Wanneer jy die pad na Vivo aandurf, sien jy gou dat boerdery in hierdie deel van die land ernstig geneem word. Die omgewing is ’n mengsel van aartappellande, weiding en veeboerdery. Dis ’n plek waar ’n betroubare trekker die verskil kan maak tussen ’n goeie en ’n gemiddelde seisoen. Dis dus gepas dat AGCO en Massey Ferguson by vanjaar se Vivo Boerebemarkingsdag ’n groot teenwoordigheid gehad het, met rooi trekkers wat reeds van ver af ’n gevoel van vertroue en bekendheid skep.
Bianca Henning, redakteur van ProAgri, het die dag bygewoon en gesels met twee van die streek se mees ervare Massey-vennote: Jay-Dee Venter van TTS Massey Ferguson Pietersburg en George Fogwell van Tractor Field Services (TFS) Massey Ferguson Louis Trichardt. Albei het beklemtoon dat Massey Ferguson se teenwoordigheid op sulke dae veel verder strek as net bemarking. Dit gaan oor die bou van verhoudings, die deel van kennis en die ondersteuning van die plaaslike boeregemeenskap.
Die Massey Fergusson Global reeks: Werkesels wat presteer

George Fogwell van Tractor Field Services (TFS) in Louis Trichardt en Jay-Dee Venter van TTS in Pietersburg het boere verwelkom by die AGCO standplaas en belangstellendes meer vertel van die besonderse, bekende en betroubare trekkers.
Een van die groot trekpleisters was die Massey Ferguson Global Reeks, veral die 4708 en 5710. Jay-Dee Venter het verduidelik dat hierdie trekkers ontwerp is met eenvoud, betroubaarheid en koste-effektiwiteit in gedagte. Dit is ideaal vir Suid-Afrikaanse boere wat sterk en maklik diensbare trekkers nodig het.
Die MF 4708 is toegerus met ’n 3,3 ℓ, drie-silinder AGCO Power turbo enjin wat sowat 60kW lewer. Boere waardeer sy lae brandstofverbruik en goeie wringkrag by lae enjinspoed, wat hom perfek maak vir take soos ploeg, spuit en voer uitry. Sy transmissie-opsies sluit ’n 8×8 meganiese rigtingwisselaar of ’n 12×12 krag-rigtingwisselaar in, met ’n natskyfkoppellaar in die krag-rigtingwisselaar weergawe wat sorg vir gladder ratveranderings en langer lewensduur.
Die MF 5710, met sy 4,4 ℓ, vier-silinder AGCO Power enjin wat tot 77kW lewer, bied ’n bietjie meer spierkrag vir groter implemente of hoër produksievereistes. Sy transmissie is ’n 12×12 gesinkroniseerde ratkas, met die opsie vir krag-rigtingwisselaar, en hy beskik oor ’n indrukwekkende hefvermoë van tot 4 300 kg.
Jay-Dee het daarop gewys dat hierdie trekkers spesifiek ontwerp is vir maklike onderhoud: “Alles is toeganklik – van die enjin se dienspunte tot die hidrouliese stelsels. Dit beteken minder stilstand en laer bedryfskoste.”
Die hoë kragreeks – die 8738 S Limited Edition 175
Waar die Global Reeks die werkesels is, is die Massey Ferguson 8738 S Limited Edition 175 die vlagdraer. George Fogwell van TFS was duidelik trots om boere aan hierdie model voor te stel.
Hierdie trekker kom uit die bekende MF 8700 S-reeks, met ’n 8,4 ℓ, ses-silinder AGCO Power-enjin wat krag vanaf 270kW lewer. Die Dyna-VT CVT-transmissie bied traplose spoedbeheer wat ideaal is vir groot graan- en veeboerderye waar maksimum produktiwiteit nodig is. Die model wat by Vivo vertoon is, het boere laat regop sit met sy indrukwekkende spesifikasies – van sy bykans 12 ton agterhefligvermoë tot sy elektro-hidrouliese kragaftakker en natskyfkoppelaars wat selfs onder ‘n swaar vrag glad werk.
