{"id":5277,"date":"2026-09-15T11:50:27","date_gmt":"2026-09-15T09:50:27","guid":{"rendered":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/die-splinternuwe-massey-ferguson-9s-pronk-by-val-boeredag-copy\/"},"modified":"2026-09-21T15:11:33","modified_gmt":"2026-09-21T13:11:33","slug":"73344-round-bales-massey-ferguson","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/","title":{"rendered":"Boer baal 73 344 bale met Massey-baler"},"content":{"rendered":"<p>[vc_row][vc_column][vc_column_text]In die Ho\u00ebveld van Suid-Afrika speel hooiproduksie \u2019n kardinale rol in die sukses van baie gemengde boerderye. Met koue winters, droe\u00ebr seisoene en \u2019n sterk fokus op bees- en skaapproduksie, is goeie gehalte voer \u2019n noodsaaklikheid. Wanneer die re\u00ebn in die somer val en weidings groei, begin boere reeds vooruit beplan vir die maande wanneer natuurlike veldproduksie afneem. Dit beteken dat die venster om hooi te sny, droog te maak en te baal optimaal benut moet word.<\/p>\n<p>Om hierdie rede is betroubare en doeltreffende toerusting onontbeerlik in hooiproduksie. Elke uur se werk tel wanneer die weer draai of wanneer groot hoeveelhede voer vinnig verwerk moet word. Vir boere beteken dit dat \u2019n baler nie net bale moet maak nie, hy moet dit konsekwent, vinnig en sonder probleme doen.<\/p>\n<p>73 344 bale met een baler &#8230; ja, jy het reg gelees! Almero du Pisanie boer saam met sy pa sedert 2003 in die Morgenzon-distrik met onderskeidelik vee en \u2019n saaiery. Die Du Pisanies se groot vee-komponent vereis dat daar jaarliks groot hoeveelhede voer gemaak moet word vir hul diere, en op \u2019n stadium het hulle ook aansienlike volumes voer verkoop. Volgens Almero is die baler nog lank nie klaar gewerk nie. Hy is vol vertroue dat hulle die mylpaal van 100 000 bale met dieselfde baler gaan bereik.[\/vc_column_text][\/vc_column][\/vc_row][vc_row][vc_column][vc_video link=&#8221;https:\/\/youtu.be\/w7kt5d0m96g&#8221;][\/vc_column][\/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]<\/p>\n<h3>Waarom \u2019n Massey-baler?<\/h3>\n<p>Almero vertel: \u201cOns verhouding met Massey Ferguson het in 2019 begin toe ons hierdie MF 2125F-baler aangeskaf het. Ons het terselfdertyd ook \u2019n Massey-snyer by hulle gekoop.\u201d<\/p>\n<div id=\"attachment_5285\" style=\"width: 210px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img aria-describedby=\"caption-attachment-5285\" decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-5285\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/73344-bales-1-200x300.jpg\" alt=\"Die bewys vasgevang op die baler se beheerskerm: 73 344 bale gemaak met die Massey Ferguson MF 2125F.\" width=\"200\" height=\"300\" \/><p id=\"caption-attachment-5285\" class=\"wp-caption-text\">Die bewys vasgevang op die baler se beheerskerm: 73 344 bale gemaak met die Massey Ferguson MF 2125F.<\/p><\/div>\n<p>Volgens hom was daar \u2019n paar spesifieke redes waarom hierdie baler die regte keuse vir hul boerdery was. \u201cDie robuustheid van die baler het dadelik vir ons uitgestaan. Nog iets wat vir ons baie belangrik was, is dat die baler ghriesbare laers (bearings) het. Dit maak \u2019n groot verskil wanneer dit by onderhoud en die leeftyd van die baler se komponente kom.\u201d<\/p>\n<div id=\"attachment_5282\" style=\"width: 310px\" class=\"wp-caption alignright\"><img aria-describedby=\"caption-attachment-5282\" decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-5282\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/2125-Massey-Baler-300x200.jpg\" alt=\"Die Massey Ferguson MF 2125F wat 73 344 bale gemaak het by Du Pisanie Boerdery.\" width=\"300\" height=\"200\" \/><p id=\"caption-attachment-5282\" class=\"wp-caption-text\">Die Massey Ferguson MF 2125F wat 73 344 bale gemaak het by Du Pisanie Boerdery.<\/p><\/div>\n<p>Sedert die baler in gebruik geneem is, het dit reeds indrukwekkende werk verrig. \u201cOns het nog nie een van die laers (bearings) vervang nie, en dit is n\u00e1 73 344 bale,\u201d vertel Almero. \u201cWat ons wel vervang het, is twee stelle kettings, en ons het onlangs die derde stel nuwe kettings opgesit.\u201d<\/p>\n<p>Vir die Du Pisanie-boerdery pas die MF 2125F-baler perfek by hul behoef-tes. Volgens Almero l\u00ea die waarde van die baler vir hulle in sy lae onderhoudsvereistes en onderhoudskoste, tesame met sy ho\u00eb produktiwiteit, doeltreffendheid en kapasiteit tydens hooimaak.