Ek is Georg Sievers en ek is gebore om te boer.” Georg Sievers boer 40 km noord van Grootfontein met beeste, mielies, sonneblom, groente en voer. Sy oupa het die plaas reeds in 1934 gekoop. In daardie dae het hulle nog met donkies geoes.
Hy het leer trekker bestuur op die heel eerste Massey Ferguson 188 wat op hulle plaas aangekom het, gekoop deur sy pa. Dit is ook só wat hy geheg geraak het aan die Masseys. Van daar af het die MF-gogga hom gebyt en het hy vandag ’n hele rits trekkers.In 1992 het hy vir hom twee splinternuwe trekkers gekoop: ’n 290 en ’n 399. Verder het Georg ’n 6711 wat meestal spuit, maar ook help met voorbereiding. Die 8S is goed vir grondvoorbereiding en bytelploeg. Die 8S Massey is die nuwe generasie van trekkers en het baie kenmerke wat dit ideaal maak. Volgens Georg is dit veral die rygemak, groot kajuit, stil binnekant en enjinkrag wat uitstaan.
“Ek is veral beïndruk met die 6713R. Dit het die Dyna-4 ratkas, wat dit moontlik maak om die regte spoed te kies vir elke implement, wat bewerking later baie ekonomies maak. Die ratteskakeling is baie glad. Jy kan die regte rat of die regte spoed kies vir die regte werk.” Georg gebruik sy 6713R vir spuit en plant. Susie Sievers, Georg se vrou, vertel dat dit baie opwindend is elke keer as daar ’n nuwe trekker by die plaas opdaag. “Al die kinders hardloop om te gaan kyk.” In Namibië is dit belangrik dat hulle mielies moet klaar plant in Desember, want dit is die beste tyd daarvoor. “As dit reën moet ons partykeer dag en nag werk om klaar te kry. Dit is waar groter trekkers sin maak, om groter oppervlaktes op ’n slag te kan klaarky.”

Die MF is ‘n trekker wat sy tyd vooruit is wat beter presteer as gemak, konnektiwiteit, gebruikersgemak, kragdoeltreffendhe
Georg diens sy trekkers voor elke seisoen. “Alhoewel ek dit nog nie nodig gehad het nie, het hulle reserwertrekkers beskikbaar as joune breek. Dit is ’n riem onder die hart om te weet dat hulle jou daardie tyd van die jaar bystaan.”
Daar is min verskaffers in Namibië beskikbaar, en dit is juis waar Otjiwarongo Motors & Tractors ingekom het. Hulle bystand is verseker. “Ek kan die foon enige tyd optel en hulle gaan ’n plan maak dat ons die onderdele kry,” vertel Georg.
Thorsten Kopp is die verkoopsbe-stuurder by Otjiwarongo Motors & Tractors, al vir meer as 10 jaar. Hulle het dienstegroepe wat die hele land diens, van die suide tot bo by die Okavango. Otjiwarongo Motors & Tractors is ’n familiebesigheid wat in 1983 gestig is deur Thorsten se ouers. Hulle doen ’n hele reeks van toerusting: alles wat jy voor en agter die trekker kan haak.
Thorsten sê dat daar in Grootfontein ’n duidelike skuif is na hoë perdekragtrekkers en presisieboerdery. “Die groot voordeel van die Massey Ferguson hoë perdekrag trekkers is die samespeling tussen jou motor, ratkas en hidroulika. Dit het baie effektiewe brandstofverbruik. Jy doen dieselfde werk met minder insetkoste.” Die Sievers is al kliënte van Otjiwarongo Motors & Tractors so lank as wat Thorsten kan onthou. Dit het al begin met Georg en Thorsten se pa’s wat besigheid met mekaar gedoen het.

Thorsten Kopp werk al vir 10 jaar by Otjiwarongo Motors & Tractors en is ’n kenner op dié gebied
“Ons het ’n goeie verhouding met Otjiwarongo Motors & Tractors. Hulle voorsien ons vinnig met onderdele as dit nodig is. Wat ook belangrik is, in vergelyking met ander trekkers is die koste van eienaarskap redelik laag. Die onderdele is bekostigbaar en beskikbaar. So jy kan met ’n geruste hart die trekkers koop,” sê Georg. Thorsten vertel dat hulle baie staatmaak op Massey Ferguson: “Die belang-rikste vir ons is die trekker wat in die middel van alles staan en dít is Massey Ferguson. Ons is baie trots daarop dat ons saam met Massey Ferguson kan werk en saam die toekoms kan instap.”
Vir meer inligting, besoek www.tractorsnamibia.com, e-pos massey@afol.com.na, of skakel (+264) 67-303041
Download article here



































