Tussen die uitgestrekte lande van die Christiana- en Vryburg-distrik lê die hart van Leeuwheuvel Boerdery, ’n familieboerdery waar boerdery nie net ’n beroep is nie, maar ’n lewenswyse wat diep in die bloed van drie geslagte vloei.

“Ek en my pa en broer, Schalk, boer saam en ek is een van die drie direkteure van Leeuwheuvel Boerdery,” vertel Henno van der Merwe, mededirekteur van Leeuwheuvel Boerdery.

“Ons is die derde generasie wat op die plaas boer. My oupa het die grond in 1949 gekoop, waarna my pa in die laat sewentigs en vroeë tagtigs oorgeneem het. Ek en my broer het in 2010 saam met hom begin boer.”

Waar Henno se oupa destyds met vee begin het en later ’n saaiboerdery bygevoeg het, het die volgende geslag die familiepad verder uitbou. “My pa het in 1982 begin aartappels plant en in 1983 vir die eerste keer saadaartappels verbou,” vertel hy. “Vandag is dit steeds die kern van ons boerdery.”

Vir die Van der Merwes is dit ’n groot voorreg om saam as familie te kan boer en die nalatenskap van vorige geslagte voort te dra. “Boerdery is in ’n familie se bloed,” sê Henno. “Ons het dit gelukkig reggekry om mekaar goed aan te vul binne die boerdery. Selfs my suster het onlangs by ons aangesluit, dit is vir ons almal ’n ongelooflike voorreg om voort te bou op dit wat my oupa en pa gevestig het.”

Met ’n passie vir gehalte as dryfveer, is Leeuwheuvel Boerdery se fokus duidelik: om topgehalte saadaartappels vir die mark te lewer. “Elke oggend as ek opstaan, en elke aand voor ek gaan slaap, is dit die eerste ding waaraan ek dink – om die beste moontlike saad te produseer wat ons kan,” sê Henno. Vandag is Leeuwheuvel ’n gediversifiseerde boerdery met twee hoofvertakkings – die eenheid in Christiana aan die Vrystaatkant van die rivier in die Boshoff-distrik, en ’n tweede eenheid in Vryburg, in die Louna-Coetzer dam-omgewing.

Henno van der Merwe enJohnny Sholtz van JBJ Masjinerie. ’n Sterk vennootskap en uitstekende naverkope diens verseker dat die boerdery se trekkers altyd in toptoestand is, sodat produksie nie gestaak word tydens kritieke seisoene nie.

Henno van der Merwe en Johnny Sholtz van JBJ Masjinerie. ’n Sterk vennootskap en uitstekende naverkope diens verseker dat die boerdery se trekkers altyd in toptoestand is, sodat produksie nie gestaakword tydens kritieke seisoene nie.

Op beide eenhede word saadaartappels verbou, terwyl hulle ook trots is op hulle Bonsmara-stoet, wat die beesvertakking van die bedryf vorm. Binne die boerdery funksioneer ’n goed gestruktureerde bestuursmodel wat doeltreffendheid verseker. “Ons het ’n topbestuur, middelvlakbestuur en juniorvlakbestuur,” verduidelik Henno. “Ek, my pa en broer vorm die topvlak waar ons die langtermynen finansiële besluite neem. Ek en Schalk werk saam met ons vier produksiebestuurders op middelvlak waar die daaglikse besluite geneem word, terwyl ons junior bestuurders die mense is wat die werk op grondvlak laat gebeur. ’n Boerdery of besigheid is immers net so sterk soos die span wat agter jou staan.”

Gesonde grond, gesonde oes – beroking en wisselbou as kernstrategie

Vir Henno en sy span is gesonde grond die begin en einde van elke suksesvolle saadproduksieseisoen. Aangesien aalwurms een van die grootste uitdagings vir saadaartappelboere is, het Leeuwwheuvel Boerdery deur die jare ’n deeglike en volhoubare strategie ontwikkel om dié pes onder beheer te hou. “Ons werk met ’n gemiddelde sewejaar-wisselbouprogram op ons aartappellande,” verduidelik Henno. “Ons begin reeds ongeveer 14 maande voordat ons aartappels plant met die bewerkingsproses. Dit gee vir ons genoeg tyd om die grond voor te berei en om grondoordraagbare siektes, veral aalwurm, te beperk.”

Beroking is ’n belangrike deel van hierdie proses. “Ons berook hoofsaaklik vir aalwurmbeheer,” sê hy. “Hoewel dit nie die enigste praktyk is wat ons gebruik nie, bly dit ’n kernkomponent van onsproduksiebestuur.”

