Om ՚n vroulike boer te wees was nooit vir Tharina Terblanche moeilik nie; dalk omdat sy die enigste dogter van vyf kinders was en heeltyd tussen pa en broers geboer het.
Tharina boer tussen Parys en Sasolburg in die Vrystaat.
Sy het aan Hoërskool Heilbron gematrikuleer, waarna sy B Com Bemarking en Ekonomie in Pretoria gaan studeer het. Nadat sy die graad behaal het, is sy terug plaas toe. Daarvandaan het sy vir sewe maande by ՚n kunsrubberfabriek op Sasolburg gewerk en Kerneels Terblanche getrou. Hulle het een seun gehad, Lewies, maar hy is oorlede. Tharina het drie kleinkinders waarvan die oudste een, ook Kerneels, reeds by die boerdery betrokke is. Sy kinders gaan nog skool, maar sien uit om ook op die plaas te kom werk.
Tans boer Tharina met mielies en sojabone beurtelings, asook beeste en lêhenne.
“Ek het in 1987– vrou alleen – begin boer op 1 200 ha en nou is dit aansienlik meer, veral die bewerkbare grond,” verduidelik Tharina, beter bekend as die AGCO-dame. Haar pad het haar tot by AGCO se deur gebring omdat sy doeltreffende, betroubare werktuie nodig gehad het om haar boerdery produktief én winsgewend te maak.
Sy het in 1991 ook ՚n leerlooiery begin saam met haar broer Edwin, en het haar aandeel na 20 jaar aan hom verkoop. Die looiery het baie deure oopgemaak vir Tharina en het haar in staat gestel om oorsee te reis en in verskeie lande die leer te gaan bemark.
Vrouwees en Vrouemaand

Tharina Terblanche
“As jy ’n vrou is wat boer, beteken nie jy moet grof wees en dit wat jou as ՚n vrou spesiaal maak verloor nie — jy kan beide boer en ՚n dame wees,” glo Tharina. “Daar is goed wat ek besef makliker is vir ՚n man, soos om byvoorbeeld sakke mielies rond te dra, maar daar is nie ՚n werk op die plaas wat ek nie ook kan doen nie … behalwe miskien ՚n enjin opdoen en eiers lê,” skerts sy.
Wat volgens Tharina vroue so spesiaal maak, is die sagte benadering waarmee hulle kommunikeer. Dit laat hulle toe om goeie leiding te gee aan die mense wat saam met haar boer.
“Vrouedag is ՚n dag om dankbaar te wees vir soveel dinge. Vroue word nou uiteindelik raakgesien – veral in ՚n bedryf wat gewoonlik deur mans oorheers word. Gedurende hierdie dag word sowel mans as vroue bewus gemaak van vroueregte. Ek sien ook graag dit as ՚n Christelike dag. Ek sal graag op my knieë buig en vir ons Skepper dankie sê vir so ՚n dag,” verduidelik sy hoe spesiaal Vrouedag vir haar is.
Sy vertel ook dat daar vandag meer ruimte vir vrouens is om met mans mee te ding. Maar ՚n vrou is nie daar om ՚n man se plek in te neem nie, veral nie in ՚n Christelike huis nie. “Daar moet altyd wedersydse respek bestaan tussen man en vrou, maar die man bly die hoof van die huis”.
Tharina word gedoop as die AGCO-dame

Tharina Terblanche
Tharina glo dat boerdery nie ՚n vrou se delikaatheid – en liefde vir lang naels – moet afbreek nie. “As jong vrou het ek dikwels alleen die lande bewerk en dan breek my trekker. Ek hou nie van sukkel met ghries onder my naels nie, daarom het ek besluit ek het goeie trekkers nodig wat nie sommer sal breek nie. Toe vra ek my broer wat die betroubaarste trekker is. Sy antwoord was ՚n Fendt.”
Die eerste trekkers wat sy aangeskaf het was Valtra’s wat sy in Brasilië raakgeloop het. Negentien Valtra’s is toe afgelewer wat steeds hard werk op haar en haar broer se plaas.
Daarna het sy ook ՚n 1050 Fendt ingevoer – die tweede persoon om dit in Suid-Afrika te doen.
Sy het mees onlangs vyf GSI silo’s opgerig omdat daar tydens strooptyd altyd gestaan en wag moes word vir trokke, en die bergingsgeriewe was te min. Dit het natuurlik gemaak dat dit langer neem om klaar te stroop. Die silo’s bied altesaam bergingsruimte van 19 000 ton.
Saam met die 2004-model Valtra’s het sy ook verskeie Massey Ferguson-trekkers, Fendt-trekkers, Challenger-stropers en -trekkers, asook Fendt IDEAL 7- en 8-stropers.
Met so groot versameling AGCO-handelsname onder een dak, was dit vanselfsprekend dat Martin Richenhagen, oudpresident van AGCO, by Tharina Boerdery kom kuier het tydens sy besoek aan Suid-Afrika. Dit was ongeveer vier jaar gelede. “Ek onthou dit nog goed,” vertel sy. “Ons was besig met sojabone stroop – die Challenger aan die een kant en die trekker langs hom. Ek het hom die brandstofverbruik van die Fendt-trekkers gewys en hy het aanbeveel dat dit nóg beter sou wees met super-enkelbande. Hy het toe ook vir my sulke bande persent gegee.”
Tharina het ook ՚n geleentheid by AGCO se Suid-Afrikaanse hoofkantoor bygewoon en was verwonderd oor hoe hy gepraat het. “Ek het groot respek vir hom,” voeg sy by. “Na die tyd het ek gehoor hy noem my die AGCO-dame.”
Vroue in landbou vat hande