<\/p>\n<h3>Is goeie instandhouding die geheim?<\/h3>\n<div id=\"attachment_5283\" style=\"width: 310px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img aria-describedby=\"caption-attachment-5283\" decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-5283\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Almero-du-Pisanie-300x200.jpg\" alt=\"Almero du Pisanie by sy betroubare Massey Ferguson MF 2125F. Die baler wat meer as 73 000 bale gemaak het, lyk nog soos \u2019n nuwe een!\" width=\"300\" height=\"200\" \/><p id=\"caption-attachment-5283\" class=\"wp-caption-text\">Almero du Pisanie by sy betroubare Massey Ferguson MF 2125F. Die baler wat meer as 73 000 bale gemaak het, lyk nog soos \u2019n nuwe een!<\/p><\/div>\n<p>Hierdie baler vereis nie baie instandhouding nie, maar daar word steeds gesorg dat alles gereeld nagegaan word. Elke laer het \u2019n ghriespunt wat op die plaas gewoonlik een maal elke twee tot drie dae gesmeer word. Die olie-kannetjie vir die baler se outomatiese kettingsmeer-stelsel word ook gereeld volgehou en dopgehou sodat die kettings altyd voldoende gesmeer bly.<\/p>\n<p>Almero glo dat goeie onderhoud \u2019n groot rol speel in die lang lewensduur van die baler. \u201cDit is belangrik om die baler skoon te hou en die nodige onderhoud te doen wanneer dit nodig is. As jy na jou toerusting kyk, sal dit na jou kyk.\u201d<\/p>\n<p>Hy s\u00ea egter dat instandhouding nie die enigste rede vir die baler se lang en betroubare diens is nie. \u201cGoeie instandhouding help beslis baie, maar die gehalte en robuustheid van die baler speel ook \u2019n baie groot rol,\u201d verduidelik hy.<\/p>\n<h3>Kapasiteit en egalige optelwerk<\/h3>\n<p>Vir die Du Pisanies was hierdie baler wat met net werk \u2019n nuwe ervaring. \u201cOns het eintlik eers van net met hierdie baler geleer,\u201d vertel Almero. \u201cVoorheen het ons nog altyd met toubalers gewerk, maar hierdie baler het ons hele baalmaakproses reeds aansienlik verbeter.\u201d<\/p>\n<p>Op die plaas maak hulle gewoonlik bale wat tussen 290 en 300 kg weeg, en gemiddeld word daar ongeveer 10 000 bale per jaar\/seisoen met die baler gemaak. Die hoeveelheid bale wat per hektaar gemaak word, wissel egter van seisoen tot seisoen.<\/p>\n<p>\u201cMet tef kry ons gewoonlik sowat 12 bale per hektaar, terwyl ons oulandsgras tot 25 bale per hektaar kan afhaal, maar uiteindelik bly dit baie seisoensgebonde hoeveel jy per hektaar kan afhaal,\u201d verduidelik hy.<\/p>\n<p>\u201cEen ding wat vir my uitstaan en wat hierdie baler besonders maak, is sy camless pick-up. Hierdie stelsel vereis baie min onderhoud en dra by tot die baler se betroubaarheid. Dit plaas hierdie baler regtig in \u2019n ander klas,\u201d s\u00ea Almero. Die baler beskik oor \u2019n vaste baalkamer van 1,2 meter, terwyl die baaldruk gerieflik vanuit die trekker se kajuit verstel kan word.<\/p>\n<div id=\"attachment_5286\" style=\"width: 310px\" class=\"wp-caption alignright\"><img aria-describedby=\"caption-attachment-5286\" decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-5286\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/pickup-300x200.jpg\" alt=\"Die camless-optelstelsel is die een ding wat vir Almero van die Massey Ferguson-baler uitstaan en waarom hy voel die baler is eenvoudig in \u2019n ander klas.\" width=\"300\" height=\"200\" \/><p id=\"caption-attachment-5286\" class=\"wp-caption-text\">Die camless-optelstelsel is die een ding wat vir Almero van die Massey Ferguson-baler uitstaan en waarom hy voel die baler is eenvoudig in \u2019n ander klas.<\/p><\/div>\n<h3>Massey is daar vir die boer<\/h3>\n<p>\u201cEk kry baie goeie diens en onder-steuning vanaf Massey, en hul tegniese ondersteuning is ook uitstekend, selfs vir die trekkers,\u201d s\u00ea Almero. \u201cEk sal hierdie baler vir enige mede-boere aanbeveel weens sy effektiwiteit, produktiwiteit en indrukwekkende kapasiteit.\u201d<\/p>\n<p>Hy is tans besig om op te gradeer na die nuwer model, die MF 3130F Extra-baler. \u201cOns is baie opgewonde om na die nuwer model oor te skakel. Ons verwag meer kapasiteit, groter uithouvermo\u00eb, en hopelik sal ons selfs meer as die 73 344 bale wat ons reeds gemaak het, bereik,\u201d vertel hy laggend.