Die trekkervervaardiger Fendt, wie seplaaslike verspreider AGCO Africa is, het in 2022 die vervaardiging van 20000 Fendt-trekkers gevier. Die 20 000ste een was ՚n 724 Vario-model in Desember verlede jaar. Dit is ՚n mylpaal in Fendt setrotse geskiedenis van 92 jaar.

Die fabriek is ongeveer 120 km noord van Fendt se Bavariese hoofkwartier en in Asbach-Bäumenheim, met ՚n suster-aanleg in Marktoberdorf in die Allgäu-streek. Die fabriek is een van die wêreld se mees gevorderde aanlegte. Kajuite en enjinkappe word van nuuts af in eersgenoemde aanleg gebou en dan op ՚n net-betyds grondslag na laasge-noemde vervoer vir montering op die trekkers, ՚n stadium van die produksielyn waarna verwys word as ‘die huwelik’.

Die hele Fendt-span het ՚n sleutelrol gespeel in die vervaardiging van die 20 000ste trekker. Van onderdeleproduk-sie-aanleg tot die hoofmonteerlyn.

Die Fendt 700 Vario was een van die gewildste trekkerreekse in Suid-Afrika. Hierdie trekker is ՚n kombinasie van sterkte, krag, beweeglikheid, aan-wendbaarheid en operateursgemak, alles te danke aan die splinternuwe operateurswerkstasie tesame met die geïntegreerde FendtONE-platform. Dit is ՚n veelsydige trekker en die perfekte pasmaat vir enige tipe werk – van een-voudige boerderytake, tot vervoer en swaardiens veld- of vlootwerk.

Die beproefde en bewese sessilinder-enjin van die Fendt 700 Vario lewer 106 tot 174 kilowatt met ՚n topspoed van 40 km per uur. Met ՚n enjin-inhoudsmaat van 6,1 liter, vier kleppe per silinder en drukbuisinspuiting lewer die enjin hoë wringkrag. Dit is ՚n kompakte, hoëkilowatt-trekker ontwerp vir maksimum werkverrigting en vrag terwyl die enjin en kragoor-dragstelsel in perfekte harmonie werk vir hoë algehele doeltreffendheid.

Die Vario-ratkas bied ՚n traplose aandrywing van 0,02 km per uur tot ՚n maksimum spoed van 40 km per uur met deurlopende veranderlikespoedaanpass-ing wat enjinwerkverrigting optimaliseer. ՚n Trekkerbestuurstelsel (TMS – Tractor Management System) beheer die enjin en transmissie om te verseker dat die trek-ker ten alle tye ekonomies funksioneer.

Kenmerke soos maksimum outoma-tiese kragleweringbeheer verminder brandstofverbruik selfs meer, met die enjin wat ten alle tye teen die per-fekte omwentelinge vir die taak loop. Die maksimum vragbeheerfunksie bepaal hoe ver die enjinspoed toegelaat word om te daal volgens die enjin-lading of na die teikensnelheid as die TMS of “cruise control” ingeskop het.

Marktoberdorf in the Allgäu region.

Marktoberdorf in die Allgäu-streek.

Hoe Fendt die vervaardiging van 20 000 in 2022 bereik het

Fendt vervaardig trekkers in groot aanlegte by die hoofkwartier van Duitsland se grootste vervaardiger van landboutoerusting. Verskeie modelle word op net een produksielyn vervaardig. Die hart van elke trekker is die enjin en transmissieblok.

Die enjinraam is aan die voorkant van die transmissie gemonteer. Die grootste element is die waaiereenheid, gevolg deur die vooras en hidrouliese tenk. Oor die volgende drie uur gaan die eenhede deur 29 monteerstasies.

Daarna is die wêreld se kragtigste trekkerreeks gereed. Eers word die datakabels aan die enjin- en transmis-sieblok gekoppel. Die hoëtegnologie-trekker het baie kilometer kabels en sensors wat voortdurend moniteer wat die trekker op enige gegewe oomblik doen. Al hierdie inligting word tydens die proses na ՚n sentrale rekenaar in die kajuit oorgedra.

In die volgende produksiestasie word die trekker toegerus met sy lug- en deeltjiefilter, katalitiese omskakelaar en brandstoftenk. By die volgende stasie word die ka-juit op die enjinblok gemonteer. Die bekwame monteerspan is spesia-liste wat minstens 3,5 jaar toepaslike opleiding ondergaan het. Tamaai boute hou die kajuit veilig in posisie sodat nie eers die taaiste take in die veld hom kan ontsetel nie.

Hierdie belangrike stap waar die kajuite en onderstel saamgevoeg word staan bekend as die ‘huwelik’. In die mo-torbedryf verwys dit na die installering van die enjin in die voertuig, terwyl dit met trekkersamestelling beteken dat die kajuit aan die trekker gekoppel word. In die volgende monteerafdeling installeer die monteurs die batterykas en koppel die elektronika. Die enjinkap word volgende aangeheg, gevolg deur die verkoelerkappies.

CABs and bonnets are mounted on the tractors during 'the marriage'.

Die kajuite en enjinkappe word tydens die ‘huweliksfase’ op die trekkers gemonteer.

By die volgende stasie ontvang die trekker sy diesel, hidrouliese olie en verkoelingswater. ՚n Reeks toetse word uitgevoer om te verseker dat die rigtingwysers en kopligte korrek funksioneer en dat die ruitveër werk.

Die stuurstelsel en elektronika word dan nagegaan. Nadat die sagteware af-gelaai is, word die verskillende elektro-niese funksies van die trekker getoets. Die aste word ingestel en nagegaan. Die nuwe trekker moet meer as hon-derd toetse slaag voordat dit toegelaat word om die fabriek te verlaat.

