Fendt se gewilde Ideal 8 stroper was weer ՚n gunstelling in dié jaar se stroperresies wat jaarliks deur die Grootpan-studiegroep aangebied word. Dit het deelgeneem in die klas 8-kategorie met die Geringhoff Mais Star 12-ry mielietafel.

Fendt Ideal 8 stroper

Selfs van agter is die Ideal 8 ՚n indrukwekkende werktuig.

“Ons is baie opgewonde om hier te wees,” glimlag Frans Cronjé, gebiedsverkoopbestuurder van Fendt. Sy opgewondendheid was nie verniet nie, want dié stroper het die derde plek in die klas behaal. Lees meer oor die resies in die artikel 2023-stoperresies op Grootpan: Groot, gulsige masjiene wys hulle staal.

“Die stroper wat ons vir vandag se resies ingeskryf het, is ons klas 8 Ideal. Hierdie spesifieke model het dubbelvoorwiele, maar dit is ook beskikbaar met rusperbande,” verduidelik Frans. “Die rusperbande is beskikbaar in breedtes van 762 mm
(30 duim) of 914 mm (36 duim).”

Fendt Ideal 8 stroper

Die Geringhoff 12-ry mielietafel
lyk of dit gemaak is vir die Ideal 8.
Saam was dit ՚n gedugte span by die
onlangse stroperresies.

Die Ideal 8 stroop doeltreffend van voor na agter
“Aan die voorkant het die sluk 220 kW aandrywing. Die voerdrom pas proporsioneel aan volgens die rotorspoed.

Hierdie is ՚n unieke gepatenteerde kenmerk van die Fendt-stropers waar die voerdrom altyd teen 70% van die rotorspoed materiaal invoer,” vertel hy. Die rotor is steeds die langste op die mark met 4,8 m. Dit verseker verbeterde skeiding en meer doeltreffende dorsaksie omdat dit ՚n enorme dorsoppervlakte skep. Die Ideal se rotors het hidrouliese omkeer vermoë in die gevalvan ‘n blokkasie.

Die Ideal 8 het ՚n dubbelhelix-rotorstelsel wat beteken daar is twee identiese rotors aan weerskante can die masjien. Hierdie kenmerk maak dat die stroper se dorsopppervlakte 1,66 m2 beslaan. Die skeidingsoppervlakte is 2,88 m2. Die dubbelhelix-rotorstelsel is beskikbaar in die Ideal 8, 9 en 10. Die stroper se tafelaandrywing is ontwerp om hidroulies terug te draai indien iets in vasteek.

Frans Cronje - Fendt

Frans Cronjè, gebiedsverkoopbestuurder
van Fendt, het nie net die
stroper se werking verduidelik nie,
maar ook die stroper tydens die
wedloop bestuur.

Verdere kenmerke van die Ideal 8 stroper

Die Ideal 8 is ՚n 401 kW stroper. Hierdie bielie het ՚n 17 100-liter graantenk. Onder die kap sit ՚n kragtige 12.4-liter MAN-enjin wat hoë krag lewer teen laer omwentelings. Om te sorg dat die enjin optimaal funksioneer, is daar ՚n AirSense®-verkoelingseenheid wat bestaan uit ՚n 950 mm omkeerbare waaier en ՚n verkoelingsoppervlakte van 2,7 m². Afhangende van die tyd en temperatuur, keer die waaier om om ook die verkoelingseenheid skoon te hou.

Vir meer inligting oor Fendt Ideal-stropers, kontak gerus vir to Frans Cronjè by 066-581-7505 of Frans.Cronje@agcocorp.com, of gaan kyk self by jou naaste vriendelike, behulpsame handelaar. Besoek hul webwerf by https://www.fendt.com/za/

This article was featured:

About Fendt

Fendt is the leading hi-tech brand within the AGCO Corporation for customers who demand nothing but the best quality from machines and services. Fendt tractors and harvesting machines work around the globe, both on professional farms and in non-agricultural applications. Customers benefit from innovative technology to improve performance, efficiency and profitability. Using resource-friendly solutions from Fendt helps farmers and contractors worldwide to work in a sustainable way.

At its German sites in Marktoberdorf, Asbach-Bäumenheim, Hohenmölsen, Feucht, Waldstetten and Wolfenbüttel, AGCO employs around 6 000 people in the areas of Research & Development and Sales & Marketing as well as Production, Service and Administration.

www.fendt.com/zawww.fendt.tvwww.facebook.com/fendtSouthAfricawww.youtube.com/FendtTVwww.instagram.com/fendt.global

About AGCO

AGCO (NYSE:AGCO) is a global leader in the design, manufacture and distribution of agricultural machinery and precision ag technology. AGCO delivers customer value through its differentiated brand portfolio including core brands like Challenger®, Fendt®, GSI®, Massey Ferguson® and Valtra®. Powered by Fuse® smart farming solutions, AGCO’s full line of equipment and services helps farmers sustainably feed our world. Founded in 1990 and headquartered in Duluth, Georgia, USA, AGCO had net sales of $9.1 billion in 2020. For more information, visit www.AGCOcorp.com

For company news, information and events, please follow us on Twitter: @AGCOCorp. For financial news on Twitter, please follow the hashtag #AGCOIR.

AGCO Africa Contact
Robert Keir
Brand Marketing Communications Specialist
082 349 7441
Robert.Keir@agcocorp.com
www.agcocorp.com