Enige gesoute boer verstaan hierdie baie goed: Dit help nie jy koop ՚n Trekker van hoë gehalte, maar daar is nie agterna naverkope diens nie. Tradestuff in Noordwes verstaan dit ook en dit is wat sorg dat Tradestuff se getroue kliente altyd terugkom vir nuwe toerusting.

“Diens, diens, diens,” sê Rudi Barnard, eienaar en bestuurder van Tradestuff in Hartbeesfontein. Dit is die kern van hulle onderneming. Hy en sy vrou, Lindie, het die handelaarskap in 2005 begin nadat hulle albei hulle werk verloor het. So uit die hartseer is die goeie ook gebore en hulle het nog nie een dag teruggekyk nie. Hulle verskaf ՚n verskeidenheid landbouwerktuie, trekkers en ander los goedere. Tradestuff was van die begin af ՚n Massey Ferguson-handelaar, maar hulle het eers onlangs, in 2021, ook die Fendt-agentskap bygekry na ՚n streng keuringsproses.

Rudi sê dit is maklik om MF en Fendt te ondersteun, want hy ontvang al die nodige rugsteuning vanaf AGCO, die handelsname se moedermaatskappy. “Hetsy prysondersteuning of iets anders, die ouens bring hulle kant en dit maak dat ons daardie selfde onder-steuning aan ons boere kan gee.” As ՚n dankie-sê gebaar het Tradestuff ՚n spesiale geleentheid aangebied om hulle dankbaarheid aan hulle kliente te wys. Dit is op 15 Februarie by die handelaar se perseel gehou met ՚n vertoning deur Juanita du Plessis om die uitgesoekte genooides te vermaak en lekker kos om die aand pragtig af te rond.

“Ons het ongelooflike ondersteuning gekry van ons kliente die afgelope paar jaar, veral verlede jaar,” vertel hy. “So hierdie geleentheid is uitsluitlik om hulle te bedank.” ProAgri het tydens die dinee met vier van die boere gesels om te hoor wat vir hulle uitstaan met betrekking tot Tradestuff.

Rudi Barnard, eienaar van Tradestuff, en Koos Steyn, Boer van Ottosdal.

Rudi Barnard, eienaar van Tradestuff, en Koos Steyn, Boer van Ottosdal.

Koos Steyn van Johandri Trust boerdery, Ottosdal

Koos Steyn boer naby Ottosdal met mielies, sonneblom en vee. Sy Fendt-trekkers word hoofsaaklik vir grondbewerking gebruik, maar hy sê daar is niks wat die trekker eintlik nie doen nie. “Ons het Fendt- en Challenger-trekkers,” verduidelik hy. ”Die afgelope seisoen het ons ook ՚n paar MF-trekkers aangeskaf. Die tegnologie in die Fendt is baie goed en dit is lig op brandstof. Boonop kry ons verskriklike goeie diens by Tradestuff.”

Vir Koos is diensondersteuning van uiterse belang. “’n Trekker is net so goed soos sy naverkopediens,” noem hy. “Jy kan die beste produk hê, as jy hom nie kan regmaak nie, dan beteken dit vir jou niks nie.” Sy pad wat hy met Tradestuff loop is ook vir hom ՚n plesier. “Ons kry puik diens, enige dag of nag. Jy kan bel, hulle help jou en maak seker jou trekker loop.”

Louis Coetzee van Mushledow-Voerkraal, Koster

Louis-Coetzee-van-Mushlendow-Voerkrale-voel-bederf-met-die-gehalte-diens-wat-hy-by-Tradestuff-ontvang.

Louis-Coetzee-van-Mushlendow-Voerkrale-voel-bederf-met-die-gehalte-diens-wat-hy-by-Tradestuff-ontvang.

By Mushlendow-Voerkraal is Louis Coetzee trots op sy vloot Massey Ferguson’s. Die Voerkraal is die hoof-boerdery, maar daar is ook ՚n aanvullende saaigedeelte. Louis-hulle het verskeie MF-modelle: MF6485’s, ՚n MF6713 wat donkiewerk doen soos mis strooi, ՚n MF7614, ՚n MF7615 en selfs MF7720 S vir swaar voerkarre sleep voordat dit saaiery toe gaan. Daar is ook ՚n MF8737 vir plantwerk en ՚n MF8727 S vir kalkstrooi. Laastens is daar ook verskeie ouer modelle om te help met allerhande take op die plaas. “Aanvanklik het ek in die boerdery die Massey Ferguson’s geërf, maar met al die ure wat die trekkers per week werk, is die som om Massey’s aan te koop meer as die moeite werd,” verklaar hy. “Ons werk baie ure, so brandstof is ՚n groot jaarlikse uitgawe. Ons moet gebruik maak van die fabrikaat met die beste brandstofverbruik. Dit is hoe ons by die Massey’s geëindig het,” brei Louis uit.

