՚n Melkplaas in KwaZulu-Natal meet nou die waarde van hulle besluit om by die Massey Ferguson-familie aan te sluit in rand en sent danksy die kostedoeltreffendheid en wye toepassing van die trekkerreeks. Nick Stubbs en sy pa, René, boer al vir baie jare in die Middellande, waar hulle uitdagings soos stygende rentekoerse en hoë bedryfsen insetkoste die hoof moet bied.

Die melkery plant mielies, raaigras, Midland-mengsel en kikoejoe vir voer virmdie kudde, verduidelik Nick, hoofbestuurder van Stubbs Farming Partnership. Die jongste ontwikkeling is om te diversifiseer en die winsgewende avokadobeen van die boerdery uit te brei.

Nick hou ՚n kudde van sowat 2 500 tot 3 000 Holstein-koeie in stand, hoofsaaklik met Amerikaanse genetika. Die groter koeie produseer meer melk en Nick se doel is om ՚n dier te teel met die hoogste moontlike genetiese potensiaal vir funksionaliteit en wat ook die strawwe en vogtige KwaZulu-Natalse toestande kan verdra. “Ons mikpunt is vir hoë insette en uitset. Ons teel ՚n dier wat omtrent 550 kg weeg, wat ons ՚n 8 000 liter-laktasie gee,” sê Nick.

Nick Stubbs en Andrew Nicholson van plaaslike MF-handelaar (FMS)

Nick Stubbs en Andrew Nicholson van plaaslike MF-handelaar (FMS)

“Met veevoer teen ՚n premie, is ons grootste uitdaging om ՚n balans te probeer vind tussen die gebruik van duur voer om produksie te jaag, teenoor die voer van weidingsgrasse wat ons produksie meer bekostigbaar maak en dus sorg vir meer geld in die sak,” sê Nick. Hy verkoop die melk aan ՚n vooraanstaande private suiwelonderneming in Mount West wat dit verwerk tot ՚n reeks suiwelprodukte.

Die MF Global-trekkerreeks (MF 4700, 5700 en 6700) is bekend vir syveelsydigheid om baie verskillende take op enige plaas te verrig.

Op die melkplaas word die Global-reeks van 60 tot 98 kW veral ingespan vir laaiwerk. Hierdie trekkers laai alles van kuilvoer en bale tot kunsmis en kalk, tel klippe op, sny weiding en sorg vir die brandpaaie. Die MF 6711 (83 kW) verskaf genoeg krag om van die swaarder voerwaens te sleep, en die trekker bekostigbaarheid het gelei tot die grootskaalse ingebruikneming van die MF-trekkerreeks in die Stubbs-onderneming. “Dit het ons staatmaker-trekker geword,” verduidelik Nick.

Trekkers en tegnologie in ՚n suiweltoepassing

Die MF 6711-presisietrekker word gebruik vir presisiewerk soos die strooi van kunsmis en kalk op weidings. Die hoër perdekrag MF 7614- en MF 7615-trekkers met presisierigtingstoerusting word vir die groter take gebruik.

MF 7615 met leidingtoerusting by Stubbs Plaas

MF 7615 met leidingtoerusting by Stubbs Plaas

Nick sê die skuif na MF by die Nottingham Road-operasie het gepaard gegaan met die oorskakeling na Trimble-tegnologie. “Ek dink die gebruikersplatform is baie makliker vir operateurs om te verstaan, want dit is soortgelyk aan die gebruik van ՚n selfoon.” Dit maak dit ook makliker vir plaaswerkers met minder formele opleiding om vinnig by die jongste tegnologie aan te pas.

Nog ՚n groot voordeel van MF is sy ekonomiese brandstofverbruik. Dit word bereik met noukeurige ontwerp en vervaardiging by die MF-fabrieke wêreldwyd. Met die prys van brandstof wat maandeliks styg, wil boere ՚n trekker hê wat min verbruik met hoë uitsette soos wringkrag teen lae omwentelings per minuut vir kostebesparing.

Nick sê slim boerderytegnieke soos gereelde monsterneming van die grond in alle lande help hom om te bepaal waar en hoeveel regstellende toediening van kunsmis en kalk nodig is vir beter gewasproduksie, wat dan melkproduksie verbeter. Die gebruik van al die beskikbare tegnologieë, van trekkers tot grond- en dierebestuur, lei daartoe dat die Stubbs-onderneming suksesvol bedryf word.

Net so belangrik soos die MF-trekkers met hulle tegnologie en voordele, is die ondersteuning en rugsteundiens wat Nick van sy plaaslike MF-handelaar ontvang. Andrew Nicholson, bestuurder van die Massey Ferguson-trekkerhandelaar, Farm Maintenance Services (FMS) in Pietermaritzburg, sê kliënte-diens is uiters belangrik.

