՚n Spesiale trekker is nodig vir hulle nuwe drietonkunsmisstrooier. So het Dieter Schroder, eienaar van DT Farming Trust in Winterton, en sy skoonseun, Ross Braithwaite, besluit. Sven Rohrs en sy pa, Leon, van hulle staatmaker verskaffer, Drakensberg Landboudienste (DAS), moes help met kundige advies en leiding.

Sven-hulle het AGCO se unieke ASK-stelsel (AGCO Sales Configurator) nader getrek om Dieter en Ross se “spesiale, hoë-perdekrag-trekker” te vind.

Nadat Dieter in 1989 die plaas, Noodhulp, in Winterton gekoop het, het hy destyds die grond hoofsaaklik verhuur vir weiding vir ՚n vleisbeesboerdery en ՚n bietjie gewasverbouing. “Ons bedrywighede het uitgebrei en daarmee saam ons behoefte aan meganisasie. ՚n Paar jaar gelede het die voortslepende droogte my genoop om na besproeiingsboerdery te kyk en ons toerustingbehoeftes het daarmee saam verander. Ons bewerk tans sowat 1 100 ha per jaar onder besproeiing,” sê Dieter.

Ross verduidelik dat DT Farming Trust, wat nog altyd mededingende masjiene in sy vloot gehad het, onlangs ՚n dringende behoefte aan ՚n trekker met unieke vereistes gehad het. Hulle gewone trekkerhandelaar kon nie sorg vir die vinnige verkryging van ՚n masjien wat al die spesifikasies het en ook spog met lae eienaarskapskoste en baie ekonomiese brandstofverbruik nie. Hulle het met die Rohrs van DAS gaan praat. DAS gebruik die AGCO ASK-stelsel om trekkers te ontwerp wat aan spesifikasies voldoen ten opsigte van hidroulika, die kragaftakker en in die geval, dubbelerygewasbande. Ross het die nuwe MF 7720 S-reeks op die omvattende Massey Ferguson-webwerf en YouTube-video’s bekyk en vertel hoe opgewonde sy sewejarige seun, Carter, geword het toe hy hom vertel het dat hulle ՚n nuwe soort trekker vir die plaas wil koop.

Ross with his sons and their grandfather

Die sewejarige Carter Braithwaite het die treffende kleur voorgestel en die trekker Black Beast gedoop.

Carter kon ook sy eie spesifikasie bydra: Toe hy gevra is watter kleur die trekker moet wees, het hy swart gekies!

AGCO se ASK-handelaarsfunksie is ՚n maklik-om-te gebruik samesteller om ՚n trekker volgens spesifieke behoeftes aan te pas, selfs tot op die vlak van die kleur van die trekker. Na ՚n spesiale konsultasie tussen DAS en die mense van Noodhulp om hulle nuwe hoëperdekragtrekker te spesifiseer, is die bestelknoppie gekliek om outomaties ՚n vervaardigingsgleuf by die Beauvais-fabriek in Frankryk te bespreek. Weeklikse opdaterings oor die bouproses is gestuur. Die treffende swart MF 7720 S het net twaalf weke later in Durban se hawe aangekom. Met sy aankoms op die plaas het Carter die trekker die bynaam, Black Beast, gegee.

Handelaarbemagtiging

Sven skryf die buigsaamheid van DAS as ՚n MF-handelaar om aan spesifieke vereistes soos dié vir DT Farming Trust te voldoen, toe aan gespesialiseerde gereedskap soos die AGCO ASK-stelsel, Dit demonstreer ook AGCO Africa se vermoë om handelaars en klante beter te bedien. As oorspronklike toerustingvervaardiger (OTV) het AGCO laat in 2020 van ՚n drievlakverspreidingsmodel na ՚n regstreeks-na-handelaar-verspreidingsmodel vir Suid-Afrika verander.

“Daar is minder middelmanne en regstreekse skakeling tussen AGCO Africa en ons eie kliënte,” sê Sven. “Wanneer ՚n boer bereid is om ՚n goeie bedrag geld in nuwe toerusting te belê, is dit van uiterste belang om dit uit die staanspoor te spesifiseer in terme van die toepassing en die boer se voorkeure. Hierdie nuwe sakemodel het ons in staat gestel om nader aan die boer en OTV te kom.”

Die eienaar van DT Boerderytrust, Dieter Schroder, en skoonseun Ross Braithwaite.

Die eienaar van DT Boerderytrust, Dieter Schroder, en skoonseun Ross Braithwaite.

DT Farming Trust ken die MF-handelsmerk en DAS, omdat die boerdery strooiers en planters by DAS gekoop het. Dit is egter die plaas se eerste MF-trekker. Wat die weegskaal in die handelaar se guns laat kantel het, was die unieke aanpassing, terugvoering en uitstekende naverkopediens wat die Rohrs nog altyd aan DT Farming Trust gebied het. “Ek kan hulle enige tyd van die dag of nag bel,” sê Ross. Onlangs met planttyd was daar ՚n probleem met ՚n pomp wat water vanuit ՚n plaaslike dam na die besproeiingstelsel stuur. Leon het op ՚n Sondag uitgekom en die waterpomp binne twintig minute weer in werking gehad, wat beteken dat die besproeiingstelsel binne ՚n japtrap sy werk kon hervat. “DAS gaan uit sy pad om te help met enigiets van trekkers tot werktuie en selfs waterpompe,” sê Ross.

