Niks kan ՚n boer keer nie. Die ys-koue Stroperresies 2024 het weer bewys dat daar nie een ding is wat boere kan weghou van die opwinding en afwagting vir die langverwagte dag om te sien watter stroper koning gaan kraai nie. AGCO se 8T Fendt-stroper het nie teruggehou nie en het derde plek in die Klas 8-afdeling van die resies behaal. Die Fendt-stroper is ontwikkel in die globale AGCO “centres of excellence” in oestegnologie. Met die insette van talle boere regoor die wêreld, het AGCO die stroper ontwikkel wat hom vandag een van die mees moderne en gevorderde stropers op die mark maak.

Tevredenheid met die Fendt-stroper straal uit Frans Cronjé, die Fendt-verkoopsman in Suid-Afrika, se gesig.

Frans Cronjé, trotse verkoops-verteenwoordiger van AGCO Suid-Afrika.

Frans Cronjé, trotse verkoops-verteenwoordiger van AGCO Suid-Afrika.

Die stroper lewer meer uitset, beter prestasie en is gebruikersvriendelik. Die 180 grade panoramiese sig vanuit die Fendt se kajuit skep die perfekte werksplek met ՚n vensteroppervlakte van 5,75 m², en langbeenbestuurders kan ՚n gemaklike sitplek geniet met die lang ure in die lande.

Stuur is kinderspeletjies
Om stremming op die operateur se skouers uit te skakel, het die Fendt in plaas van ՚n stuurwiel ՚n stuurstok op die linkerarmleuning. Die linkerhand stuur terwyl die regterhand die spoed beheer. Die Fendt-ratkas bied twee ratte met ‘n spoedreeks van 0 tot 15 km/u of 0 tot 40 km/u. Groot skerms en kameras reg rond-om die stroper sorg dat die operateur deurgaans weet wat in en om die stroper aan die gang is.

Die kragtige swart Fendt 8T-stroper met sy rusperbande om enige land baas te raak.

Die kragtige swart Fendt 8T-stroper met sy rusperbande om enige land baas te raak.

AGCO Power- en MAN-enjins en bewese transmissietegnologie, maak die Fendt stroper toegerus vir enige operasie. Maklike werking, doeltreffendheid, betroubaarheid en genoeg krag is sleutelkenmerke van die Fendt. Die stroper het ՚n 12,4 ℓ enjin wat 401 kW lewer om die taaiste taak baas te raak, maar uiters suinig met die brandstof werk.
Die unieke eienskappe van hierdie pragtige, sterk, swart stroper het dit maklik laat lyk om deur die lande te beweeg en dit verg geen oortuiging dat dit die moeite werd is om in hom te belê nie. Hierdie stroper verkoop homself!