Johannesburg, Suid Afrika, 22 April 2021: Met groot opgewondenheid kondig AGCO, Jou Landbou Maatskappy, die eerste groep Fendt-handelaars aan wat versprei is oor die landbou-landskap van Suid-Afrika. Voorstelle van handelaars het begin inkom kort nadat ‘n belangstellings kennisgewing in Oktober 2020 gepubliseer is. Beleggers met ‘n waardering vir ingenieurswese, die implementering van innovasie en diensleierskap van die Fendt-handelsmerk is genooi is om deel te neem aan die opname. Dit was ‘n noodsaaklike fase in AGCO se Nuwe toekoms-strategie om nader aan klante in die streek te kom.

Die seleksie-kriteria vir AGCO se Fendt-handelaarskandidate is gebaseer op ‘n wêreldwye Fendt-standaard wat weier strek as die kapitaalbelegging in die bakstene en mortel. Die voornemende landbou-onderneming moes bereid wees om die Fendt-handelsmerkbelofte van doeltreffendheid en toewyding na te kom.

Dit sal Suid-Afrikaanse boere die versekering gee dat hulle as Fendt-masjiene eienaars, na verkope gesteun sal word met dieselfde voortreflike produk kennis en opgeleide verkoops personeel as boere in enige ander streek in die wêreld waar Fendt verteenwoordig word.

AGCO Afrika se besturende direkteur, Dominik Reus, verduidelik: ‘Die AGCO-verspreidings- en verkoopspanne het die pad aangedurf om die sakegeleentheid aan belangstellendes te bied. Daar moes inspeksies van persele gedoen word terwyl die kandidate beoordeel word op hul vermoë om nuwe personeel aan te stel en om die infrastruktuur volgens die globale standaarde aan te bring.”

“Ons werk as AGCO is nog lank nie verby nie. Nou begin die opleiding in produkte kennis en naverkope,” voeg Kershni Maharaj, Hoof van strategie en verspreiding, AGCO Afrika, by. “Ons doen ook opvolg kwaliteits besoeke om die ontwerp van vertoonlokale te evalueer en te verifieer dat die werkswinkels toegerus is met die nodige Fendt spesifieke toerusting. Daar word ook seker gemaak dat ons nuwe Fendt-handelaars via ‘n digitale bemarkingstelsel suksesvol kan kommunikeer met potensiële klante.”

Agt voorstelle van die handelaars het uitgestaan en dit is geen verrassing dat dit van landbou-ondernemers was wat reeds deel is van die AGCO-familie nie. Dit bewys beslis die vertroue van ons huidgie handelaars in AGCO Afrika se nuwe kliëntgerigte strategie.

Die nuwe Fendt-handelaars in Suid-Afrika:

  • BHBW – Bothaville, Vrystaat
  • BHBW – Hoopstad, Vrystaat
  • Drakensberg Agricultural Services (DAS) – Winterton, Kwa-Zulu Natal
  • JWL Landbou – Ermelo, Mpumalanga
  • JWL Landbou – Standerton, Mpumalanga
  • Tradestuff – Hartebeesfontein, Noordwes
  • OVK – Bethlehem, Vrystaat
  • Valtrac – Parys, Vrystaat (dink nie hulle sal dieselfde naam gebruik nie)

As die ontwerper, vervaardiger en verspreider van die wêreld se doeltreffendste handelsmerk vir landboumasjinerie, Fendt, is AGCO ‘n trotse en toegewyde vennoot vir ons nuwe handelaars. Ons sal voortgaan om te belê in die groei van die handelsmerk deur toegewyde Fendt verkoop- en naverkoopspesialiste te werf, en ondersteuning te bied aan Afrika se eerste Fendt-handelaars gedurende hul reis as deel van ons gesin.


OOR AGCO:

AGCO (NYSE: AGCO) is ‘n wêreldleier in die ontwerp, vervaardiging en verspreiding van landbou-oplossings en lewer top tegnologie-oplossings vir boere wat die wêreld voed deur middel van sy volledige reeks toerusting en verwante dienste. AGCO-produkte word verkoop deur vyf kernhandelsmerke, Challenger®, Fendt®, GSI®, Massey Ferguson® en Valtra®, en word ondersteun deur Fuse® slim boerdery-oplossings. AGCO is in 1990 gestig en het sy hoofkwartier in Duluth, Georgia, VSA. Die netto verkope was $ 9,1 miljard in 2020. Besoek http;//www.AGCOcorp.com vir meer inligting. Volg on op Twitter: @AGCOCorp vir nuus, inligting oor en gebeure by die maatskappy. Volgs die hutsmerk #AGCOIR op Twitter vir finansiële nuus.

OOR FENDT

Fendt is die toonaangewende tegnologie leiers binne die AGCO Korporasie vir klante wat niks minder as die beste gehalte van masjiene en dienste benodig nie. Fendt-trekkers en oesmasjiene werk regoor die wêreld, op professionele plase sowel as in nie-landbou toepassings. Kliënte trek voordeel uit innoverende tegnologie om prestasie, doeltreffendheid en winsgewendheid te verbeter. Die gebruik van hulpbronvriendelike oplossings van Fendt help boere en kontrakteurs wêreldwyd om volhoubaar te werk.

Op sy Duitse aanlegte in Marktoberdorf, Asbach-Bäumenheim, Hohenmölsen, Feucht, Waldstetten en Wolfenbüttel, werk ongeveer AGCO 6000 werknemers op die gebied van navorsing en ontwikkeling, verkope en bemarking, sowel as produksie, diens en administrasie.