Samestelling van die swart MF 7720 S

Sven beklemtoon dat die AGCO ASK-stelsel wat gebruik is om die kragtige, hoë-spesifikasie trekker uit die MF 7700 S-reeks saam te stel, ՚n handelaar soos DAS in staat stel om ten volle te reageer op spesifieke vereistes van boere, van bandgrootte tot hidrouliese-olievloei en verskillende stuuropsies vir presisieboerdery. Die spesifieke model wat DT Farming Trust aangeskaf het, het die betroubare AGCO Power 6,6 liter sessilinder-enjin, wat deur heelwat ontwikkelings is sedert die MF 6400-reeks met ՚n Sisu-enjin vrygestel is. Dit spog nou met eienskappe soos die enkelry-afsluiter wat vir mielie- en sojaplanters gebruik kan word.

Sven Rohrs, mededirekteur van DAS, saam met sy pa, Leon. Hulle lewer skitterdiens aan boere in die omgewing van Winterton.

Sven Rohrs, mededirekteur van DAS, saam met sy pa, Leon. Hulle lewer skitterdiens aan boere in die omgewing van Winterton.

“Al hoe meer boere skuif na presisieboerdery,” verklaar Sven. Noodhulp gebruik byvoorbeeld enkelry-afsluiting vir sy sojabone. DT Farming Trust se groot vereiste was ՚n sessilindertrekker wat kragtig genoeg is vir hulle 3-ton strooier. Nog eienskappe wat die wenpunte vir die MF-reeks was, is die hoë hidrouliese vloei en optelvermoë van die agterste hyser, wat sorg vir gladde hantering oor kontoere. MF het groot veranderinge aan die outomatiese stuur- en presisieboerde-rystelsels van die S-reeks aangebring, en dit is nou een van die mees tegnologies gevorderde trekkerreekse in die mark. Dit het ՚n Fieldstar 5-terminaal met ՚n Trimble 382-ontvanger en volle RTK-ontsluiting vir akkuraatheid van 3,2 tot 3,8 cm. Volledige ISOBUS-stuur maak voorsiening vir intuïtiewe seksie- en koersbeheer.

Noodhulp het 1100 ha per jaar onder besproeiing.

Noodhulp het 1100 ha per jaar onder besproeiing.

“Die strooier is binne minute opgestel en ingestel en werk soos ՚n droom,” sê Sven. Die kajuituitleg het ՚n terminaal vir presisiebeheerfunksies aan die een kant en een vir die trekker self aan die ander kant om die bestuurder te help om tussen die twee te onderskei. Nog ՚n nuwe kenmerk is die veelfunksiebeheerhefboom (joystick). Die veelfunksiehefboom beheer die agterste driepunthyser, kragaftakker, wenakkerbestuur, hidrouliese kleppe en spoedbeheer, sowel as die kragoordrag. Alle kontroles is maklik byderhand vir groter gemak. “Terwyl die swart kleur ongetwyfeld die meeste uitstaan, is die ware uniekheid van die trekker wat getuig van die waarde van die AGCO ASK-stelsel, dat elke klein besonderheid verander en aangepas kan word volgens die boer se spesifieke behoeftes. Ons kan saam met ՚n kliënt soos DT Farming Trust letterlik ՚n trekker van die grond af bou en dit aanpas by hulle vlak van funksionaliteit en gemak,” sê Leon.

MF verlaag eienaarskoste

Dieter Schroder het nou die beste trekker vir Noodhulp se nuwe drieton-kunsmisstrooier.

Dieter Schroder het nou die beste trekker vir Noodhulp se nuwe drieton-kunsmisstrooier.

Dieter sê afgesien van die tegnologie in die S-reeks, is die grootste voordeel vir hom die totale koste van eienaarskap vanweë die hoogs mededingende prys en klasuitklopprestasie. Die trekker is met driehonderd uur op die klok reeds deur al sy passies op Noodhulp gesit, met almal wat gretig is om die Black Beast te bestuur. Sit in aparte blok Massey Ferguson, ՚n wêreldwye handelsmerk van die AGCO-groep, gaan vanjaar ՚n vars voorkoms aan sy ikoniese Driehoek-embleem gee en sy nuwe ‘Born to Farm’-handelsmerkidentiteit uitbou ter viering van sy 175ste bestaansjaar. MF het sedert sy ontstaan aan boere regoor die wêreld eenvoudige en betroubare masjiene gebied. Min wêreldwye handelsmerke kan aanspraak maak op so ՚n blywende impak in die landboubedryf.

Ter ondersteuning van die boere-gemeenskap het Massey Ferguson ՚n uitgebreide netwerk van meer as 35 handelaars wat die hele Suid-Afrika dek en voorsiening maak vir onderdele, diens, naverkope en nuwe verkope. Boere wat in die MF-reeks belangstel, kan alle inligting by www.masseyferguson.co.za bekom. Nadat die kontakvorm voltooi is, sal boere blitsig ՚n video, brosjure en ՚n handelaar se kontak-besonderhede per WhatsApp en e-pos ontvang.

The article was featured in:

Click here to read the English version.

AGCO Africa Contact
Robert Keir
Brand Marketing Communications Specialist
082 349 7441
Robert.Keir@agcocorp.com
www.agcocorp.com