Tydens montering gaan die trek-ker deur sewe gehaltebeheerpunte, insluitend die transmissie, hidrouliese en elektriese stelsels. Sodra die trek-ker al die toetse slaag, word dit na die volgende monteerfase gestuur.

As ՚n fout of opgespoor word, word die trekker na die herwerkingsafdeling geneem om herstel te word en weer deur spesiaal opgeleide personeel nagegaan te word. Die volgende stap is een van die be-langrikste: Die pas van die wiele. Dit is ՚n presisieproses, met lasergeleide elek-triese vurkhysers wat die wiele reguit na die trekker vervoer. Daarna word die wiele met groot wielboute vasgemaak.

Nou kan die trekker vir die eerste keer met sy eie krag beweeg. ՚n Rol-toetstuig word gebruik om te wys wat dit vir die eerste keer kan doen en of al die werk aan die trekker behoorlik gedoen is. Die trekker kry die groenlig nadat die enjin en remfunksies getoets is. Die trekker is nou voltooi en gereed vir die finale stasie.

Werkstasies en prosesse om veiligheid en gehalte te verseker

Alle werkstasies en prosesse is wêreld-klas, met kliëntfokuselemente wat deurlopend toegepas word vir algehele produksie en montering met ՚n spesi-ale fokus op gehalte waarvoor Fendt wêreldbekend is. Fendt meet sy produksie met die nuutste geslag verwerkingsentrums en hoëtegnologie CNC-masjiene, inslui-tend lasersnymasjiene.

Met die jongste, mees gevorderde Met die jongste, mees gevorderde. In Asbach-Bäumenheim begin produksie met grondstowwe wat in die vorm van buise, profiele en metaalplate aan die fabriek gelewer word. Die enkelstukproduksiestelsel is gegrond op die nuutste tegnologie en hoëtegnologiestelsels soos platbed- of vyfaslasers vir uitsonderlike gehalte en unieke ontwerp.

Die kajuit en die enjinkapkompo-nente word tydens die eerste stap pre-sies afgewerk, met ingewikkelde kon-toere wat met ՚n 2D lasersnystelsel uit die onverwerkte plate gesny word. Die kenmerkende en unieke vorm van die Fendt-trekkers, hoofsaaklik die kajuit en kap, word gemaak met 3D-snywerk in ultra-moderne lasersentrums. Die mees gevorderde sweistegnolo-gie en -prosesse word gebruik, soos vernuwende sweisrobotte. Met hier-die moderne prosesse en metodes vervaardig Fendt unieke kajuite soos die VisioPlus met sy geboë voorvenster vir die nuwe 700 Vario-reeks.

Die wielsamestelling is ՚n tegniese hoogtepunt. Die wiele word in die volg-orde van produksie gelewer. Lasergeleide elektriese vurkhysers tel die wiele op en ry dit outomaties na waar dit nodig is. Hier word die trekkerraam met tot 600 mm verhoog vir ergonomiese, semi-outomatiese wielsamestelling.

Wat beteken dit vir die Suid-Afrikaanse boer?

Fendt is aan voorpunt van tegnologie en gehalte om geweldige waarde tot Suid-Afrikaanse boere toe te voeg met uiters ekonomiese brandstofverbruik en wêreldleidende tegnologie. Verdere waarde word toegevoeg deur Fendt se geskiktheid vir presisieplant, -strooi en -spuit, alles tesame met ՚n ry- en operateurservaring wat geen mededinger kan nadoen nie. Dit begin alles waar die trekkers ontwerp en vervaardig word. Dit is waarom Fendt soveel geld, tyd en vaar-digheidsontwikkeling belê om te verse-ker dat wanneer ՚n klant ՚n Fendt koop, dit aan sy verwagte standaarde in terme van gehalte en gemoedsrus voldoen.

Read the English version

The Article was featured on:

About Fendt

Fendt is the leading hi-tech brand within the AGCO Corporation for customers who demand nothing but the best quality from machines and services. Fendt tractors and harvesting machines work around the globe, both on professional farms and in non-agricultural applications. Customers benefit from innovative technology to improve performance, efficiency and profitability. Using resource-friendly solutions from Fendt helps farmers and contractors worldwide to work in a sustainable way.

At its German sites in Marktoberdorf, Asbach-Bäumenheim, Hohenmölsen, Feucht, Waldstetten and Wolfenbüttel, AGCO employs around 6 000 people in the areas of Research & Development and Sales & Marketing as well as Production, Service and Administration.

www.fendt.com/zawww.fendt.tvwww.facebook.com/fendtSouthAfricawww.youtube.com/FendtTVwww.instagram.com/fendt.global

About AGCO

AGCO (NYSE:AGCO) is a global leader in the design, manufacture and distribution of agricultural machinery and precision ag technology. AGCO delivers customer value through its differentiated brand portfolio including core brands like Challenger®, Fendt®, GSI®, Massey Ferguson® and Valtra®. Powered by Fuse® smart farming solutions, AGCO’s full line of equipment and services helps farmers sustainably feed our world. Founded in 1990 and headquartered in Duluth, Georgia, USA, AGCO had net sales of $9.1 billion in 2020. For more information, visit www.AGCOcorp.com

For company news, information and events, please follow us on Twitter: @AGCOCorp. For financial news on Twitter, please follow the hashtag #AGCOIR.

AGCO Africa Contact
Robert Keir
Brand Marketing Communications Specialist
082 349 7441
Robert.Keir@agcocorp.com
www.agcocorp.com