Op die vlaktes van Roedtan in Limpopo, waar die grond wyd en die seisoene uitdagend is, bestuur Rudolph Botha saam met sy vennoot, CP Kloppers, ՚n gemengde boerdery onder die naam, J&L Construction.

Wat as ‘n saaiboerdery begin het, het vandag gegroei na ՚n gediversifiseerde onderneming met verskeie afdelings – van beeste, sitrus en bloubessies tot suikerbone en sorteerwerk in hulle eie fabriek.

Hulle staan egter nie stil by eie produksie nie. As ervare kontrakteurs lewer hulle ook stroop- en ander landbouwerk aan ՚n wye netwerk boere wat strek van die Bosveld tot teen die Botswana-grens en selfs oor die Hoëveld.

“Ons boer hier in die Springbokvlakte, tussen Naboomspruit en Roedtan,” verduidelik CP. “Dit is ՚n streek met ongelooflike grondpotensiaal, maar uitdagende klimaattoestande.” Met ‘n gemiddelde reënval van net 400 tot 450 mm per jaar en gereelde uiterste temperature, is hulpbronne soos water skaars – en die slim gebruik daarvan noodsaaklik.

Cornel Kloppers saam met sy pa, CP, in die boneland.

Cornel Kloppers saam met sy pa, CP, in die boneland.

Elke liter tel – veral in die suikerboonlande van Limpopo

Brandstof. Dit is een van die grootste kosteitems op enige boer se begroting – veral as jy in die hitte van die Laeveld suikerbone plant, bewerk én stroop, en boonop ook kontrakteurwerk doen vir ander boere. Elke liter brandstof wat bespaar word, is geld reguit terug in die boer se sak. En in ՚n seisoen waar pryse onvoorspelbaar is en elke besluit tel, soek boere na tegnologie wat hulle help om slimmer en meer kostedoeltreffend te boer.

Elke besluit het ‘n impak – veral wanneer jy in uitdagende omstandighede boer

Vir Rudolph en CP beteken dit dat daar nie plek is vir foute as dit by meganisasie kom nie. Suikerbone is ՚n gewas met min genade: as jy nie op die regte tyd stroop nie, spring hulle oop – en die verlies vir die boer is groot. Sekere kostes kan jy nie besnoei nie, soos water en kunsmis, maar jy kan slim kies wat jy in jou vloot sit.”

Die MF 5710 in aksie met die Colombo Double Master wat die bone stroop.

Die MF 5710 in aksie met die Colombo Double Master wat die bone stroop.

Brandstofverbruik, die tipe werktuie en hulle geskiktheid vir hulle spesifieke grondtoestande is vir hierdie boere sleutelbesluite wat hulle winsgewendheid regstreeks beïnvloed. Dit is juis hoekom hulle hulle keuse noukeurig gemaak het toe dit by trekkers kom en waarom hulle op Massey Ferguson vertrou om die werk reg te kry, sonder om hulle dieseltenks onnodig leeg te suig.

Massey in aksie – en die syfers vertel die storie Hoewel Rudolph en sy span oor ՚n vloot van verskillende soorte trekkers beskik, het hulle onlangs besluit om Massey Ferguson-trekkers ook op proef te stel – spesifiek met hulle suikerboonstroopkontrakte in gedagte. “JWL Landbou het voorgestel dat ons ulle Massey-trekkers ‘n slaggie in ons bedryf toets,” vertel CP. “En ek is regtig beïndruk met wat ek tot dusver beleef het.”

Hulle het drie MF 5710-trekkers aangeskaf en speel nou ՚n kernrol tydens die stroopseisoen. Hierdie trekkers is nie net betroubaar nie, maar hanteer die uitdagende terrain en lang ure met gemak – en dit is veral hulle brandstofdoeltreffendheid wat koppe laat draai. “Brandstof begin ՚n groot rol speel,” sê CP.

“Brandstof is een van ons grootste kostes op die plaas. As jy só begin spaar, maak dit vir jou moontlik om daardie geld weer terug in jou boerdery te belê – dalk ‘n nuwe werktuig of nog ‘n trekker. Oor drie, vier of vyf jaar kyk jy dalk terug en besef: net op die brandstofbesparing kon jy daardie trekker afbetaal.”

Syfers is die troef – tot R100/ha besparing op brandstof alleen

Vir Rudolph en CP is dit nie net ՚n gevoel dat die Massey Fergusontrekkers meer doeltreffend met die diesel werk nie – die koue, harde syfers bewys dit. “Teenoor die ander fabrikate in ons vloot wat in presies dieselfde omstandighede werk, het ek niks minder as 25% besparing op brandstofverbruik met die Masseys nie,” deel CP. “In sommige gevalle styg daardie syfer tot soveel as 40%. Dit hang natuurlik af van die werkdruk, maar selfs met daardie variasie is dit steeds ՚n massiewe besparing.”

Wanneer ‘n mens dit uitwerk in harde rand en sent, raak die impak nóg duideliker: “Trekkerverbruik met stropers het gewissel tussen 8,2 liter en 12 liter per hektaar – en die Masseys het tussen 2 en 4 liter per hektaar minder diesel gebruik. Dit beteken ons kyk na ՚n besparing van tussen R80 en R100 per hektaar net op brandstof.” Vir ՚n boerdery met groot hektare onder kontrak, tel dit vinnig op.

Maar dit is nie net die dieselbesparing wat indruk maak nie. Die MF 5710 se kompakte ontwerp, sterk hysvermoë en uitstekende grondvryhoogte is presies wat nodig is vir hulle werk in
die suikerboonlande – veral wanneer swaar stropers gesleep word. “As jou trekker nie hoog genoeg van die grond af is nie, kry jy daardie skuuraksie op die trekstang,” verduidelik hy. “En dit laat jou bone oopspring, wat direkte verlies vir die boer beteken. Dié Massey’s het ՚n duidelike voordeel teenoor ander fabrikate as dit by grondvryhoogte kom – en dit tel.”

