Die afgelope paar jaar het AGCO Fendt se produkte in die Noorde van die land presteer, maar nou vertel Frans Cronjé, verkoopbestuurder vir AGCO Fendt Suid-Afrika, dat hulle gereed is om die Wes-Kaap se boere ook te takel.

Tydens NAMPO Kaap het hulle vir die eerste keer hulle AGCO Fendt-produkte in die Wes-Kaap tentoongestel.

“Die groot vraag op almal se lippe … wat maak Fendt in die Wes-Kaap? Nou ja, ons is besig om uit te brei na die Wes-Kaap. Ons kyk na geleenthede in die Wes-Kaap en ons wil graag ‘n handelaarnetwerk in die Wes-Kaap vestig,” sê Frans.

By NAMPO Kaap het hulle ‘n paar van hulle kom wys en die Wes-Kaap se boere was beïndruk.

Boordtrekkers

Van die kleinste trekkers wat AGCO vertoon het, was hulle Fendt 209 V Vario-boordtrekker. Die trekker is maar 900 mm wyd, maar in daardie skraal trekker skuil ‘n kragtige 63 kW. Dit is ‘n hoëspesifikasietrekker en het al die voordele van die Fendt 1050, net op ‘n kleiner skaal.

“Nog gesogte eienskappe van die trekker is sy lae-omwentelingenjin, regstreekse kragaftakkeraandrywing en genoeg hidroulika om allerhande boomskudders en strooiers en snaakse goed te kan koppel,” verduidelik Frans.

Die boordtrekker is die nouste trekker beskikbaar en is spesifiek vir wingerdboere ontwikkel.

These all-day everyday machines are fitted with durable powerful Simpson engine

Fendt Boordtrekkers

Fendt 720 Vario Gen 7

Volgens Frans is hierdie Fendt 700 gen 7 trekker geskik vir enige werk. Dit is veelsydig en sy 150 kW trekkers werk uitstekend vir take soos aartappels spuit en kunsmis strooi.

“Dit het ‘n lekker hidrouliese vloei met ‘n driepunthyser wat swaar werktuie maklik hanteer,” sê Frans.

Fendt 936 Vario Gen 6

Die Fendt 936 Vario Gen 6 is ‘n 268 kW-trekker met ‘n hidrouliese vloei van 430 liter per minuut. Dit is genoeg om enige werktuig te hanteer en hy het ook die Vario Drivestelsel wat ook in die 1050 voorkom en wat werk met hom ‘n loutere plesier maak. Dit is ‘n kragtige, kort, kompakte trekker wat sy krag 100% doeltreffend na die grond oordra.

“Hierdie trekker is perfek vir grondbewerking en die tipe aanwendings wat gewild is in die Wes-Kaap,” verduidelik Frans.

Fendt 1050 Vario

Vir die boere wat opsoek is na iets groter en sterker, bied Fendt die 1050 Vario-trekker. Hierdie 380 kW-trekker is die wêreld se grootste vasteraamtrekker. Die Vario Drive verwys na die trekker wat kan bepaal watter wiele in watter stadium die meeste krag nodig het en dit dan aan daardie wiele voorsien.

Die 1050 Vario is ook ‘n kort trekker met ‘n baie klein draaisirkel.

“Die is die ouboet – as jy regtig wil grondwerk doen of wye planters sleep, is dit jou antwoord,” voeg Frans laggend by.

Fendt bied ook fabriekswaarborg van 5 jaar of 5 000 uur op hulle trekkers

Fendt Ideal-Stroper

Frans is baie trots op die Fendt Ideal-stroper en noem dit sy ‘Black Beauty’.

Hy vertel dat die stroper reeds baie goed presteer in die res van die land en dat dit beloof om gewild te word in die Overberg, omdat dit die hellings lag-lag baasraak.

These all-day everyday machines are fitted with durable powerful Simpson engine

Fendt Idael-stroper Nampo Kaap 2024

Die stroper word vervaardig met ‘n parallelvlakstelsel om maklik en doetrefend teen hellings van 16° te stroop.

“Wanneer jy nie toelaat vir die hellings nie, skuif al jou graan na die een kant van die sif toe, en dan het jy ‘n vermorsing op jou sif. Hierdie stroper hou dit parallel dat jy nie die vermorsing het nie,” verduidelik Frans.

Fendt is reg om die Wes-Kaap se boere te dien met werktuie wat gemaak is vir hulle boerdery-omstandighede. Indien jy meer te wete wil kom oor enige van hierdie werktuie, besoek gerus hulle webtuiste by  www.fendt.com