Massey Ferguson se bielie 9895 Klas-8-stroper het vanjaar weer sy verskyning by die jaarlikse stroperresies gemaak. Thomas Wait, AGCO SA produkbemarkingsbestuurder, vertel dat die MF9895 Klas-8-stroper die ideale kombinasie van krag, tegnologie en doeltreffendheid is. Die stroper het ‘n 9,8 liter, sewesilinder AGCO power-enjin wat 365 kW lewer. ՚n Klap aan die regterkant van die stroper maak die enjin toeganklik sodat die operateur dit maklik kan versien of herstel indien dit in die veld sou breek.

Om te verseker dat jou stroper se enjin in die stowwerige veld koel bly, is dit toegerus met ՚n V-verkoelingstelsel. Die verkoelers is in ՚n V-formaat weerskante van die enjin geplaas en ՚n hidrouliese omkeerbare waaier aan die bokant van die enjin skop elke 15 minute in om te verseker die verkoelers bly skoon.

Thomas Wait, AGCO Afrika produkbemarkingsbestuurder saam met Sven Rohrs, Massey Ferguson Klas-8 bestuurder was vir die tweede jaar by die stroperresies.

Thomas Wait, AGCO Afrika produkbemarkingsbestuurder saam met Sven Rohrs, Massey Ferguson Klas-8 bestuurder was vir die tweede jaar by die stroperresies.

՚n Doeltreffende stroper
Die unieke inlyn-enjin en -rotor ontwerp verseker direkte aandrywing aan die 800 mm rotor. Die MF9895-stroper is 3,56 m lank en het ՚n graantenkgrootte van 12 365 liter met ՚n uitlaaikapasiteit van 150 liter per sekonde. Die konkawe word met vere aan die raamwerk vasgesit. Dit meen die vere sal meegee indien daar ՚n volume materiaal deurbeweeg wat die rotor nie kan hanteer nie.

՚n Kajuit gemaak vir gemak
So indrukwekkend soos wat die stroper aan die buitekant is, is die kajuit ook gemaak vir doeltreffendheid en gemak. Die kajuit is ruim, oop en verstaanbaar. “Jy het jou hidrostatiese aandrywing, tafelbeheer, die rotor se aan- en afskakeling, versneller en die tafel se hoogteverstelling alles mooi bymekaar. Jy kan ook jou konkawe oop en toe stel en die waaierspoed verstel,” verduidelik Thomas. Daar is ook ‘n C2100-skerm in die kajuit waar jy die siwwe oop- en toe kan maak, die waaierspoed kan verander en verstellings op die konkawe maak.

Die MF9895 stroper het weer ՚n verskyning gemaak by die stropperresies.

Die MF9895 stroper het weer ՚n verskyning gemaak by die stropperresies.

Stroop sonder vassit
Al Massey Ferguson se nuwe stropers het vierwielaandrywing sodat jy nie sukkel in nat toestande nie. Hulle kom ook standaard met Climate Field View en ʼn 5-jaar intekening. Massey Ferguson het ook die Klas-6 stroper, die 9695, en die 9795-stroper wat beskikbaar is in twee konfigurasies. Die een kom met ʼn kleingraankonfigurasie wat ʼn snyer insluit en dan ʼn grootgraankonfigurasie wat ʼn kafverspreider agteraan het. Die 9895 kom ook in ՚n grootgraankonfigurasie.

Die masjiene kom standaard met al die konkawe en siwwe wat vir klein en groot graan benodig word. Die MF9895 het sesde geëindig in die 2024-stroperresies en die span se doel vir die dag was om die skoonste monster met minimum verliese te stroop teen die vinnigste spoed. Die Dragomielieplukkerkop verseker dat daar minimale aanpaksel op die plukker is. Hoewel hulle nie eerste geëindig het nie, het Massey Ferguson beslis die boere verbaas en beïndruk.