Meer hektaar per dag – danksy Massey se ratverhouding en pasmaat met die stroper

In kombinasie met hulle Colombo Double Master-stropers lewer die MF 5710 uitstekende daaglikse werkverrigting – en dit gee vir Rudolph en sy span daardie broodnodige voorsprong in ‘n seisoen waar tyd

teen jou tel. “Ons stroop tussen 8 en 10 hektaar op ՚n gemiddelde dag,” verduidelik hy. “Maar op ՚n goeie dag – wat ek nie voorheen met ander trekkerfabrikate kon regkry nie – kan ons tot 12 hektaar stroop. Dit is uitsluitlik as gevolg van die ratverhouding en hoe goed die Massey saam met die stroper werk.”

Die MF 5710 is toegerus met ՚n twaalfspoedratkas met twee reeks – hoë en lae reeks en ՚n nat koppelaarstelsel wat verstelbaar is, sodat jy vinnig en gladweg tussen vorentoe en tru kan beweeg sonder om die koppelaar te trap. Vir die boer beteken hierdie gemak van beheer doeltreffendheid op die land. “Baie ander fabrikate het net drie- of vierspoedratkaste. Die oorgange tussen ratte is te groot, so jy mis daardie fyn balans tussen spoed en krag. Maar die Massey gee my meer opsies, sodat ek altyd op die presiese ratverhouding kan werk wat vir my stroper pas. En daardie 2 hektaar ekstra per dag maak ՚n verskil – veral as jy kontrakteurwerk doen. Dit is reguit geld in die sak vir jou klant én vir jou boerdery.”

Die bone word gesorteer en verwerk in hulle eie aanleg op die plaas.

Die bone word gesorteer en verwerk in hulle eie aanleg op die plaas.

‘n Handelaar wat saam boer – en saam bou aan waarde

saam bou aan waarde Sias Humphries van JWL Landbou in Middelburg bedien onder meer Groblersdal, Marble Hall en die Springbokvlakte – en hy glo dat diens nie ophou by aflewering nie. “Vir ons is klantverhoudings van uiterste belang,” sê hy. “Dit gaan nie net oor die trekker nie – maar ook oor die verhouding met die boer. Ons glo aan oop kommunikasie, daaglikse kontak waar nodig, en gemoedsrus vir die boer om ons enige tyd te kan bel as daar selfs die geringste probleempie is.”

Sias en sy span het saam met CP gewerk om die regte kombinasie van toerusting vir hulle stroopwerk te identifiseer. “Die MF 5710 se kilowattverhouding pas perfek in by die werkverrigting wat die Colombo Double Master-stroper vereis,” verduidelik hy. “Die AGCO Power-enjins waarmee dié Massey’s toegerus is, lewer bestendige krag teen ՚n baie gunstige
dieselverbruik.”

Hy beklemtoon verder die waarde van die Massey Global-reeks: “Dit is ՚n baie swaarder, stewiger trekker – wat jy betaal en wat jy kry, laat klop die som deur en deur. En vir boere soos CP, wat presiese werkverrigting én lae brandstofverbruik soek, is dit ՚n wenkombinasie.”

Ryan Clark, AGCO-verteenwoordiger, saam met Sias Humphries van JWLLandbou, Cornel en CP Kloppers.

Ryan Clark, AGCO-verteenwoordiger, saam met Sias Humphries van JWL
Landbou, Cornel en CP Kloppers.

JWL se verbintenis met AGCO gaan ook verder as net verkope. “Ons is trots op wat ons doen – ons is persoonlik verbind, nie net tot die klant nie, maar tot elke trekker wat ons lewer. AGCO gee vir ons uitstekende ondersteuning, en ons sien uit om ons saam dié produk nog verder in die mark te vestig.” ‘n Vennootskap wat sin maak – op die land én in die werkswinkel Vir CP is daar geen twyfel nie: die Massey Ferguson-trekkers lewer nie net resultate op papier nie – hulle doen dit waar dit tel. “՚n Fabrikaat is net so goed soos die diens wat jy ná die tyd kry,” sê hy. “En wat dit vir my lekker maak om saam met JWL Landbou te werk, is dat jy voel jy stap hierdie pad saam met mense wat werklik wil help. Ons stap al ‘n lang pad saam met Sias en ons het vertroue in hom as verkoopsverteenwoordiger.”

Die naverkopediens wat Rudolph, CP en hulle span ontvang, maak vir hom die verskil tussen net ՚n aankoop en ՚n ware vennootskap. “Ek sal beslis dieMassey-trekkers aanbeveel vir boere wat ook wil bespaar waar hulle kan. Ek is opgewonde om Massey se trekkers verder te toets, om nog meer verskil in ons boerdery te maak – want dit gaan oor volhoubaarheid, oor elke besluit wat jy vandag neem wat jou oestyd môre beïnvloed. En met Massey en JWL Landbou aan jou sy, is daardie pad sommer heelwat ligter.”

Saam met die ondersteuning van AGCO en sy plaaslike handelaar, JWL Landbou, het die boer nou ՚n formule beet wat werk – in die lande én op die brandstofstaat. Vir meer inligting oor hoe jy ook binne jou boerdery kan bespaar, gesels gerus met die manne van JWL. Vir meer inligting besoek JWL se webwerf by https://www.jwl.co.za/ of kontak vir Sias Humphries by (+27) 83-630-5560 of stuur ‘n e-pos na sias@jwl.co.za.