Massey Ferguson se trekker-en-werktuig-pasmaats het oor die jare diep spore getrap in boerderye regoor Suid-Afrika. By die onlangse balerwedstyd by Parys en die Balfour Hooidag is weer bewys dat Massey Ferguson die boer eerste stel deur te dink aan sy gerief, sy werksverrigting en sy beursie. Veeboere kan ook die voordeel geniet van doeltreffende tegnologie wat styl en gemak balanseer – binne ՚n bekostigbare prysklas!

“Vir Massey Ferguson gaan dit oor die oorspronklike trekker,” sê Ryan Clark, AGCO se laeperdekragprodukbestuurder vir Afrika. “MF was die ontwerper van die moderne trekker. Vanaf die drie-punt-ontwerp, tot vierwielaandrywing en selfaangedrewe stropers, die handelsnaam bly op die voorpunt van tegnologie. Ons streef altyd daarna om tegnologieleiers te wees deur aan te hou ontwikkel en groei.

“Ons kyk hoe ons boere se lewe vir hulle makliker kan maak, sodat hulle ook op die ou end meer geld in hulle sakke kan steek.” Dit is juis die grondslag van die MF Global-reeks trekkers. Die reeks bestaan uit verskeie veelsydige trekkers van verskillende groottes wat by uitstek geskik is vir laai-, sleep- en baalwerk.

Tydens die balerwedstryd het die MF 4708-kajuittrekker gewys presies waarom hierdie laeperdekragtrekker onontbeerlik is. Dit vorm ՚n uitstekende span saam met die baaltoedraaier.

Goeie spanwerk met MF sebaaltoedraaier

Nardu Schutte vertel hoe die MF 1840 blokbaler se unieke sentrale inlynontwerp baalwerk maklik maak.

Nardu Schutte vertel hoe die MF 1840 blokbaler se unieke sentrale inlynontwerp baalwerk maklik maak.

“Nie net is Massey Ferguson die oudste trekkervervaardiger ter wêreld nie, ons bied ook nou ՚n volledige reeks hooitoerusting aan wat elke boerdery kan pas,” verduidelik Nardu Schutte, AGCO se produkbestuurder vir hooitoerusting. “Dit bestaan uit snyers, harke, deurlugters en ՚n versameling balers.”

Die balers sluit in kleinblokbalers, groot rondebalers (vastekamer- en veranderlikekamerbalers) en grootpakblokbalers. “Die baaltoedraaiers sluit mooi aan by die rondebalers, veral as jy kuilvoer wil maak,” noem Nardu. Daar is twee baaltoedraaiers beskikbaar: TW 130 en TW 160. Die TW 130 is die intreevlak, semi-outomatiese model met hidrouliese beheer wat maklik vanuit die kajuit bestuur word. Die model hanteer bale van 0,9 m tot 1,3 m deursnit wat tot 1 000 kg weeg.

Die TW 160 is vol outomaties. “Dit verskaf heeldag se moeitelose baaltoedraai-plesier,” sê Nardu. Die model kan bale van 0,9 m tot 1,6 m deursnee hanteer met ՚n maksimum gewig van 1 250 kg.

Waarde vir geld met die MF 1840 blokbaler

Massey Ferguson se 1840-kleinblokbaler bied ՚n unieke inlyn-ontwerp wat dit gesog maak onder boere regoor Afrika.

Massey Ferguson se 1840-kleinblokbaler bied ՚n unieke inlyn-ontwerp wat dit gesog maak onder boere regoor Afrika.

Die Massey Ferguson 1840-kleinblokbaler is volgens Nardu hulle trots. Die gesogte baler het aandag getrek regoor Afrika met sy unieke sentrale inlynontwerp. Die baler loop reg agter die trekker vir beter balans en minder grondvastrap, en die hooi word gladweg deurgetrek van die opteller voor tot die blok wat agter neergelaat word.

“Die hidrouliese baalkamer is ook een van die MF 1840 se kenmerke wat uitstaan omdat dit jou ՚n baie groot kapasiteit gee en dit gerieflik is om mee te werk,” sê Nardu.

Boonop bied hierdie model die breedste optelvermoë vir kleinblokkiebalers op die mark, naamlik 1,9 m. Die laeprofielopteller met stelwiele volg grondglooiings vir skoon optelwerk.

Spesiale aanbod op MF Global-trekkerreeks!

Die TW 160-baaltoedraaier agter die MF 4708-kajuittrekker tel die rondebaal netjies op en rol dit na sy toedraaiplatform.

Die TW 160-baaltoedraaier agter die MF 4708-kajuittrekker tel die rondebaal netjies op en rol dit na sy toedraaiplatform.

Massey Ferguson bied van begin Februarie af ՚n spesiale aanbod op die hele Global-trekkerreeks. Boere ontvang ՚n prima minus 5% afslag op op al die trekkers in die reeks.

“Ons is baie opgewonde oor hierdie nuwe afslag-aanbieding,” vertel Ryan. “Dit is net nog ՚n manier wat ons boere help om meer winsgewend te boer en uiteindelik daardie Massey Ferguson waaroor hy al jare droom aan te skaf.”

MF het ՚n uitgebreide handelaarsnetwerk van meer as 40 handelaars regoor Suid-Afrika wat gereed staan om boere te help om die regte trekker en werktuig vir elke taak te vind met al die naverkopediens en onderdele wat nodig mag wees.

This article was featured on:

This year Massey Ferguson, a worldwide brand of AGCO (NYSE:AGCO), is excited to announce a fresh look for its iconic Triple Triangle logo and its new ‘Born to Farm’ brand identity in celebration of its 175th anniversary. MF has offered farmers around the world straightforward and dependable machines since its inception. Few global brands can claim such a lasting impact in the agricultural industry.

In support of the farming community, Massey Ferguson has an extensive network of over 35 dealers covering the whole of South Africa, catering for parts, service, aftersales and new sales. Potential customers interested in the MF range can obtain all information from www.masseyferguson.co.za. Upon completing the contact form, potential customers will have the video, brochure and dealer contact details sent to their WhatsApp and email within 30 seconds.

About Massey Ferguson
Massey Ferguson has built up 175 years of global experience in manufacturing for the agricultural industry. It produces a full line of both high and low horsepower tractors, and has factories in China, Brazil, India, Europe, and North America. Massey Ferguson also has a wide range of implements and combine harvesters. It has an extensive and established dealer network in South Africa and an extensive distributor network in Africa.

About AGCO
AGCO (NYSE:AGCO) is a global leader in the design, manufacture and distribution of agricultural machinery and precision ag technology. AGCO delivers customer value through its differentiated brand portfolio including core brands like Challenger®, Fendt®, GSI®, Massey Ferguson®, Precision Planting® and Valtra®. Powered by Fuse® smart farming solutions, AGCO’s full line of equipment and services help farmers sustainably feed our world. Founded in 1990 and headquartered in Duluth, Georgia, USA, AGCO had net sales of approximately $11.1 billion in 2021. For more information, visit www.AGCOcorp.com. For company news, information, and events, please follow us on Twitter: @AGCOCorp. For financial news on Twitter, please follow the hashtag #AGCOIR.

AGCO Africa Contact
Robert Keir
Brand Marketing Communications Specialist
082 349 7441
Robert.Keir@agcocorp.com
www.agcocorp.com