<\/p>\n<p>Randell Swart, verkoopsverteenwoordiger van JWL Landbou, Ermelo-distrik, s\u00ea dat die manier waarop Almero die baler in stand hou, beslis bygedra het tot die hoeveelheid bale wat hy tot dusver kon maak, sowel as tot die algehele gehalte van die baler. \u201c\u2019n Baler wat skoon gehou word, hou langer. Ek is vol vertroue in die manier waarop Almero sy toerusting in stand hou en na dit kyk dat hierdie baler definitief die 100 000-bale mylpaal sal bereik en miskien selfs meer,\u201d meen hy. Randell is ook baie opgewonde oor die impak wat die nuwe MF 3130F Extra-baler op Almero se plaas gaan h\u00ea.<\/p>\n<h3>MF 2125F teenoor <a href=\"https:\/\/www.masseyferguson.com\/en_za\/product\/balers\/mf-rb-f.html\">MF 3130F Extra<\/a><\/h3>\n<div id=\"attachment_5284\" style=\"width: 310px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img aria-describedby=\"caption-attachment-5284\" decoding=\"async\" loading=\"lazy\" class=\"size-medium wp-image-5284\" src=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Randel-Swart-en-Almero-du-Pisanie-300x200.jpg\" alt=\"Randell Swart van JWL Landbou saam met Almero du Pisanie by die MF 2125F-baler.\" width=\"300\" height=\"200\" \/><p id=\"caption-attachment-5284\" class=\"wp-caption-text\">Randell Swart van JWL Landbou saam met Almero du Pisanie by die MF 2125F-baler.<\/p><\/div>\n<p>Randell lig \u2019n paar verskille uit tussen die nuwe model en die ouer baler:<\/p>\n<ul>\n<li>Die nuwe model beskik ook oor die camless pick-up<\/li>\n<li>Die nuwe model is toegerus met swaardienskettings en ratkaste<\/li>\n<li>Die nuwe model het steeds smeerbare laers, soos die ouer model, \u2019n groot pluspunt<\/li>\n<li>Die nuwe model beskik oor \u2019n verbeterde bindmeganisme teenoor die ouer model<\/li>\n<\/ul>\n<p>\u201cDit is ongelooflik lekker om sulke positiewe terugvoer van \u2019n kli\u00ebnt te kry,\u201d s\u00ea Randell.[\/vc_column_text][\/vc_column][\/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]Vir meer inligting oor Massey Ferguson se betroubare balers, kontak jou naaste gemagtigde Massey Ferguson-handelaar of besoek hul webwerf by <a href=\"http:\/\/www.masseyferguson.com\">www.masseyferguson.com<\/a>. Dankie aan <a href=\"http:\/\/www.jwl.co.za\">JWL<\/a> vir hierdie getuigskrif. <a href=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Boer-baal-73-344-bale-met-Massey-baler.pdf\">Boer baal 73 344 bale met Massey-baler<\/a>[\/vc_column_text][\/vc_column][\/vc_row]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>[vc_row][vc_column][vc_column_text]In die Ho\u00ebveld van Suid-Afrika speel hooiproduksie \u2019n kardinale rol in die sukses van baie gemengde boerderye. Met koue winters, droe\u00ebr seisoene en \u2019n sterk fokus op bees- en skaapproduksie, is goeie gehalte voer \u2019n noodsaaklikheid. Wanneer die re\u00ebn in die somer val en weidings groei, begin boere reeds vooruit beplan vir die maande wanneer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":5280,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":""},"categories":[27],"tags":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v17.2 - https:\/\/yoast.com\/wordpress\/plugins\/seo\/ -->\n<title>Boer baal 73 344 bale met Massey-baler - My AGCO Africa<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Val Boeredag is jaar na jaar di\u00e9 plek waar boere die nuutste landboutegnologie van naby kan beleef, en vanjaar was die splinternuwe Massey Ferguson 9S 425 een van die trekkers wat beslis boere se aandag gelok het.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Boer baal 73 344 bale met Massey-baler - My AGCO Africa\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Val Boeredag is jaar na jaar di\u00e9 plek waar boere die nuutste landboutegnologie van naby kan beleef, en vanjaar was die splinternuwe Massey Ferguson 9S 425 een van die trekkers wat beslis boere se aandag gelok het.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"My AGCO Africa\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/MasseyFergusonSA\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-09-15T09:50:27+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-09-21T13:11:33+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/73344-bales.