By Leeuwheuvel word elke bewerking met omgewingsverantwoordelikheid in gedagte gedoen. “Ons probeer alles so omgewingsvriendelik as moontlik doen. Ons glo daaraan om so naby aan die natuur te boer as wat ons kan,” verduidelik Henno. “Ons wisselbou sluit die aanplant van wintergewasse soos swarthawer en Japannese radyse in, gewasse wat nie ‘n gasheer is vir aalwurm nie. Só skep ons ’n omgewing waar die aalwurm eenvoudig nie kan oorleef nie, en dit stel ons terselfdertyd in staat om met minder chemie weg te kom.”

Omdat ons met sirkels werk, help die tegnologie om oorvleueling en vermorsing drasties te verminder.

Hierdie wintergewasse speel egter ’n dubbele rol binne die boerdery. Benewens die grondgesondheid wat dit bevorder, dien dit as natuurlike weiding vir die Bonsmara-kudde. “Van Mei tot middel September oorleef ons beeste op die winterweidings,” vertel Henno. “Die biologiese lewe wat hulle saambring, veral deur hulle mis, maak ons grond net nog gesonder.Dis ’n natuurlike kringloop wat vir ons uitstekend werk.”

Massey in die prentjie–betroubaarheid vir ‘n vooruitstrewendeboerdery

By ’n produksiebedryf van hierdie omvang is betroubare meganisasie ononderhandelbaar. Vir Leeuwheuvel Boerdery was die keuse van trekkers dus ’n strategiese besluit wat direk met hulle ligging, grondtipe en bewerkingspraktyke verband hou. “Die groot rede waarom ons op Massey Ferguson besluit het, was as gevolg van die ligging van ons boerderyeenhede,” verduidelik Henno. “In ons bewerkingstruktuur gebruik ons die groter Massey-trekkers tussen 160 en 200 kW hoofsaaklik vir primêre bewerkings soos grondvoorbereiding en beroking, terwyl die kleiner modelle van 120 kW, soos die 6- en 7-reekse, aangewend word vir sekondêre bewerkings.

Niks mooier as ‘n Massey-trekker in aksie wanneer diegrond voorberei en berook word vir die komende aartappelplantseisoen. Betroubare meganisasie help om aalwurm onder beheer te hou en te verseker dat die saad die beste moontlike omgewing het om te floreer.

Niks mooier as ‘n Massey-trekker in aksie wanneer die grond voorberei en berook word vir die komende aartappelplantseisoen. Betroubare meganisasie help om aalwurm onder beheer te hou en te verseker dat die saad die beste moontlike omgewing het om te floreer.

Hulle is geskik vir tussenrybewerking, skoffelwerk, kunsmisstrooi en bespuiting.” Een van die trekkers wat die Van der Merwes besonder beïndruk het, is die Massey 8S-reeks. “Die 8S is ’n ongelooflike ekonomiese trekker, veral wat brandstofverbruik betref,” sê Henno. “In vergelyking met sy voorgangers sien ons ’n 20 tot 30% verbetering in brandstofdoeltreffendheid, en dit maak ’n geweldige verskil in ’n tyd waar insetkoste bly styg.”

Boonop, voeg hy by, het die 8S uitstekende gewigsverspreiding en hantering. “Die rygerief, balans en gebruikers-vriendelikheid is puik. Massey het regtig ’n goeie werk gedoen om die trekker nie net meer ekonomies nie, maar ook gemakliker en tegnies gevorderd te maak.” Tegnologie speel ook ’n sleutelrol in hulle produksie.

“Die GPS-stelsels op die trekkers is vir ons van kardinale belang,” verduidelik Henno. “Omdat ons met sirkels werk, help die tegnologie om oorvleueling en vermorsing drasties te verminder, iets wat veral belangrik is met duur insetprodukte. Dit verseker dat elke druppel en elke korrel presies daar beland waar dit moet.”

Wanneer dit by ondersteuning en naverkope diens kom, spreek Henno met groot waardering oor hulle plaaslike verskaffer. “Ons naaste verskaffer is JBJ in Schweizer-Reneke, en ons stap al ’n lang pad saam, selfs nog voordat ons met Massey begin het. Johnny en sy span lewer vir ons uitstekende diens, en dit beteken baie. Dit is al vir ons soos deel van die familie – jy weet jou belange word opreg op die hart gedra.”

