In die hartjie van Mpumalanga, net buite Lydenburg op die plaas Enkeldoorn, dreun die AGCO power enjin van die Massey Ferguson 7620. Dit is die mees onlangse toevoeging op Jaco Coetser se plaas, maar voor dit was daar vele ander MF trekkers wat diep spore in sy boerdery getrap het.

Jaco Coetser.
Jaco is gebore en getoë in die Badfontein-omgewing waar sy pa saam met sy oupa geboer het. “Ek het grootgeword met die MF 188 en die 290’s daai jare,” onthou hy. “Ons het ‘n klomp van hulle op die plaas gehad. Ons het om daardie stadium drie-skaarploegies met hulle getrek.”
Toe die Braam Rubenheimerdam (vandag die Kwenadam) gebou is die vroeë 1980’s, het die staat ‘n stuk van die plaas in Badfontein uitgekoop en toe het Jaco se oupa, Giel, Enkeldoorn gekoop. Sy oupa is oorlede in 1996, en sy pa in 1997, en dit is hoe die plaas in sy hande beland het.
“Die boerdery het baie verander vandat ek by my oupa oorgeneem het,” verduidelik Jaco. “Toe ek oorgeneem het was dit meestal droëland saaiery en beeste. Ek het intussen besproeiing bygebring vir koring in die winter.”
Lydenburg se omgewing is baie bergagtig en dit maak dat boere dikwels veelvoudige klein landerye het om te bewerk. “Ons het nie groot lande soos in die Vrystaat nie, so ons het kleiner lande waar die kleiner trekkers beter in pas.
In daardie distrik is daar ook hoofsaaklik kleiner boere wat ongeveer so 200 tot 300 hektaar bewerk. Jaco is egter geseënd om op bykans 1000 hektaar te boer.
Massey Ferguson van toeka tot nou
“Toe ek op die plaas aangekom het in 1997 was daar darem ‘n MF 2720 gewees wat ek saam met die MF188 geërf het, en so het ons maar opgegradeer. Eers van die MF 650, toe die MF 680 en later die MF 6495. Nou trek ons al by die 7000-reeks. Die kleintjies het seker die grotes gekoop,” glimlag hy.

Sleep, ploeg en plant, die MF 7620 werk hard en getrou op Enkeldoorn.
Jaco vertel dat die klein trekkers baie prakties in ons omgewing. “Jy kan dit gebruik om rond te ry op die plaas, beeste toe te gaan, baler te trek. Die grotes gebruik ons meestal vir grondvoorbereiding en om die geenbewerking-planters te trek.”
Daar is verskeie redes waarom Jaco steeds op die Massey Ferguson naam vertrou soveel jaar later. “Eerstens, die diesel verbruik is baie goed,” noem hy. “Dan, die tegnologie wat die vervaardiger gereeld in hulle werktuie byvoeg, en laastens die betroubaarheid van die masjiene.”
“Die groot modelle op die plaas is veral betroubaar – daar is geen moeilikheid nie en geen brekasies nie. Jou staantyd is baie minder.”
Groot spore op Enkeldoorn saam met Lybasol
Elke trekker op Jaco se plaas was gekoop van die Massey Ferguson handelstak, Lybasol, in Lydenburg.

Oor die jare is daar al baie trekkers toegevoeg tot die Coetser-boerdery – almal Massey Ferguson. Links staan die MF 650, en regs pronk die MF 6495.
“My oupa het glo tussen 1978 en 1981 die MF 188 by die handelaar op die dorp gekoop. Dit het al hard gewerk met die drie-skaarploeg trek, maar nou trek dit hoofsaaklik die voermenger of die bossiekapper.”
Volgens Jaco is sy verhouding met die handelaar eintlik nes familie. “Ek onthou hoe ek as kind saam met my oupa en pa daar was en ek het eintlik grootgeword agter in die store en tussen die Lybasol rakke. Francois Potgieter is so twee na drie keer ‘n week by my om ‘n koffie te drink en na die trekkers te kyk.
“As jy ‘n Massey Ferguson koop by Lybasol kry jy betroubaarheid, goeie diens en hulle is gereeld op die plaas – hulle trap eintlik jou drumpel deur!” terg hy.
“Jy kan net die foon optel en enige tyd kry jy hulp, al is dit na ure. Hulle sluit die winkel oop, kry die onderdele en bring dit na jou. Dis wonderlik om hulle as ‘n handelaar te hê,” beaam Jaco.
<iframe width=”560″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/Av4-CQ67pL4?si=rJMd28v8i0ZfgNgo” title=”YouTube video player” frameborder=”0″ allow=”accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share” referrerpolicy=”strict-origin-when-cross-origin” allowfullscreen></iframe>
Tot jou diens vir meer as 60 jaar
Francois is die besturende direkteur by Lybasol. Hy stap al hierdie pad saam met die Coetser-familie vir baie jare. “Ek het self gesien hoe oom Giel nog daardie tyd geploeg het met drie-skaarploeë met die MF 188 en later die MF 290s. Ek het gesien hoe ‘n MF gehelp het om hierdie plaas asook van die ander gronde wat hulle ook het mak te maak, op die been te bring en vooruit te gaan om uiteindelik vir Jaco die suksesvolle boer te maak wat hy vandag is,” getuig Francois.

Eintlik soos familie. Francois Potgieter, besturende direkteur van Lybasol, draai gereeld by Enkeldoorn in om by Jaco Coetser en sy trekkers te kuier.
“My gevoel is dat MF boerdery in Suid-Afrika op die been gebring en gevestig het, reken hy. “Dit het my ‘n geleentheid gebied om my besigheid te bou, vir my gesin te sorg en daarvoor is ek ewig dankbaar.
Lybasol het gedurende die vroeë sestigerjare die Massey Ferguson agentskap verkry. Dit maak hulle een van die oudste MF-handelaars in Suid-Afrika.
Francois rig reguit sy mening oor die handelaar se benadering tot diens. “Kyk, Lybasol probeer nie om altyd die goedkoopste te wees nie, want dis nie moontlik nie. Tog, ons sterkpunte al die jare was ons onderdele gewees.” Hy bieg verder dat sy benadering dalk onkonvensioneel mag wees. “Ons hou eintlik uit ‘n besigheid-oogpunt te veel onderdele aan. Maar ons hou daarvan dat ons vir ‘n boer wat hier instap kan gee wat hy nodig het.
“Sou ons vir die een of ander rede nie iets beskikbaar hê nie, sal ons dit so gou as moontlik in die hande kry.” Dit is die sterk punt waarop Lybasol oor die jare gekonsentreer het. “Ons weet die boerdery moet aan die gang gehou kan word,” voeg hy by.
Van die handelsnaam vertel Jaco die volgende: “Ek dink MF sal altyd op die plaas wees. Hulle bring elke jaar nuwe tegnologie en verwikkelinge uit. Massey Ferguson is die voorpunt van tegnologie en ek dink my seun, Jerrie, sal ook aangaan met Massey Fergusons op die plaas,” droom hy oor die toekoms.

Tussen die berge en dale van Mpumalanga lê Enkeldoorn se landerye.
Spoor jou naaste Massey Ferguson handelaar op deur die webtuiste te
besoek by www.mflybasol.co.za of www.masseyferguson.co.za