“Wanneer ons ooit probleme ervaar het met enige trekkers was Tradestuff nog altyd bereid om na die tafel te kom en daarom is dit vir ons die moeite werd om by hulle ons trekkers te laat versien. Rudi-hulle onderhou dit elke 4 000 uur. Ek kan hom Sondagaand bel en sê ek het ՚n probleem met ՚n trekker en eer-ste ding Maandagoggend sorteer hulle dit uit,” getuig hy. “Indien hulle dit nie kan uitsorteer nie is daar rugsteuning van AGCO vir elke uitdaging.” Louis noem dat Tradestuff selfs toegewyd omsien na mense in die omliggende gebiede van Koster wat by hom tweedehandse trekkers gekoop het.

Eben Venter, die trotse eienaar van verskeie Fendt trekkers.

Eben Venter, die trotse eienaar van verskeie Fendt trekkers.

Eben Venter, Sannieshof

Eben het ՚n saaiboerdery waar sy Fendt-trekkers wat hy by Tradestuff aankoop handig te pas kom. “Ons stap al ՚n geruime tydjie ՚n pad saam met oom Rudi,” vertel hy. “Hulle dienslewering is uitstekend. Hulle kyk werklik na hulle mense. Jy kan verse-ker wees dit is nie ՚n kwessie van jy. koop die trekker en hulle vergeet van jou nie. Hulle is daar en gee altyd vir jou goeie raad oor hoe om die trekkers ten volle te benut.” Oor sy lojaliteit aan die handelsnaam antwoord hy bloot: “Dit is Fendt. Jy stap in ՚n familie van kundige mense in wat gereed is om jou te help.”

Danie en Carel Erasmus van Dawilka Boerdery, tussen Ottosdal en Delareyville

Massey Ferguson kom nou al ՚n lang pad met die Erasmus-gesin. Sedert Danie se pa begin boer het was die MF-handelsnaam deel van die boerdery, en nou vandat sy seun ook intensief betrokke is, leef die naam steeds voort. Daar is verskeie trekkers uit dié stal wat hulle saaiboerdery met sojabone, mielies en sonneblomme moontlik maak. Een van hierdie is die MF 8737 waarmee die geenbewerkingsplanter getrek word. Dan het hulle ook onlangs ՚n 530R-hoogloopspuit aangeskaf.

Danie en Carel Erasmus, pa en seun van Delareyville, skroom nie om op Tradestuff se knoppie te druk as daar ՚n probleem ontstaan nie – die span verseker dit is nie vir lank ՚n probleem nie.

Danie en Carel Erasmus, pa en seun van Delareyville, skroom nie om op Tradestuff se knoppie te druk as daar ՚n probleem ontstaan nie – die span verseker dit is nie vir lank ՚n probleem nie.

“Dit is ՚n familietradisie wat so met die jare kom. En alhoewel daar tussendeur ander fabrikate was wat ook goeie diens gelewer het, bly Massey Ferguson ՚n betroubare naam.” Danie prys die diens wat hy by Tradestuff ontvang. “Selfs al sou hulle nie ՚n onderdeel beskikbaar hê nie, maak hulle vir jou ՚n plan. Ons het dit self beleef toe ons ՚n splinternuwe spuit aanskaf waarvan die onderdele nog nie so vrylik beskikbaar was nie, toe ons teëspoed optel was die span gretig om te help.” In ՚n japtrap was Danie en Carel se probleem opgelos.

Spanwerk maak alles moontlik

Volgens Rudi is die sukses en goeie naam wat die handelaar oor die laaste twee dekades gebou het te danke aan die toegewyde personeellede. “Geen taak is te groot of te klein vir enige iemand nie,” lig hy uit.
Dit is ook danksy die harde werk en toewyding van die Tradestuff-span dat die aand so noukeurig beplan en suksesvol was. Terwyl gaste die vertoning geniet het was personeellede besig om die smullekker aandete voor te berei en voor te sit.
“Ons wil aan almal geluk sê met die afloop van hierdie seisoen en baie sterkte met die volgende een,” sluit Rudi af.

Click here to visit Tradestuff’s website.