In die Amersfoort-distrik waar die weer en die seisoene min ruimte vir foute laat, speel tydsbestuur ’n bepalende rol in die sukses van ’n boerdery. By Kojo Boerdery moet elke plantvenster optimaal benut word om die groot saaivertakking wat sojabone, mielies en hooiproduksie insluit betyds in die grond te kry. Kojo Boerdery het ook ’n gevestigde vee-afdeling met ’n Merino-en Drakensberger-stoet wat die boerdery verder versterk.

So waar het die behoefte aan hoëkilowatt trekkers binne Kojo Boerderyontstaan? Binne Kojo Boerdery het die behoefte hoofsaaklik ontstaan namate die boerdery oor die jare heen uitgebrei het. Met die uitbreiding van die saaivertakking
het dit noodsaaklik geword om die trekkervloot op te gradeer sodat dit die groter werkslading en die kort plantvensters doeltreffend kan hanteer.

Vir Kojo Boerdery was daar ’n duidelike lys vereistes waaraan nuwe trekkers moes voldoen. Die trekkers moes oor gevorderde tegnologie beskik, genoeg trekkrag hê om groot implemente te hanteer, en terselfdertyd doeltreffend met brandstof werk. Verskeie trekkers is deeglik geëvalueer voordat die finale besluit geneem is, en uiteindelik het die keuse op Fendt geval.

’n Trekker vir elke taak

Kojo Boerdery het drie Fendt 1050-trekkers vir hul boerdery aangeskaf. Johan du Plessis (Dup), plaasbestuurder van die saai-afdeling by Kojo Boerdery, vertel dat die drie Fendt 1050-trekkers ’n baie veelsydige rol binne die boerdery vervul. Volgens hom word die trekkers gebruik vir verskeie take, wat insluit grondvoorbereiding plantwerk en ook om tapkarre te sleep tydens strooptyd.

“Wat vir ons uitstaan van die trekkers binne die boerdery is die feit dat hulle ongelooflik baie krag het, maar teen baie laer revolusies werk om daardie krag op die grond te sit,” verduidelik Dup. “Die trekkers is ook baie betroubaar en ons het nie probleme met hulle nie. Die feit dat hulle so veelsydig is en vir verskillende take op die plaas aangewend kan word, maak dat die trekkers baie goed binne ons boerdery inpas.

Die Fendt 1050 word ingespan tydens planttyd by Kojo Boerdery.

Die Fendt 1050 word ingespan tydens planttyd by Kojo Boerdery.

“Hier by Kojo Boerdery probeer ons altyd om die planttyd binne die kort venster wat ons hier in die Amersfoorten Mpumalanga-distrik het, optimal te benut. Ons laat ons vee ook vir ’n redelike lang tydperk die lande bewei op die oesreste, wat die planttyd verder beperk. Dit maak dit vir ons uiters belangrik om meer werk binne minder tyd te kan doen.”

Fendt vir Kojo se grondbewerkingsbehoeftes

Kojo Boerdery se voorbereidingspraktyk draai om ’n kombinasiewerktuig, die Väderstad TopDown 700, wat gebruik word nadat die vee van die lande afgehaal is. Omdat die lande vir ’n redelike lang tydperk bewei word, begin grondbewerkings eers relatief laat in die winter. Die TopDown 700- kombinasieimplement sluit ’n skottelbewerking, tandbewerking, gelykmaak en ’n roller in om die grond deeglik te konsolideer.

Die idee agter hierdie bewerking is om alles in een enkele beweging oor die land te doen, sodat die grond gereed is vir plant sodra die bewerking voltooi is. Hierdie praktyk help om tyd binne die kort plantvenster optimaal te benut.

Volgens Werner Nel van JWL Landbou word groot kombinasiewerktuie dikwels as “’n handbriek vir ’n trekker” gesien, aangesien dit ’n groot hoeveelheid krag vereis om die implement oor die land te trek. Dit is presies waar die Fendt 1050 sy krag en vermoë tot sy volle reg laat kom.

Werner verduidelik dat hierdie tipe implement die regte hoeveelheid krag en grondspoed benodig om die bewerking so effektief moontlik af te handel. Anders as ’n driepunt-implement het ’n sleep-implement ’n ander uitwerking op die trekker se belading en banddruk, wat twee kritieke faktore is om ’n trekker optimaal op te stel. Met ’n sleep-implement is dit veral belangrik om die gewigsverspreiding korrek te hanteer, en volgens Werner is die Fendt 1050 spesifiek ontwerp om hierdie aksies maklik en effektief uit te voer.

Gewigsverspreiding en banddruk

Die Fendt 1050-trekkers is toegerus met ’n gewigblok aan die voorkant, wat in verskillende gewigte beskikbaar is. Dit stel boere in staat om die trekker se gewigsverspreiding optimaal aan te pas vir verskillende toepassings – ’n ligter gewigsblok vir ’n sekere taak en ’n swaarder een vir ’n ander. Die trekker kan ook sonder ’n gewigraam aan die voorkant gebruik word indien nodig.