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1080\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@mf_eame\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@mf_eame\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"admin\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization\",\"name\":\"AGCO Africa\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/\",\"sameAs\":[\"https:\/\/www.facebook.com\/MasseyFergusonSA\/\",\"https:\/\/www.youtube.com\/c\/MasseyFergusonGlobal\",\"https:\/\/twitter.com\/mf_eame\"],\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#logo\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/agco-vector-logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/agco-vector-logo.png\",\"width\":900,\"height\":500,\"caption\":\"AGCO Africa\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#logo\"}},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#website\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/\",\"name\":\"My AGCO Africa\",\"description\":\"Africa PR Releases for Massey Ferguson, Fendt and Valtra\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":\"required name=search_term_string\"}],\"inLanguage\":\"en-US\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#primaryimage\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/73344-bales.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/73344-bales.jpg\",\"width\":1080,\"height\":675},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#webpage\",\"url\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/\",\"name\":\"Boer baal 73 344 bale met Massey-baler - My AGCO Africa\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#primaryimage\"},\"datePublished\":\"2026-09-15T09:50:27+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-21T13:11:33+00:00\",\"description\":\"Val Boeredag is jaar na jaar di\\u00e9 plek waar boere die nuutste landboutegnologie van naby kan beleef, en vanjaar was die splinternuwe Massey Ferguson 9S 425 een van die trekkers wat beslis boere se aandag gelok het.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-US\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Boer baal 73 344 bale met Massey-baler\"}]},{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#webpage\"},\"author\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#\/schema\/person\/0560e1911bbc72ac944cdb6a51518c95\"},\"headline\":\"Boer baal 73 344 bale met Massey-baler\",\"datePublished\":\"2026-09-15T09:50:27+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-21T13:11:33+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#webpage\"},\"wordCount\":1226,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/73344-bales.jpg\",\"articleSection\":[\"Massey Ferguson\"],\"inLanguage\":\"en-US\"},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#\/schema\/person\/0560e1911bbc72ac944cdb6a51518c95\",\"name\":\"admin\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"@id\":\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#personlogo\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"url\":\"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/93ce3b4975ae54c2d3797c222bb5714f?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/93ce3b4975ae54c2d3797c222bb5714f?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"admin\"},\"sameAs\":[\"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\"]}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Boer baal 73 344 bale met Massey-baler - My AGCO Africa","description":"Val Boeredag is jaar na jaar di\u00e9 plek waar boere die nuutste landboutegnologie van naby kan beleef, en vanjaar was die splinternuwe Massey Ferguson 9S 425 een van die trekkers wat beslis boere se aandag gelok het.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Boer baal 73 344 bale met Massey-baler - My AGCO Africa","og_description":"Val Boeredag is jaar na jaar di\u00e9 plek waar boere die nuutste landboutegnologie van naby kan beleef, en vanjaar was die splinternuwe Massey Ferguson 9S 425 een van die trekkers wat beslis boere se aandag gelok het.","og_url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/","og_site_name":"My AGCO