Massey Ferguson, ’n wêreldbekende vervaardiger van landboutoerusting het weereens boere by NAMPO Kaap vanjaar beïndruk met hulle indrukwekkende teenwoordigheid. Boere en landbou-entoesiaste het in hulle honderde saamgedrom by die merkwaardige standplaas van Massey Ferguson, wat beslis as een van die hoogtepunte van die skou gereken kan word.

Brendon Puttick, gebiedsbestuurder van AGCO vertel die standplaas hierdie jaar tydens Nampo Kaap is groter en beter as ooit tevore, om aan boere die wye reeks toerusting wat hulle beskikbaar het wat waarde tot enige boerdery toevoeg te wys. “Ons wil nader aan julle, die boere, kom!” verklaar hy.

Massey Ferguson het vanjaar nie teruggehou nie, met ’n uitstalling wat werklik hulle toewyding aan innoverende landboutegnologie en masjinerie beklemtoon het. Hulle uitstalling het nie net gefokus op grootte nie, maar ook op praktiese oplossings wat doeltreffendheid en produktiwiteit vir die boer bevorder.

Waarom Massey Ferguson keer op keer boere bekoor

Massey Ferguson se betroubaarheid, vernuwing en toewyding aan die landbougemeenskap was duidelik teenwoordig by NAMPO Kaap 2024. Hulle betrokkenheid by die landboubedryf gaan oor meer as net masjinerie en toerusting – dit gaan vir hulle oor die ondersteuning van boere in elke aspek van hulle werk. Hulle uitstalling het weereens bewys waarom hulle as ’n toonaangewende handelsmerk in die landbousektor gesien word.

Met ’n skouspelagtige vertoning van masjinerie, kundigheid en tegnologiese vooruitgang, het Massey Ferguson se standplaas by NAMPO Kaap 2024 duidelik gewys dat hulle ’n gevestigde krag in die landboubedryf is, en dat hulle aan die voorpunt van innovasie en oplossings vir die moderne boer bly.

‘n Omvattended oplossing vir elke boer

Massey Ferguson het nie net trekkers en ander landboutoerusting ten toon gestel nie, maar het ook aan boere die geleentheid gebied om met Massey se kundiges te gesels oor die beste praktyke in moderne boerdery.

Landbougeleenthede soos NAMPO Kaap bied aan Massey ’n waardevolle platform om skouers te skuur met boere en belanghebbendes in die bedryf, om gesprekke te voer oor landbou-uitdagings, met oplossings wat toegespits is op die unieke behoeftes van boere in Suid-Afrika.

These all-day everyday machines are fitted with durable powerful Simpson engine

Nampo Kaap 2024.

Trekkers en landboutoerusting wat ‘n verskil maak

Een van die trekpleisters by Massey se NAMPO Kaap standplaas was die bekendstelling van hulle nuwe MF 8S-reeks trekkers, wat reeds wêreldwyd groot belangstelling wek. Hierdie trekkers bied ongeëwenaarde werkverrigting en gemak vir boere wat ernstig is oor hulle besigheid. Met kragtige enjins, gevorderde tegnologie en brandstofdoeltreffendheid wat in ’n klas van sy eie is, het hierdie trekkers menige koppe laat draai.

Brendon vertel: “Die Global-reeks trekkers is in ’n klas op hulle eie en hulle tyd vêr vooruit. Dit sluit die 47- tot die 67-reeks in, soos die 5709, die 5710 en die 6713. Die trekkers is ook toegerus met die welbekende “AGCO power-enjin” is een in hulle klas wanneer dit kom by effektiewe brandstofverbruik wat jou rande spaar.”

These all-day everyday machines are fitted with durable powerful Simpson engine

Massey Ferguson 8S – Suid Afrikaanse vlag.

Massey Ferguson se vlagskip is die 8737-trekker met die hoogste kraguitset van 370 pk (376 kW) in die Global-reeks. “Die trekker is, net soos sy kleiner boetie, die 7S 210, ook toegerus met ’n DynaVT-ratkas. Die kleiner model is ’n ware werkesel vir algemene plaaswerk, en dan is daar ook nog die bababoetie van die reeks, die 7S 155, wat ’n Dyna6-ratkas het,” verduidelik Brendon.

Maar Massey Ferguson se fokus is nie net trekkers nie – die maatskappy is ’n ware eenstop-winkel vir plaastoerusting.

Die 9795-stroper sal korte mette maak van die uitgestrekte graanlande in die Wes-Kaap en elders. Die Klas 7-stroper het ’n groot tenkkapasiteit en uitstekende aflaaivermoë, en is ook toegerus met ’n Field View-funksie.

Dit is nie al nie, hulle produkreeks sluit ook hooitoerusting in, soos die DM 357 platsnyer wat uitstekend is vir die sny van hawer, en ’n hele paar ander kleiner snyers en harke vir ’n verskeidenheid snywerk op ’n graanplaas.

Massey het ook gespog met hulle 500R-selfloperspuit met ’n 3 500 liter tenk en ’n 30 meter-spuitbalk, met 9 of 36 seksies. Die spuit is uniek in die opsig dat dit beweeglik is – die wiele is altyd op die grond. Die spuit is ook toegerus met ’n vierwielaandrywing-stelsel wat wielglip voorkom. Boonop is dit die mees bekostigbare selfloperspuit in die mark, met al die toebehore wat jy nodig het, soos ’n weerstasie sodat jy weet wat om van die weer te verwag, en ’n GPS-stelsel.

Massey Ferguson het tans ’n spesiale aanbieding van 0%-rente. “As jy jou boerdery wil vorentoe vat, gaan besoek ons webtuiste by www.massey ferguson.com of volg ons op sosiale media,” sê Brendon. “Maak kontak met jou handelaar om meer uit te vind van die spesiale aanbieding!”.