Die Van der Merwes het aanvanklik met JBJ in aanraking gekom deur die huur van trekkers by die ou BHBW, en toe hulle gesien het hoe goed die trekkers presteer, het hulle sommer gekies om dit aan te koop. Die eerste trekker wat hulle deur JBJ aangeskaf het, was ’n Massey Global-reeks 6713, gevolg deur ’n groter 8S, wathulle spesifiek nodig gehad het vir primêre bewerkings. Daarna het hulle vloot uitgebrei met nog Global-reeks trekkers en die MF 7724 en MF 8727.

JBJ – ’n vennoot vir die lang termyn

Johnny Sholtz, eienaar van JBJ, het homself van jongs af in die landboubedryf bewys en in 2008 JBJ gestig met die fokus op grondverskuiwingsmasjinerie. Kort daarna het hy in 2009 die Masseyhandelaarskap bekom.

“Aan die begin was dit moeilik om ’n kliëntebasis op te bou,” vertel Johnny. “Die laaste Massey-agentskap in die area het uitgesterf en ons moes feitlik van nuut begin. Gelukkig het ek hier grootgeword en het baie vriende en familie in die omgewing vertroue in my gehad. Langsaam het die handelsmerk weer opgebou en toe die trekkers begin presteer, het die boere self gesien hoe goed die produk werk.”

Grondvoorbereiding is die sleutel tot topgehalte saad, en die Masseytrekkersby Leeuwheuvel maak ligte werk van primêre bewerkings soos grondvoorbereiding.

Grondvoorbereiding is die sleutel tot topgehalte saad, en die Masseytrekkers by Leeuwheuvel maak ligte werk van primêre bewerkings soos
grondvoorbereiding.

Johnny beskryf die verhouding met die boere as ’n langtermynverbintenis. “Dit is amper soos ’n huwelik wanneer jy ’n trekker aflewer. Dit is ’n duur produk wat vir die volgende 10 tot 15 jaar gebruik gaan word. Ons fokus is nie net om ’n transaksie af te handel nie, ons doen 90% van die werk by die boere op die plaas met diensbakkies en werktuigkundiges. Sodra daar ernstige probleme is, hanteer ons dit vinnig en professioneel.”

Henno som Massey op as: “ʼn Goeie gehalte, ekonomiese en gebruikersvriendelike produk met uitstekende naverkope diens, en dit maak al die verskil.”

Vir Henno is die sukses van enige produk uiteindelik net so sterk soos die diens wat dit ondersteun. “’n Groot deel van ’n boerdery se doeltreffendheid lê daarin dat jou toerusting nie staan nie,” sê hy. “Wanneer dit planttyd is, moet dinge gebeur, jy kan nie bekostig dat ’n trekker vir dae stilstaan nie. Daarom is vinnige en betroubare diens vir ons van kritieke belang. Massey lewer beslis daardie vlak van ondersteuning.”

’n Toekoms vol groei en geleenthede

Ten spyte van uitdagings in die bedryf, straal Henno se optimisme oor die toekoms van landbou deur. “Landbou is tans op ’n moeilike, maar tog goeie plek,” sê hy. “Daar is soveel geleenthede vir uitbreiding en veral vir jong boere om hulle merk te maak. Dit verg deursettingsvermoë om iets van die grond af te bou, maar die moontlikhede is daar, jy moet net bereid wees om die werk in te sit.”

By Leeuwheuvel Boerdery lê die fokus duidelik op groei, nie net in hektare nie, maar ook in waarde, tegnologie en markontwikkeling. “Tot dusver het ons hoofsaaklik horisontaal uitgebrei, maar ons kyk nou na verdere vertikale uitbreiding in die besigheid,” verduidelik Henno. “Ons produseer saad vir Wesgro, en ons fokus sterk daarop om nuwe variëteite na Suid-Afrika te bring – variëteite wat beter aangepas is by ons klimaat, grond en verbruikersbehoeftes.”

Daarby kyk die span verder as Suid-Afrika se grense. “Ons het reeds goeie verhoudings en uitvoere binne die SADC-streek, en is besig om nuwe markgeleenthede in Asië te ondersoek. Die uitbreidingsmoontlikhede is groot, en dit maak ons opgewonde oor wat voorlê.”

Wanneer die gesprek by die toekoms van meganisasie en sy Massey-trekkers kom, glimlag hy breed. “Om van dag een af met Massey te werk, was vir my ’n baie aangename ervaring,” sê hy. “Dit ’n trekker wat ek self geniet om mee te werk. In terme van waarde vir geld is dit ’n absolute bate vir ons boerdery.”

Vir enige navrae of vir meer inligting besoek Massey Ferguson se webtuiste [Klik Hier] of kontak JBJ Masjinerie by (+27)53-963-1832 | www.jbj-mf.co.za | Download Article [Klik Hier]