Die eerste oorweging in Massey Ferguson se beplanning is die boer se behoeftes. Daarom streef Massey Ferguson daarna om nuwe tegnologie van die hoogste gehalte te balanseer met die betroubare doeltreffendheid waaraan boere oor die jare heen gewoond geraak het. Dit is presies wat hulle Trident-reeks stropers aan boere bied.
Tydens die onlangse stroperresies wat jaarliks deur die Grootpan studiegroep aangebied word, het die MF 9695 Trident-stroper sy staal kom wys. “Die masjien wat ons in hierdie resies kom inskryf het was die MF 9695 klas 6-stroper,” sê Thomas Wait, bemar-kingsbestuurder van AGCO.
Tegnologie wat krag en doeltreffendheid verseker in die MF9695
Die rotor van hierdie stroper is 700 mm in deursnee met die kenmerkende Trident-stelsel. Hierdie stelsel is ontwerp om egalige vloei deur die rotor te verseker deur 360 grade invoer in die rotor.
“Die konkawe is met groot vere aan die raamwerk geheg. Die rede daarvoor is dat wanneer daar ՚n groot volume materiaal deur die rotor beweeg en dit vassteek, dan gee die vere mee en stort die vrag na agter,” sê Thomas.
“Wat hierdie masjien uniek maak, is dat die motor en rotor in lyn met mekaar geplaas is,” vertel hy. “Daar is ook ՚n V-verkoelingstelsel wat beteken dat daar twee verkoelers in ՚n V-vorm ge-monteer is met ՚n sif aan die bokant. Dit het ook ՚n onafhanklike omkeerwaaier wat natuurlik hidroulies werk.” Dié kenmerke gee jou meer krag vir stroop.
Thomas beweeg om die stroper om te beduie na die agterkant van die masjien. “Omdat die rotor en motor lynreg agtermekaar is, beteken dit die rotor het net twee dryfbande nodig vir aandrywing. Dit is duidelik sigbaar van agter.”
Eenvoudige toegang tot die MF 9695 se enjin
Aan die regterkant van die masjien is dit baie maklik om toegang tot die enjin te kry. Daar is ՚n groot klap wat oopslaan. Van hier af kan die operateur alle nodige komponente van die masjien versien.
Die lug wat die AGCO Power enjin deur die lugfilter intrek word vanaf die V-verkoelingstelsel verkry, wat beteken die lug is nog skoner as gewoonlik – beslis ՚n belangrike kenmerk in ՚n stowwerige land waar die wind die reste rondwaai!
Die graantenk hou 10 000 liter. Die uitlaat kapasiteit is 88 liter per sekonde.
Binne-in die MF 9695 se kajuit
Die kajuit is ruim en gee genoeg sigbaarheid aan die operateur. Die dun hoekpilare is so geplaas dat dit nie die siglyn versteur nie.
Aan die regterkant van die kajuit is die kontroles by die regterarmleuning. Alle instellings kan maklik vandaar gedoen word soos om die plukkerkop te lig of die graan uit die tenk te tap.
“Daar is ook ՚n C2100-skerm teen die regterpilaar gemonteer,” vertel Thomas. “Daarop kan jy al jou oeskaarte berg en stuur doen, Climate fieldview is ook moontlik . Alle masjien verstellings verstelling wat met die kontroles gedoen kan word, kan ook deur die raakskerm verstel word.”
Om die stroper wat by jou plaas pas op te spoor, besoek https://www.masseyferguson.com/en/product/combine-harvesters/.
This article was featured:
- ProAgri – Jun 2023 English Version
- ProAgri – Jun 2023 Afrikaans Version
- Feature on ProAgri Media. [Click Here]
Last year Massey Ferguson, a worldwide brand of AGCO (NYSE:AGCO), was excited to announce a fresh look for its iconic Triple Triangle logo and its new ‘Born to Farm’ brand identity in celebration of its 175th anniversary. MF has offered farmers around the world straightforward and dependable machines since its inception. Few global brands can claim such a lasting impact in the agricultural industry.
In support of the farming community, Massey Ferguson has an extensive network of over 35 dealers covering the whole of South Africa, catering for parts, service, aftersales and new sales. Potential customers interested in the MF range can obtain all information from www.masseyferguson.co.za. Upon completing the contact form, potential customers will have the video, brochure and dealer contact details sent to their WhatsApp and email within 30 seconds.
About Massey Ferguson
Massey Ferguson has built up 175 years of global experience in manufacturing for the agricultural industry. It produces a full line of both high and low horsepower tractors, and has factories in China, Brazil, India, Europe, and North America. Massey Ferguson also has a wide range of implements and combine harvesters. It has an extensive and established dealer network in South Africa and an extensive distributor network in Africa.
About AGCO
AGCO (NYSE:AGCO) is a global leader in the design, manufacture and distribution of agricultural machinery and precision ag technology. AGCO delivers customer value through its differentiated brand portfolio including core brands like Fendt®, GSI®, Massey Ferguson®, Precision Planting® and Valtra®. Powered by Fuse® smart farming solutions, AGCO’s full line of equipment and services help farmers sustainably feed our world. Founded in 1990 and headquartered in Duluth, Georgia, USA, AGCO had net sales of approximately $12.7 billion in 2022. For more information, visit www.AGCOcorp.com. For company news, information, and events, please follow us on Twitter: @AGCOCorp. For financial news on Twitter, please follow the hashtag #AGCOIR.
AGCO Africa Contact
Robert Keir
Brand Marketing Communications Specialist
082 349 7441
Robert.Keir@agcocorp.com
www.agcocorp.com