Africa","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/MasseyFergusonSA\/","article_published_time":"2026-09-15T09:50:27+00:00","article_modified_time":"2026-09-21T13:11:33+00:00","og_image":[{"width":1080,"height":675,"filesize":487443,"url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/73344-bales.jpg","path":"\/home\/myagcovr\/public_html\/pr\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/73344-bales.jpg","size":"full","id":5280,"alt":"","pixels":729000,"type":"image\/jpeg"}],"twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@mf_eame","twitter_site":"@mf_eame","twitter_misc":{"Written by":"admin","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization","name":"AGCO Africa","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/","sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/MasseyFergusonSA\/","https:\/\/www.youtube.com\/c\/MasseyFergusonGlobal","https:\/\/twitter.com\/mf_eame"],"logo":{"@type":"ImageObject","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#logo","inLanguage":"en-US","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/agco-vector-logo.png","contentUrl":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/agco-vector-logo.png","width":900,"height":500,"caption":"AGCO Africa"},"image":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#logo"}},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#website","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/","name":"My AGCO Africa","description":"Africa PR Releases for Massey Ferguson, Fendt and Valtra","publisher":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/?s={search_term_string}"},"query-input":"required name=search_term_string"}],"inLanguage":"en-US"},{"@type":"ImageObject","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#primaryimage","inLanguage":"en-US","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/73344-bales.jpg","contentUrl":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/73344-bales.jpg","width":1080,"height":675},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#webpage","url":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/","name":"Boer baal 73 344 bale met Massey-baler - My AGCO Africa","isPartOf":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#primaryimage"},"datePublished":"2026-09-15T09:50:27+00:00","dateModified":"2026-09-21T13:11:33+00:00","description":"Val Boeredag is jaar na jaar di\u00e9 plek waar boere die nuutste landboutegnologie van naby kan beleef, en vanjaar was die splinternuwe Massey Ferguson 9S 425 een van die trekkers wat beslis boere se aandag gelok het.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-US","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Boer baal 73 344 bale met Massey-baler"}]},{"@type":"Article","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#webpage"},"author":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#\/schema\/person\/0560e1911bbc72ac944cdb6a51518c95"},"headline":"Boer baal 73 344 bale met Massey-baler","datePublished":"2026-09-15T09:50:27+00:00","dateModified":"2026-09-21T13:11:33+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#webpage"},"wordCount":1226,"publisher":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/2026\/09\/15\/73344-round-bales-massey-ferguson\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/73344-bales.jpg","articleSection":["Massey Ferguson"],"inLanguage":"en-US"},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#\/schema\/person\/0560e1911bbc72ac944cdb6a51518c95","name":"admin","image":{"@type":"ImageObject","@id":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/#personlogo","inLanguage":"en-US","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/93ce3b4975ae54c2d3797c222bb5714f?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/93ce3b4975ae54c2d3797c222bb5714f?s=96&d=mm&r=g","caption":"admin"},"sameAs":["https:\/\/myagcoafrica.com\/pr"]}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5277"}],"collection":[{"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5277"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5277\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5290,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5277\/revisions\/5290"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5280"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5277"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5277"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/myagcoafrica.com\/pr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5277"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}