?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/93ce3b4975ae54c2d3797c222bb5714f?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"admin\"},\"sameAs\":[\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\"]}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Van beroking tot oes: Massey se rol binne Leeuwheuvel Boerdery - My AGCO Africa","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Van beroking tot oes: Massey se rol binne Leeuwheuvel Boerdery - My AGCO Africa","og_description":"[vc_row][vc_column][vc_column_text]Tussen die uitgestrekte lande van die Christiana- en Vryburg-distrik l\u00ea die hart van Leeuwheuvel Boerdery, \u2019n familieboerdery waar boerdery nie net \u2019n beroep is nie, maar \u2019n lewenswyse wat diep in die bloed van drie geslagte vloei. \u201cEk en my pa en broer, Schalk, boer saam en ek is een van die drie direkteure van [&hellip;]","og_url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/","og_site_name":"My AGCO Africa","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/MasseyFergusonSA\/","article_published_time":"2025-11-07T06:38:05+00:00","article_modified_time":"2025-11-07T06:39:52+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1080,"filesize":1138122,"url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/Youtube-Thumb-2.jpg","path":"\/home\/myagcovr\/public_html\/pr\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/Youtube-Thumb-2.jpg","size":"full","id":4850,"alt":"","pixels":2073600,"type":"image\/jpeg"}],"twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@mf_eame","twitter_site":"@mf_eame","twitter_misc":{"Written by":"Bianca Henning","Est. reading time":"9 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization","name":"AGCO Africa","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/","sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/MasseyFergusonSA\/","https:\/\/www.youtube.com\/c\/MasseyFergusonGlobal","https:\/\/twitter.com\/mf_eame"],"logo":{"@type":"ImageObject","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#logo","inLanguage":"en-US","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/agco-vector-logo.png","contentUrl":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/agco-vector-logo.png","width":900,"height":500,"caption":"AGCO Africa"},"image":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#logo"}},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#website","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/","name":"My AGCO Africa","description":"Africa PR Releases for Massey Ferguson, Fendt and Valtra","publisher":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/?s={search_term_string}"},"query-input":"required name=search_term_string"}],"inLanguage":"en-US"},{"@type":"ImageObject","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#primaryimage","inLanguage":"en-US","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/Youtube-Thumb-2.jpg","contentUrl":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/Youtube-Thumb-2.jpg","width":1920,"height":1080},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#webpage","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/","name":"Van beroking tot oes: Massey se rol binne Leeuwheuvel Boerdery - My AGCO Africa","isPartOf":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#primaryimage"},"datePublished":"2025-11-07T06:38:05+00:00","dateModified":"2025-11-07T06:39:52+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-US","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Van beroking tot oes: Massey se rol binne Leeuwheuvel Boerdery"}]},{"@type":"Article","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#webpage"},"author":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#\/schema\/person\/0560e1911bbc72ac944cdb6a51518c95"},"headline":"Van beroking tot oes: Massey se rol binne Leeuwheuvel Boerdery","datePublished":"2025-11-07T06:38:05+00:00","dateModified":"2025-11-07T06:39:52+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#webpage"},"wordCount":1870,"publisher":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2025\/11\/07\/van-beroking-tot-oes-massey-se-rol-binne-leeuwheuvel-boerdery\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/Youtube-Thumb-2.jpg","articleSection":["Massey Ferguson"],"inLanguage":"en-US"},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#\/schema\/person\/0560e1911bbc72ac944cdb6a51518c95","name":"admin","image":{"@type":"ImageObject","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#personlogo","inLanguage":"en-US","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/93ce3b4975ae54c2d3797c222bb5714f?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/93ce3b4975ae54c2d3797c222bb5714f?s=96&d=mm&r=g","caption":"admin"},"sameAs":["https:\/\/myagcoafrica.com\/pr"]}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4845"}],"collection":[{"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4845"}],"version-history":[{"count":13,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4845\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5244,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4845\/revisions\/5244"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/4850"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4845"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4845"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4845"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}