Bronwyn Cilliers
Daar is ook ander vroue in landbou, soos Bronwyn Cilliers wat nou saam met Tharina werk. Sy is die Algemene bestuurder van Valtrac in Parys waar Tharina gereeld aanklop wanneer sy werktuie benodig om haar boerdery glad te laat verloop. Dit is ook by haar besigheid waardeur Tharina haar IDEAL 7 en 8 aangeskaf het.
Bronwyn het grootgeword op ՚n melkplaas. “As jy die dogter van ՚n boer is en jy wil tyd saam met jou pa spandeer, dan is jy saam met die diere en implemente,” vertel sy. “Ek het meganiese ingeneurswese gaan studeer na skool, maar toe ek met my eie gesin begin, het ek verlang na landbou.”
“Dit is die waardes wat in die landboubedryf saam loop wat ek in my lewe wou terug bring; die gemeensaamheid en die manier van besigheid doen.” Selfs na ՚n dekade in die bedryf is sy nie ՚n oomblik spyt nie. “Landbou, veral die meganiese deel daarvan, is nie sonder uitdagings nie. Maar as jy passievol is oor die bedryf, leer soveel as wat jy kan. As jy nie weet waarvan jy praat nie, bly stil of vra vrae totdat jy beter verstaan,” sê sy. Haar raad aan vrouens wie graag in landbou wil werk is om hulself met kennis toe te rus. “As jy nie kan bekostig om universiteit toe te gaan nie, doen jou eie navorsing,” sluit sy af.
Vir meer inligting oor Fendt IDEAL-stropers, kontak gerus vir Bronwyn Cilliers by 082-806-1482 of bronwyn@valtrac.co.za of gaan kyk self by jou naaste vriendelike, behulpsame handelaar. In die Sasolburg-omgewing is Valtrac die handelaar. Webtuiste: www.valtrac.co.za
About Fendt
Fendt is the leading hi-tech brand within the AGCO Corporation for customers who demand nothing but the best quality from machines and services. Fendt tractors and harvesting machines work around the globe, both on professional farms and in non-agricultural applications. Customers benefit from innovative technology to improve performance, efficiency and profitability. Using resource-friendly solutions from Fendt helps farmers and contractors worldwide to work in a sustainable way.
At its German sites in Marktoberdorf, Asbach-Bäumenheim, Hohenmölsen, Feucht, Waldstetten and Wolfenbüttel, AGCO employs around 6 000 people in the areas of Research & Development and Sales & Marketing as well as Production, Service and Administration.
www.fendt.com/za, www.fendt.tv, www.facebook.com/fendtSouthAfrica, www.youtube.com/FendtTV, www.instagram.com/fendt.global
About AGCO
AGCO (NYSE:AGCO) is a global leader in the design, manufacture and distribution of agricultural machinery and precision ag technology. AGCO delivers customer value through its differentiated brand portfolio including core brands like Challenger®, Fendt®, GSI®, Massey Ferguson® and Valtra®. Powered by Fuse® smart farming solutions, AGCO’s full line of equipment and services helps farmers sustainably feed our world. Founded in 1990 and headquartered in Duluth, Georgia, USA, AGCO had net sales of $9.1 billion in 2020. For more information, visit www.AGCOcorp.com
For company news, information and events, please follow us on Twitter: @AGCOCorp. For financial news on Twitter, please follow the hashtag #AGCOIR.
AGCO Africa Contact
Robert Keir
Brand Marketing Communications Specialist
082 349 7441
Robert.Keir@agcocorp.com
www.agcocorp.com