“Vyf jaar gelede het ek daarin ge-slaag om Nick te oortuig om sy eerste MF-trekkers te koop en ek is bly om te sê daar is vandag nie een trekker op sy plaas wat nie ՚n rooi een is nie.”

“Dit was ՚n maklike besluit vir ons om die res van ons vloot na MF om te skakel,” beklemtoon Nick. “Ons was sterk ondersteuners van ՚n ander handelsmerk, maar MF se betroubaarheid het ons beïndruk nadat ons oorgeskakel het. Dit kan die werk doen en is bekostigbaar, en dit is waarom ons gaan aanhou om Massey Ferguson te koop.”

Nick voeg by dat Stubbs inderwaarheid in vennootskap met FMS staan. “Ons weet as ՚n trekker vir enige tydperk nie gaan werk nie, daar ՚n vervangingseenheid sal wees om ons aan die gang te hou,” sê Nick. “Produktiwiteit is nommer een. Ons hou nie trekkers aan vir bystand nie, maar die wiele moet aanhou rol. Ons kan geen staantyd bekostig nie.”

Stubbs-handelaar Farm Maintenance Services (FMS) in Pietermaritzburg

Stubbs-handelaar Farm Maintenance Services (FMS) in Pietermaritzburg

Die wete dat Andrew en sy span op ՚n oomblik se kennisgewing by Stubbs kan wees vir versiening of herstelwerk, gee Nick gemoedsrus en laat hom toe om op sy boerdery en melkerybedrywighede te fokus. Hy voeg by dat die kombinasie van MF-tegnologie en handelaarondersteuning uiteindelik sorg vir ՚n hoë opbrengs op belegging.

Andrew sluit af: “Dit gaan nie oor hoeveel dit kos om ՚n nuwe trekker te koop nie. Dit gaan ook nie oor hoeveel dit kos om ՚n 1 000-uur versiening op ՚n trekker te doen nie. Waarvan dit eintlik afhang, is hoeveel die trekker of werktuig jou oor sy werkstyd van 8 000 of 10 000 uur kos, of hoe lank die lewensiklus ook al bedoel is om te wees. Ons werk nou saam met Nick om die lewensiklus van al sy MF-toerusting te optimaliseer, wat verseker dat hy die maksimum voordeel uit sy MF-vloot kry vir meer wins uiteindelik.”

Massey Ferguson, ՚n wêreldwye handelsmerk van AGCO, bied vanjaar ՚n vars voorkoms vir sy ikoniese driehoek-embleem en ՚n nuwe ‘Born to Farm’-handelsmerkidentiteit ter viering van sy 175ste bestaansjaar. MF het sedert sy ontstaan aan boere regoor die wêreld eenvoudige en betroubare werktuie gebied. Min wêreldhandelsmerke kan aanspraak maak op so ՚n blywende impak in die landboubedryf.

Kontak Andrew Nicholson van FMS op +27-82-495-6276 of andrew@fms.org.za vir meer inligting van MF en naverkoopondersteuning.

This article was Featured in:

This year Massey Ferguson, a worldwide brand of AGCO (NYSE:AGCO), is excited to announce a fresh look for its iconic Triple Triangle logo and its new ‘Born to Farm’ brand identity in celebration of its 175th anniversary. MF has offered farmers around the world straightforward and dependable machines since its inception. Few global brands can claim such a lasting impact in the agricultural industry.

In support of the farming community, Massey Ferguson has an extensive network of over 35 dealers covering the whole of South Africa, catering for parts, service, aftersales and new sales. Potential customers interested in the MF range can obtain all information from www.masseyferguson.co.za. Upon completing the contact form, potential customers will have the video, brochure and dealer contact details sent to their WhatsApp and email within 30 seconds.

About Massey Ferguson
Massey Ferguson has built up 175 years of global experience in manufacturing for the agricultural industry. It produces a full line of both high and low horsepower tractors, and has factories in China, Brazil, India, Europe, and North America. Massey Ferguson also has a wide range of implements and combine harvesters. It has an extensive and established dealer network in South Africa and an extensive distributor network in Africa.

About AGCO
AGCO (NYSE:AGCO) is a global leader in the design, manufacture and distribution of agricultural machinery and precision ag technology. AGCO delivers customer value through its differentiated brand portfolio including core brands like Challenger®, Fendt®, GSI®, Massey Ferguson®, Precision Planting® and Valtra®. Powered by Fuse® smart farming solutions, AGCO’s full line of equipment and services help farmers sustainably feed our world. Founded in 1990 and headquartered in Duluth, Georgia, USA, AGCO had net sales of approximately $11.1 billion in 2021. For more information, visit www.AGCOcorp.com.

For company news, information, and events, please follow us on Twitter: @AGCOCorp. For financial news on Twitter, please follow the hashtag #AGCOIR.

 

AGCO Africa Contact
Robert Keir
Brand Marketing Communications Specialist
082 349 7441
Robert.Keir@agcocorp.com
www.agcocorp.com