In moderne boerdery is krag en presisie ononderhandelbaar. Daarom is boere opsoek na trekkers wat harde werk ligter kan maak, en oor presisie tegnologie beskik wat op die uiteinde van die dag hulle bankbalans kan laat glimlag. Vir die Massey Ferguson 8737 S is krag en presisie sinoniem, ‘n bielie van ‘n trekker wat die krag op die grond sit en werktuie soos ‘n mes deur warm botter laat gly, selfs in die soms harde en moeilike grondtoestande wat in die Wes-Kaap kan voorkom.

Boonop is die 8737 S nog toegerus met die nuutste tegnologie van Massey Ferguson ook. George Cockrell, die heelgoederebemarker by Hennies Trekkers op Malmesbury het die 8737 S tydens die Farmspace Pro Tour boeredag wat by Hoër Landbouskool Boland gehou is aan die Wes-Kaap boere bekend gestel.

Sit jou krag waar dit tel – op die grond

Die 8737 S het ‘n 6-silinder, 8,4 liter enjin wat 275 kW (370 perdekrag) krag uitstoot. Die trekker is Massey Ferguson se vlagskip trekker in die 8700 reeks en een waarop hulle baie trots is.

“Dit is juis in die warm droë maande voor die winter wat boere hulle grondbewerking moet begin doen. En dan is die 8737 S gerieflik. Jy kan hom gebruik om te plant, jy kan hom gebruik om te rip en jy kan hom gebruik om te baal. Enige doel waarvoor jy hierdie klas van perdekrag benodig, hierdie trekker is ideaal daarvoor,” vertel George trots.

Hennie vertel dat die Wes-Kaap diverse boerderye het en lanboubedrywighede wissel van vrugte tot by groente en vee en selfs fyngraan, koring en mielies. Net voor die winter reënval kom is die grond in die area ook soms hard en dan kort jy daardie ekstra krag. Die 8737 S is geen sins ‘n klein trekker nie en wanneer maksimum toelaatbare lading op hom toegespas word dan weeg hy sowat 18 ton. Wanneer jy dan die 8737 S se langer wielbasis en die enjin krag bywerk besef jy eers hoe baie krag die trekker op die grond sit.

Hou jou brandstofkostes laag

George vertel dat hulle al baie goeie terugvoer gekry het oor die brandstofverbruik van die 8737 S. Die Stepless Dyna-VT ratkas laat die verbruiker toe om die korrekte spoed te kies vir die applikasie en grondtoestande waarmee daar gewerk word. Dus spaar die boer op brandstofkostes.

“Kyk jou brandstrof verbuik gaan natuurlik verskil afhangend van die applikasie en jou terrein omstandighede. Maar dit is waarvoor hierdie trekkers gebou is met hulle VT-transmissies wat dinge net soveel geriefliker en gemakliker maak.”

Hy vertel dat die 8737 S die perfekte kombinasie tussen jou ratkas en enjin verseker dit beteken jou trekker voorsien die nodige krag wanneer hy moet maar wanneer minder krag benodig word dan sit hy weer minder krag uit.

“En dit is natuurlik waar die impak van die brandstof verbruik begin inkom.”

Maak die lewe makliker met tegnologie

Al die Massey Furgeson 8700-reeks trekkers en ook van die kleiner reeks hoë spesifikasie trekkers kom standaard met MF Guide uit. Hierdie is Massey Furgeson se volledige handvrye bestuurstelsel.

Die 8737 S wat by die Farmspace Pro Tour dag gedemonstreer was, is ook toegerus met ‘n Datatronic 5 skerm en ‘n addisionele Fieldstar 5 skerm. Hierdie skerms is ontwerp vir meer  intuïtiewe en presiesie landbou. Dit integreer naatloos die MF Guide, MF Seksie beheer en MF Rate Control tegnologie sodat jy jou trekker se verrigting op een skerm kan hanteer en jou ISO-Bus implemente of GPS op die ander skerm.

Massey Furgeson bied ook vir jou die opsie om Centre point- of Range point guidance in die trekker te laat aanbring.

“Maar op die ou einde van die dag gaan dit oor wat jou behoeftes is en wat vir jou die meeste gaan sin maak,” verduidelik George.

Die toekoms van landbou

Die 16-jarige Schalk Voster is ‘n leerder van die Hoër Lanbouskool Boland en het die boeredag bygewoon. Hy vertel dat hy graag eendag sal wil plek maak vir so ‘n 8737 S wanneer hy by hulle familieboerdery aansluit.

Schalk se familie boer in Fanschoek met pruime en buite Prins Albert met skape en lusern. Sy plan is om na skool by die boerdery aan te sluit.

“Ons het seker so nege Masseys op ons plaas van die ou 65’s tot die 3308 boord modelle. Ek hou van ‘n Massey Ferguson want jy kan in die stoor in stap, ‘n sleutel kry, opklim en net met hom ry en jy weet hy gaan altyd werk, en jy gaan uitstekende diens kry,” vertel Schalk.

Hoekom moet jy Massey Ferguson kies? Wel George stel dit baie mooi; “Dit is baie eenvoudig. Ons kyk na alles. Ons trekkers word gebou met die operateur en die eienaar as ‘n geheel in gedagte, ons kyk na die kleiner dinge om dit vir jou meer gerieflik te maak. Ons bied trekkers om enige werk op jou plaas te kan verrig. Wat maak Massey Furgeson die beste? In my opinie? Dit is Massey Ferguson wat meer wil jy hê.”

Om meer te leer oor die Massey Ferguson 8737 S of enige van Massey Furgeson se ander hoë spesifikasie trekkers kan jy hulle webtuiste besoek by https://www.masseyferguson.com/en_za/ – Read the article on ProAgri [Click here]. Click to view Hennies Trekkers website or find out more information. [Click Here]