George het verduidelik dat die armleuning-beheerstelsel in die kajuit een van die groot voordele van hierdie reeks is: “Die bestuurder het al die belangrikste kontroles reg onder sy hand, van hidrouliese kleppe en kragaftakker-keuses tot spoedbeheer. Dit verminder moegheid en maak dit moontlik om die trekker se volle potensiaal te benut.”
Die ergonomie en gerief van die kajuit is ’n groot pluspunt. Met min geraas in die kajuit, uitstekende sigbaarheid en intuïtiewe kontroles kan ’n bestuurder ure aaneen werk sonder om onnodige spanning te ervaar.

AGCO trap ‘n duidelike spoor op Vivo se Boerebemarkingsdag met ‘n reuse ten toon stelling van al hulle produkte wat bekende name soos Massey Ferguson en Fendt insluit.
Meer as net tegnologie – dit gaan oor vertroue
Hoewel tegniese spesifikasies belangrik is, het beide Jay-Dee en George benadruk dat dit die verhouding tussen Massey, hul agente en die boere is wat regtig saak maak.
“Ons is nie net hier om trekkers te verkoop nie,” sê Jay-Dee. “Ons wil oplossings bied wat by die boer se unieke situasie pas. Dis vir ons belangrik dat wanneer ’n boer ‘n Massey koop, hy ook die sekuriteit het van ’n vennoot wat hom gaan ondersteun.”
George stem saam: “Wanneer jou trekker stilstaan, staan jou oes. Ons glo in vinnige diens en onderdele beskikbaarheid. Dit is wat vertroue bou, nie net die kwaliteit van die trekker nie, maar die gemoedsrus dat jy nie alleen is wanneer jy ’n probleem ervaar nie.”
’n Handelsmerk wat die gemeenskap dien
Die Vivo Boerebemarkingsdag is nie net ’n uitstalgeleentheid nie maar dit is ’n sosiale gebeurtenis waar boere idees uitruil en nuwe oplossings ontdek. Massey Ferguson se teenwoordigheid het ’n gevoel van vennootskap en betrokkenheid gebring.
AGCO se betrokkenheid gaan verder as net produkte. Hulle bied finansieringsopsies, onderhoudspakkette en opleiding om te verseker dat boere die maksimum waarde uit hul belegging put. Dit is hierdie holistiese benadering wat Massey Ferguson se gewildheid in die streek versterk.
Die pad vorentoe
Die sukses van die dag wys dat Massey Ferguson nie net ’n handelsmerk is nie maar ’n instelling in die landbougemeenskap. Met betroubare trekkers, gevorderde tegnologie en agente wat hul boere ken en ondersteun, is die pad vorentoe belowend.
Vir boere in en om Vivo is die boodskap duidelik: of jy nou ’n robuuste werkesel soek om jou dag-tot-dag take te hanteer, of ’n hoë krag oplossing vir groot produksie, Massey Ferguson het ’n model wat jou behoeftes aanspreek, en mense wat gereed is om jou te ondersteun.
Om meer uit te vind oor die waarde wat Massey Fergusson op jou plaas kan toevoeg,
Tractor Field Services:
- George Fogwell
- Louis Trichardt
- (+27)0-83-415-3076,
- E-POS: masseyfergusonltt@gmail.com
- Webwerf www.tractorfieldservices.co.za
TTS PLant Hire:
- Jay-Dee Venter
- Polokwane
- +27 83 629 0665
- E-POS: jventer@ttslimpopo.co.za
- Webwerf https://www.ttsmasseypolokwane.co.za/
Click here for ProAgri’s article. https://proagri.co.za/massey-ferguson-bou-vertroue-en-wys-tegniese-vernuf-by-vivo-boerebemarkingsdag/