Dalton Boeredag 2025 het vanjaar ՚n splinternuwe gesig gehad – Fendt het vir die eerste keer op die geleentheid verskyn, en boere kon nie uitgepraat raak oor die trekkers se gemak,tegnologie en werkverrigting nie.
Prakties in die veld
Alhoewel die dag hoofsaaklik ՚n teruggee-geleentheid is, waar FMS boere bedank vir hulle ondersteuning, bied dit ook aan boere die perfekte kans om self fisies met die trekkers en implemente in die veld te werk en rond te ry. Boere kon die nuwe tegnologie en werkverrigting van die Fendt Gen6-reeks eerstehands ervaar. Verskeie boere het hulle opgewondenheid uitgespreek toe hulle agter die stuur van die 724 en 720 geklim het.
Gerald Niebuhr, ՚n boer van die omgewing, sê: “Ons is opgewonde om die Fendt-trekkers hier in ons omgewing te verwelkom, ons het hulle nog nie tevore hier gesien nie. Ek is nuuskierig om te sien wat hulle vir ons streek en die landboubedryf in hierdie omgewing kan beteken. Die toestande by vandag se boeredag is bietjie nat, maar dit gaan interessant wees om te sien hoe hierdie trekkers selfs in sulke toestande presteer en hoe hulle die implemente hanteer. Hierdie trekkers is ongelooflik modern en het al die volledige funksies en kenmerke waarna ՚n boer soek.”

Cornie Tosen, algemene bestuurder
van FMS tydens Dalton Boeredag
2025.
Mark Meyer, nog ՚n boer van die Dalton-omgewing, kon nie uitgepraat raak oor die Fendt 724 Vario nie: “Hierdie trekker is werklik indrukwekkend met al die tegnologie in die kajuit. Ek is baie beïndruk met hoe jy alles kan aanpas – watter skerm waar die inligting van die trekker vertoon en hoe dit alles ergonomies maklik beheerbaar is. Die trekker is baie gebruikersvriendelik. Ek sou sê… dit is die beste in sy klas!”
Twee Duitse boere, ook van die Dalton-omgewing, Heindrich Eggers en Lutz Beneke vertel dat dit lekker is om teenwoordig te wees by ՚n dag soos vandag. Beide die twee boere is opgewonde oor Fendt wat hierdie omgewing betree en is optimisties oor Fendt se toekoms onder boere in die streek.
“Fendt het vandag hulle vlagskip trekkers aan ons kom wys, en dit was werklik indrukwekkend. Met hierdie klas trekkers hoef jy nie langer of enige addisionele ure in jou lande te werk nie!” deel Heindrich. “Hierdie trekkers is amper beter toegerus as jou Toyota Hilux bakkie,” voeg Heinrich laggend by.
FMS verwelkom Fendt in KZN
Cornie Tosen, algemene bestuurder van FMS, het almal hartlik verwelkom by die FMS Boeredag: “Ons is trots om die nuwe verspreider van Fendt in KwaZulu-Natal te wees. Die boere in die omgewing was ongelooflik opgewonde om die Fendt-trekkers in aksie te sien. Die terugvoer wat ons van die boere ontvang het, is uiters positief – hulle is veral beïndruk met die gemak, styl en ekonomiese voordele van die trekkers.

Heindrich Eggers en Lutz Beneke,
boere van Dalton-omgewing by
Dalton se boeredag by die Fendt
Vario 724.
Ek is positief dat Fendt goed gaan doen in hierdie omgewing.” Cornie het verder verduidelik hoe die 5 jaar of 5000 uur waarborg ekstra gemoedsrus vir boere bring en hulle kan help met finansiële beplanning. Dit bied ook goeie herverkoop- en tweedehandse waarde, aangesien alles onder waarborg gedek word. Volgens Cornie is dit ’n finansiële oplossing wat produktiwiteit verhoog en boere die geleentheid gee om met een van die beste trekkerfabrikate ter wêreld te werk.
Een aankoop, volledig toegang tot al die tegnologie
Cornie sluit af met nog ՚n voordeel van Fendt: “Nog ՚n voordeel om ՚n Fendt aan te skaf, is dat jy eenmaal betaal en toegang kry tot al die tegnologie in die trekker – stuurbeheer, veranderlike stuur, seksiebeheer, voorsuspensie, kajuitsuspensie en al die funksionaliteite. Met die rugsteun van ՚n vyfjaar-waarborg, wat kan verkeerd gaan?” Hy beklemtoon dat Fendt se trekkers perfek geposisioneer is vir die streek se landboupraktyke.
Fendt se volledige reeks van die 700 tot 1000-reeks is nou beskikbaar ook in KwaZulu-Natal deur FMS in Pietermaritzburg en Winterton. Vir enige navrae of vir meer inligting, besoek Fendt se webtuiste by www.fendt.com of as jy ՚n boer in die KwaZulu-Natal distrik is, reik uit na FMS deur hulle te skakel by (+27)33-342-2472 of besoek hulle webwerf by www.mf-pmb.co.za.
Download the article here [Click Here]