Volgens Werner het die Hoëveld sy eie uitdagings wat betref meganisasie. Hy beklemtoon dat die krag per hektaar (kW/ha) gepaard gaan met die kapitale uitgawes wat nodig is vir toerusting en trekkers om die gegewe hektare te bewerk. “Die besluit om hierdie trekkers aan te skaf was dus meer as net oor brute trekkrag, dit het gegaan oor optimale funksionaliteit, gewigsverspreiding en doeltreffendheid op die plaas,” meen Werner.

Planttyd saam met Fendt by Kojo

Ná afloop van grondvoorbereiding, word die Fendt 1050-trekkers ook ingespan om sojabone en mielies op die plaas te plant. Hoewel die kragvereistes vir die planters nie so hoog is nie, beteken dit dat dieselfde trekker albei take kan verrig. Kojo maak gebruik van 24 ry- Equa-lizer-planters tydens planttyd, op ’n rywydte van 76 cm.

Hierdie konvensionele planters het, soos alle wye span planters, ’n spesifieke behoefte aan hidrouliese kapasiteit en krag. Hoewel die trekkers nie met rygewas-bande toegerus is nie, maak die veelsydigheid en aanpasbaarheid van die Fendt dit moontlik om die banddruk aan te pas en die belading ligter te maak. Dit help om die kompaksie op die rye waar geplant word, tot ’n minimum te beperk, ten spyte van die feit dat daar op die rye getrap word.

Wat verder beskikbaar is as opsionele toerusting, is ’n kompressorsisteem wat die banddruk direk vanuit die kajuit kan reguleer, en dit verhoog die werkdoeltreffendheid en gemak verder.

Hidrouliese kapasiteit vir presisieplant

Die wyespan-planters het ’n spesifieke hidrouliese behoefte, en dit is waar die Fendt 1050 sy waarde bewys. Die trekkers het ’n aparte hidrouliese tenk vir die eksterne hidrouliese punte. Boonop is die trekkers toegerus met twee hidrouliese pompe wat elk sy eie hidrouliese bank bedien. Elke bank het drie uitlate wat konstante olievloei en druk vir die planter verseker. Dit maak seker dat saad akkuraat geplaas word en ’n optimale stand tot gevolg het.

Die Fendt-trekkers se aparte hidrouliese tenk en dubbele pompe met valve banks verseker konstante olievloei en druk, wat akkurate saadplasing en optimale stand moontlik maak.

Die Fendt-trekkers se aparte hidrouliese tenk en dubbele pompe met valve banks verseker konstante olievloei en druk, wat akkurate saadplasing en optimale stand moontlik maak.

Laer revolusies en hoër wringkrag

Die 1050 Fendt-trekkers is toegerus met ’n MAN-enjin wat ’n unieke eienskap het: baie lae revolusies en hoë wringkrag. Die trekker luier byvoorbeeld op net 650 rpm, en sy maksimum wringkrag is reeds by ongeveer 1 100 revolusies beskikbaar, terwyl die maksimum revolusies ongeveer 1 700 is. Hierdie kombinasie van wringkrag en lae revolusies dra by tot uitstekende brandstofverbruik.

Voordele van lae revolusies en die Vario-ratkas

Die belangrikste voordeel van die Fendt se Vario-ratkas is dat dit slegs die krag van die enjin gebruik wat benodig word vir die taak. Dit beteken die enjin kan op baie laer revolusies werk, wat dieselfde grondspoed lewer en terselfdertyd die brandstofverbruik aansienlik verminder. “Ons het opgemerk dat die lae revolusies lei tot buitengewoon lae brandstofverbruik binne die boerdery,” deel Dup.

Kies Fendt as jou langtermyn-vennoot

Werner Nel van JWL Landbou en Johan du Plessis (Dup) by een van Kojo Boerdery se Fendt 1050-trekkers.

Werner Nel van JWL Landbou en Johan du Plessis (Dup) by een van Kojo Boerdery se Fendt 1050-trekkers.

As jy jou boerdery se meganisasie na ’n volgende vlak wil neem en jou kragbehoeftes optimaal wil benut, is Fendt die antwoord. By Kojo Boerdery word die Fendt-trekkers regdeur die jaar vir ’n verskeidenheid take aangewend – wat hul veelsydigheid en waarde bewys. Die trekkers kom ook met ’n vyf jaar-, 5 000 uur-waarborg, wat nie net gemoedsrus gee nie, maar ook ’n beter herverkoopwaarde vir jou as boer verseker.

Vir meer inligting oor Fendt se wêreldklas trekkers, besoek hul webwerf by https://www.fendt.com/za/ of besoek JWL Landbou se webwerf by https://jwl.co.za/